

Aktueel
Agbiz Grain skep gunstige
omgewing vir graanopberging
D
ie strategiese oogmerk van Agbiz Grain is om ’n gunstige
omgewing vir rolspelers in die hantering en opberging van
graan te skep, sodat sy lede volhoubaar en mededingend
kan optree in hierdie segment van die voedselwaardeket
ting. Om netwerkgeleenthede te skep en die werwing van kennis met
die oog op selfontwikkeling is deel van hierdie proses.
Die pas afgelope vyfde Agbiz Grain-simposium het volgens
mnr Jerry Maritz, voorsitter van Agbiz Grain, weer eens in dié opsig
nie teleurgestel nie.
“Met die huidige politieke beleidsomgewing waar onteiening van
grond op almal se lippe is, asook die uiters ongunstige ekonomiese
klimaat waarin Suid-Afrika hom tans bevind, is dit belangrik dat
opbergers van graan aan die uitdagings van die graanbedryf voldoen
ten einde volhoubare voedselsekerheid en voedselveiligheid in
Suid-Afrika te beskerm en te bevorder. Danksy Agbiz Grain se
kundigheid, insae en invloed ten opsigte van die graanbedryf in
Suid-Afrika, kan hierdie organisasie se stem as ‘n kollektiewe spreek
buis nie geïgnoreer word nie,” sê Maritz.
“Van die vernaamste punte wat Agbiz Grain tans aanspreek, is die
logistiek rondom graanvervoer en opberging, asook die toepassing
van nuwe tegnologie ten einde aan die voorpunt van ontwikkeling
in die hantering en opberging van graan in Suid-Afrika te wees.
“Daar word ook gefokus op navorsing en tegnologie wat op die
hele graanwaardeketting van toepassing is, en om inligting en kennis
in en oor die bedryf te bevorder. Daarby is Agbiz Grain, in same
werking met die AgriSETA, voortdurend besig om nuwe opleidings
materiaal te ontwikkel vir werknemers wat by die opberging en
hantering van graan betrokke is.
“Agbiz Grain en sy lede speel ook ‘n deurslaggewende rol in die
graanbedryf met hul betrokkenheid by verskeie graan- en olie
sadeforums, sowel as die daarstelling van ’n jaarlikse oeskwa
liteitsverslag (deur Suid-Afrikaanse Graanlaboratorium [SAGIS]),
bedryfsinligting ten opsigte van die beweging van plaaslik ge
produseerde graan – beide in
Suid-Afrika en internasionaal
(Suid-Afrikaanse Graaninlig
tingsdiens [SAGIS]), gereelde
oesskattings (Oesskattings
komitee [NOK]), en ook die
invordering van heffings om
navorsing te ondersteun (Win
tergraantrust [WGT]) sowel as
ook om die bes moontlike saad
van die belangrikste graan
en oliesade vir ons pro
dusente te bekom
(South African Cul
tivar and Technol
ogy Agency
[SACTA]),” sê
Maritz.
Jerry Maritz sê dat
Agbiz Grain ’n deur
slaggewende rol in
die suksesvolle han-
tering en opberging
van graan speel.
Sodanige inligting word uit hoë resolusie Sentinel-satellietbeelde
met behulp van outomatiese beelddata-modelleringstegnieke ge
genereer en is onafhanklik van enige veld- of ander eksterne data-
insetvereistes. Die webgebaseerde platform kan verkry word by
https://www.water-southafrica.co.za
.
Hiperspektrale bewerking
Gewasmonitering vir voedingstowwe, waterstres, siektes, insek
aanvalle en algehele plantgesondheid is ’n belangrike aspek van
suksesvolle gewasproduksie. Tradisioneel is dit deur middel van
visuele analises van gewasse uitgevoer, wat uitdagings dikwels
eers op ’n gevorderde stadium uitgewys het. Produsente wat
presisieboerdery toepas, kan egter nou self met ’n instrument so
groot soos ’n kamera hul eie spektrale analises op die plaas doen
en sleuteldata vroegtydig bekom ten einde kolle wat aandag vereis,
te identifiseer en te behandel.
Spektrale beeldskandering word lankal gebruik om byvoorbeeld
fungusse of voggehalte in gewasse soos mielies en koring – en
ook onsuiwerhede in produkte soos veevoer – te bepaal, maar die
instrumente was voorheen lomp en duur. Met die nuwe tegnologie-se toepassing wat deur Specim ontwikkel is, is hierdie nuttige
tegnologie nou meer bekostigbaar en binne bereik van die mees
te produsente. Meer inligting kan verkry word by
http://www.
specim.fi
.
Boer slim