

Oktober 2018
104
tegnologiese toepassings
M
et die oog op die vinnige ontwikkeling en wye verskei-
denheid van tegnologiese toepassings (apps) in landbou,
is daar tydens die onlangse Agbiz Grain Simposium in
Pretoria besondere aandag aan die bruikbaarheid van
hierdie belangrike landboubestuurshulpmiddels geskenk.
Nie alleen is dit ’n hulpmiddel vir vraagstukke waarmee kommer
siële produsente daagliks gekonfronteer word nie, maar dit dien ook
as ’n effektiewe hulpmiddel vir produsente op voetsoolvlak. Enkele
van dié toepassings word hier uitgelig.
Farmboek
Deur Farmboek het diegene wat by die landbousektor betrokke
is, toegang tot ’n een-stop-aanlynplatform wat gebruikers in staat
stel om ingeligte keuses te maak. Hierdie geïntegreerde inligtings
platform word op alle aspekte van landbou toegepas.
Farmboek bied onder andere plant-, plaagbeheer- en bevrugtings
advies ten opsigte van verskeie gewasse, maar sluit ook
dieregesondheid en -voeding in. Die inligting wat daarop beskikbaar
is, is afkomstig van plantpatoloë, entomoloë en voerspesialiste.
Inligting oor byvoorbeeld verskillende trekkers en die toepassing van
geregistreerde middels in die landboubedryf, sowel as die plaaslike
verskaffer daarvan is nog ’n voorbeeld vanuit dié omvattende
inligtingsbron.
Die weervoorspellingsinstrument, ontwerp deur die landbou-onder
neming, Syngenta, bied aan produsente spesifieke weerinligting,
soos byvoorbeeld ’n “spuitvenster” om data vir presisieboerdery
te fasiliteer.
Daar is geen koste verbonde aan die gebruik van die diens nie en
registrasie en verdere inligting is beskikbaar by
www.farmboek.
co.za
.
Agricloud
Die Landbounavorsingsraad (LNR) en die Suid-Afrikaanse Weer
diens (SAWD) het kragte saamgesnoer onder die vaandel van die
Rain4Africa-projek om die tegnologiese toepassing Agricloud,
gebaseer op die beste beskikbare weer- en klimaatinligting, vir
landbouers te ontwikkel.
We rinligting van die SAWD, wat verryk is met algoritmes van
die LNR, word aangewend vir die bepaling van die beste datums
om te plant, te spuit, te besproei of te oes. Agricloud gebruik die
somtotaal van die reënval wat die afgelope tien dae ontvang is, te
same met die hoeveelheid reën voorspel vir die komende tien dae.
Gebruikers kan ook hul eie weerwaarnemings byvoeg ten einde
dit vir individuele doeleindes aan te wend. Dit dien daarom as ’n
ondersteuningsmeganisme om hoër opbrengste en laer insetkoste
te realiseer.
Agricloud se voordeel is dat dit vir beide produsente op
voetsoolvlak en landbouvoorligtingsbeamptes handige inligting
deur middel van ’n selfoon verskaf. Die tegnologiese toepassing is
beskikbaar op
Google Play Store
en word aangebied in nege tale,
naamlik Afrikaans, Engels, IsiXhosa, IsiZulu, Sepedi, Sesotho,
Setswana, Tshivenda en Xitsonga.
Mzanzi Amanzi
Dié webgebaseerde platform wat geloods is deur GeoTerraImage,
voorsien aan waterhulpbronbestuurders hoogsgedetailleerde en
akkurate inligting oor die huidige status van oppervlakwaterkenmerke
in Suid-Afrika. Die gekarteerde oppervlakwater verteenwoordig
die gekombineerde omvang van natuurlike en mensgemaakte
waterkenmerke – wat die korttermynvoorkoms binne panne en
vleilande insluit. Inligting word aan die hand van maandelikse
vergelykings verskaf.
Die doel van dié maandelikse nasionale watermoniteringsdiens is
om ’n web-toeganklike kennisdiens beskikbaar te stel, wat kwanti
tatiewe inligting oor die ligging, verspreiding en area-gedefinieerde
status van alle oppervlakwaterkenmerke in Suid-Afrika verskaf. Dit
kan dan ook aangewend word om die hand van diegene in landbou
wat betrokke is by landboubestuur en beplanning met die oog op
die beskikbaarheid van water, te versterk.
aktueel
Mariëtta Cronjé,
SA Graan/Grain
medewerker