

Oktober 2018
20
Fokus
Besproeiing
Instandhouding van
gronddamme
Die syferwater sal gewoonlik troebel wees, wat daarop dui dat
die kanaal onder die wal stelselmatig groter gaan word en daar
aanvaar kan word dat die damwal gaan breek. ’n Afsnykern moes
aanvanklik aangebring gewees het voordat die wal gebou is.
Oplossing van albei die twee vorige gevalle is om die waterkant
van die wal te verwyder tot op ’n hoogte van 2 m oor die volle
lengte van die wal. ’n Sloep word in die ondergrond onder die verwy
derde deel, tot op ’n diepte van ongeveer 2 m, gegrawe. Die sloep
kan dan met digte klei opgevul en goed gekompakteer word of
’n plastiese seil
(hyperlastic
) kan in die sloep wat tot in die grondwal
strek, geplaas word.
Waar die wal self lek, kan die afdigting verseker word deur ’n plas-
tiese seil in die wal te plaas of ’n laag bentoniet in die water te
gooi met ‘n toediening van ongeveer 500 g/m
2
.
Afdigting van veesuipingsdam
In die ou dae het produsente die kleiner damme wat vir veesuiping
bedoel was, afgedig deur ’n trop beeste deur die dam te jaag
sodat die modder in suspensie kan kom. Die vuil water syfer dan
deur die wal, die klei word agtergelaat en só word syfering gekeer.
Vloeduitloop
Daar word gesê dat ’n gronddam so veilig is as wat sy vloeduitloop
doeltreffend is. Voorsiening word gemaak om ’n 50 jaar-vloed veilig
te hanteer. Dit is die aktiewe lewensverwagting van ’n produsent.
Die kapasiteit van ’n vloeduitloop kan bepaal word deur gebruik te
maak van die volgende formule:
Vloed Q = 1,5 LH
1,5
waar Q m
3
/sekonde, L in meter en H is ook in
meter.
’n Vloeduitloop kan effektief gehou word deur die volgende in
gedagte te hou:
Hou dit vry van bome en struike.
Verwyder opdrifsels uit die vloeduitloop.
Vestig ’n digte laag gras in die vloeduitloop.
Moenie walle of sandsakke in die uitloop pak nie – dit word
baiemaal gedoen.
Diensuitloop
Waar erosie gereeld in die uitloop voorkom, kan ’n diensuitloop
aangebring word.
As die opvangsgebied redelik nat is en langdurige klein stroom
pies in die vloeduitloop voorkom, sal gras vrek en baie nat, mod
derige toestande skep. ’n Diensuitloop kan dit voorkom. Hierdie
uitloop sal bestaan uit ’n inlaatbak wat water in die dam ontvang,
dit dan deurlaat deur die wal deur middel van ’n pyp, ongeveer
300 mm in deursnee, tot in die rivierloop.
Gebreekte dam
’n Dam wat reeds gebreek het, kan herstel word deur die breuk af
te skuins en ’n sloep deur die breuk te grawe. Die sloep en sentrale
deel van die wal word met digte klei en die skuinsdele weerskante
met leemgrond opgevul – wat nie bogrond insluit nie.
Paaie oor damwalle
’n Pad kan wel oor ’n damwal gebou word. Dit kan op die kruin van
die wal of oor die stroomaftoon van die wal geplaas word. Indien
die wal op die kruin geplaas is, is die pad redelik onveilig, maar
teen die agterkant van die wal bied die wal beveiliging aan die een
kant van die pad.
Dit is belangrik om daarop te let dat ’n stewige gruisblad voorsien
moet word om te voorkom dat kanale in die pad getrap word
waar water versamel en teen die wal af deurbreek.
Vir meer inligting, kontak die outeur by 083 305 0757 of
gevelkrantz@
vodamail.co.za.