

Topprys
vir bul
met sterk teelwaardes
aktueel
Produkinligting
Madelein van Heerden,
MediaBoer
Op Mielieboere Bonsmaras se 26ste produksieveiling, wat op
9 Augustus vanjaar op Hopefield, Viljoenskroon, gehou is, is Lot 13
(ABB15 - 312) vir die hoogste prys van R130 000 aan Francois Swart
van Interswart Bonsmaras, Northam, verkoop. Dié yster spog met ‘n
9+-bouvorm en sterk teelwaardes. Laurence Allem van Allem Brothers
Bonsmaras, Viljoenskroon, is die teler. Die 44 bulle op die veiling het
gemiddeld R54 943 stuk behaal. Mike Killassy was die afslaer en GWK
het die veiling aangebied.
Graantrusts
ondersteun volhoubaarheid
’n
Reeks artikels oor die onderskeie graantrusts skop
vandeesmaand in
SA Graan/Grain
af. Die reeks sal fokus
op die basis van elke trust en waarvoor die fondse
aangewend word.
Die missie van die Mielietrust is om die voortdurende verbetering
en volhoubaarheid van die hele mieliebedryf in Suid-Afrika te
fasiliteer en te verseker dat dit internasionaal mededingend is. Die
Trust dien dan ook die bedryf deur finansiële ondersteuning vir
instansies en organisasies te bied met programme gerig op mark-
en produksieverwante navorsing. Verder wend die Trust fondse aan
vir die verkryging en verspreiding van markinligting en om
marktoegang tot voordeel van die mieliebedryf uit te brei.
“Die beleggings van die Trust is nog altyd met groot omsigtigheid
bestuur, wat gevolglik besonder goeie opbrengste en ’n groeiende
batewaarde tot gevolg gehad het,” sê mnr Leon du Plessis,
administrateur van die Mielietrust. “Die beleid om ’n immergroen
trust te hê wat tot voordeel van die mieliebedryf behou kan
word, word geïmplementeer deur die Trust streng te bestuur en
die kostes so laag moontlik te hou. Befondsing word jaarliks tot
’n maksimum van 6% van die Trust se batewaarde gedoen ten
einde hieraan te voldoen.
“Toekennings word betaal uit die jaarlikse inkomste van die Trust,
wat verkry word uit die dividende en rente op die belegging
van die oorspronklike donasie van R390 miljoen wat vanaf die
ontbinde Mielieraad ontvang is. Die Trust het geen ander bron
van inkomste nie. In die 2017/2018 finansiële jaar is ongeveer
R57 miljoen toegeken aan die Trust se werksaamhede, waaronder
45% vir navorsing, 20% vir markinligting, 25% vir marktoegang en
2% vir beursskemas en skoolprogramme.
“Enige persoon of instansie in die mieliebedryf kan in aanmerking
kom vir sodanige befondsing indien daar bewys kan word
dat die beoogde navorsings- of inligtingsprogram die bedryf
as geheel sal bevoordeel. As fasiliteerder ten opsigte van
marktoegang vir Suid-Afrikaanse mielies bied die Trust onder meer
ondersteuning vir opleiding, tegniese hulp en die skepping van ’n
bemarkingsinfrastruktuur.
“Die Trust is danksy sy doelwitte ook nou betrokke by onder
andere oeskwaliteit, bewaringslandbou, mikotoksiennavorsing en
die Mielietrust-beursskema. Die Trust dra tans ook ongeveer
R9 miljoen per jaar by vir Graan SA se Landbou-ontwikkelingspro
gram vir opkomende boere.
“Suid-Afrika was die afgelope paar jaar ’n uitvoerder van mielies en
die Mielietrust se bydrae tot die bedryf se volhoubaarheid is van
kardinale belang om Suid-Afrika se voedselsekerheid te verseker.
Die Trust is verbind tot langtermynkapasiteitsbou in die Suid-
Afrikaanse mieliebedryf ten einde dié toedrag van sake te behou en
te bevorder,” sê Du Plessis.
Vir meer inligting, besoek
http://maizetrust.co.za/
.
Mariëtta Cronjé,
SA Graan/Grain
medewerker
Deel 1: Mielietrust
Oktober 2018
110