

November 2018
82
waarde gebied
S
yngenta se kernfokus is om sade en gewasbeskerming
aan die landboubedryf te bied deur middel van navorsing,
nuwe tegnologie en toewyding aan sy kliënte ten einde
produktiwiteit – plaaslik sowel as internasionaal – te verhoog.
Terselfdertyd is die strewe ook om die omgewing te beskerm met
die oog op volhoubare voedselsekerheid.
“Die maatskappy reik verder as sy kernfokus deur ook daarna te
streef om daadwerklik toegevoegde waarde vir landbouers te bied,”
het mnr Ben Schoonwinkel (bemarkingsbestuurder, Syngenta)
tydens ’n onlangse inligtingsdag aan produsente by Syngenta
se formulerings-, vul- en verpakkingsaanleg op Brits gesê. “Ons
het verskeie en uiteenlopende innoverende aksies daargestel tot
voordeel van die produsent en landbou in sy geheel.
“Syngenta, as die ontwikkelaar en vervaardiger van landbou-
chemikalieë, het onder andere ’n verpligting om die bes moontlike
gehalte produk, wat deeglik nagevors en wettig geregistreer is, te
produseer. Ons glo dat die veilige gebruik van landbouchemika-
lieë ’n gedeelde verantwoordelikheid tussen die vervaardiger,
produsent en plaaswerker is.
“Stabiele, geregistreerde formulerings, wat vry is van kontaminante,
hou geen risiko vir die mens en die omgewing in wanneer dit
volgens die instruksies op die etiket gebruik word nie. In Suid-
Afrika het die maatskappy vanaf 2014 al meer as 4 000 produsen-
te, plaaswerkers en agente opgelei in die veilige hantering van
gewasbeskermingsprodukte.
“Op finansiële terrein bied ons ook aan produsente toegevoegde
waarde deur middel van twee aansporingshulpmiddels, by name
AgriBoost en CultiVault.
“AgriBoost is beskikbaar vir dié produsent wat wisselvallige
kommoditeitspryse as ’n uitdaging beskou. Dit is ’n insetkoste-
beskermingsplan wat die waarde van die produsent se Syngenta
rekening op Safex verskans deur dit in ton-ekwivalent te verreken.
Dit hou geen koste of risiko vir die produsent in nie. Op
hierdie manier word die produsent teen die onsekerhede van
wisselkoersskommelings, inflasie en wisselvallige kommoditeits-
pryse beskerm. Indien daar meer as ’n 5%-wisseling in die kom-
moditeitsprys van witmielies plaasvind, kan die produsent ’n
terugbetaling verwag.
“CultiVault is ’n Syngenta rekening wat die produsent in staat stel
om enige Syngenta produk te koop, maar waar hy eers aan
die einde van die seisoen sy rekening hoef te vereffen. Dit is ’n
kredietlynfasiliteit teen ’n prima min 2%-rentekoers.
“Syngenta handhaaf ook die siening dat die toekoms van landbou
bestuur moet word eerder as om dit aan toeval oor te laat. Ons het
hiérdie siening omskep in verdere toevoegde waarde vir landbou
deur dit in die praktyk, in vennootskap met die Universiteit van die
Vrystaat se Besigheidskool en Graan SA, toe te pas. ’n Program
is vir jong produsente ontwikkel ten einde hulle toe te rus om as
leiers die uitdagings van môre aan te spreek. Hierdie program word
sedert 2013 suksesvol bedryf,” het Schoonwinkel gesê.
“Erkenning aan suksesvolle landbouers, waaronder graanprodu-
sente, is ook vir ons belangrik. Graanprodusente skep die basis
vir voedselsekerheid in Suid-Afrika. Sodanige uitblinkers dien as
rolmodelle vir die jonger generasie produsente en bevorder die
beeld van die graanprodusent in Suid-Afrika. Om die rede borg
Syngenta Graan SA se jaarlikse toekenning vir die Graanprodusent
van die Jaar en die Kleinskaalse Boer van die Jaar.
“Met die immer toenemende vraag na voedsel, moet produsente
die uitdaging om produktiwiteit met beperkte beskikbare water en
landbougrond te verhoog, die hoof bied. In die proses moet daar
ook aandag gegee word aan biodiversiteit en grondbewaring. Die
maatskappy is verbind tot die produsent as vennoot om oplossings
te vind wat sodanige optimale produksie kan bevorder,” het
Schoonwinkel gesê.
AKTUEEL
Produkinligting
MARIËTTA CRONJÉ,
SA Graan/Grain
medewerker
1: Ron Samsander
(senior analitiese
chemikus) is besig met
noukeurige ekstraksie
en analise van sade
wat in die laborato-
rium met plaagdoder
behandel is.
2: Die ontwikkeling
en verbetering van
prosesse en stelsels
in die produksiede-
partement word deur
Ruan Strydom (opera-
sionele koördineerder)
hanteer.
3: Tshenolo Raboroko
is deel van die span
wat verantwoordelik
is vir die veilige ver-
pakking van onkruid-,
insek- en swamdoder
in die produksie-aanleg
op Brits.
1
2
3