

bestuursprogram
O
p Vrydag, 20 Julie, het 24 jong kommersiële produsen
te amptelik die sesde jaarlikse Grain Academy-program
voltooi. Hierdie besigheidsleierskap-ontwikkelingspro
gram word deur Syngenta in samewerking met die
Universiteit van die Vrystaat se Sakeskool en met die ondersteu
ning van Graan SA aangebied. Die plegtigheid het in Bloemfontein
plaasgevind.
Die filosofie van die Grain Academy-program, naamlik om ‘n slim-
boer-ingesteldheid jeens landbou te vestig, het duidelik in die stu
dente se groepwerksaanbiedinge, wat deel van die plegtigheid se
verrigtinge was, na vore gekom.
Vier spanne het die paneel van beoordelaars oor die resultate van
hul navorsing en beraadslagings oor kwessies wat toenemend druk
op die landbousektor plaas, ingelig.
Die eerste groep het die impak van beleidsonsekerheid op die
landbousektor en die nasionale ekonomie aangepak – veral sover dit
grondonteiening aangaan.
Groep 2 het die faktore wat aanleiding gee tot produsente se
groeiende likwiditeitsrisiko ondersoek. Hul projek het ook ontleed
wat produsente en finansiële instellings kan verwag, gegewe die
kwynende vertroue in die voortgesette haalbaarheid van tradisio
nele finansieringsmodelle.
Die spanning wat tussen meganisasie en tegnologie, en kommersiële
produsente se sosiale bedryfslisensie – in terme van werkskepping,
gemeenskapsbelegging, omgewingsbewaring en oorhoofse volhou
baarheid – aan die broei is, is deur die derde groep geanaliseer.
Die laaste groep se aanbieding het die studente se denke rondom
die mislukking van die tersiêre opleidingsektor blootgelê – met
spesifieke verwysing na die talent wat landbou in Suid-Afrika so
broodnodig het.
Afgesien van die groepsaanbiedinge, het drie gassprekers tot die
geleentheid bygedra. Hulle was mnr Ben Schoonwinkel, hoof van
kliëntebemarking by Syngenta SA, prof Danie Vermeulen, dekaan
van die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit van die
Vrystaat en mnr Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder
van Graan SA, wat die Grain Academy-konsep in 2011 geïnisieer het.
“Die plan was van die begin af om jong kommersiële produsente te
ontwikkel en toe te rus met vaardighede wat hulle in staat stel om
landbouvraagstukke op nasionale vlak te hanteer,” het De Villiers
gesê. “Dit was dus noodsaaklik om die Academy vir produsente
wat ander gewasse verbou, oop te stel en dit sodoende na nuwe
hoogtes te neem.”
In sy toespraak het Schoonwinkel gesê dat die Grain Academy een
van die maniere is waarop Syngenta sy SmartFarm-konsep tot sy
reg laat kom. “Ter ondersteuning van ons globale Good Growth
Plan, moedig SmartFarm produsente aan om slimmer te werk te
gaan met besluitneming, aankoop van produkte en belegging
in gewasse. Met die Grain Academy wil ons verder gaan as om
bloot individuele plase te betrek – ons wil die nasionale ekono-
mie aanraak.”
Hy het die studente verder aangemoedig om aktief in hul onmiddel
like gemeenskappe, sowel as die breër landboubedryf, betrokke te
raak ten einde die Grain Academy se invloed wyer te laat uitkring.
109
Aktueel
Isadora Isaacs,
namens Syngenta
1: Jong kommersiële produsente wat die 2018 Grain Academy-program, wat deur Syngenta Suid-Afrika in samewer
king met die Universiteit van die Vrystaat en met die ondersteuning van Graan SA aangebied is, suksesvol voltooi het.
2: ’n Groep jong kommersiële produsente by hul fasiliteerders: Harry van der Merwe (links) en dr René Uys (regs) van
Thinking Fusion.
October 20
18
1
2