

November 2018
84
AKTUEEL
Fotokompetisie
Bal aan’t
ROL
vir landbou-akademie
’n
Eiesoortige
landbou-akademie
verrys tans op die Oos-Vrystaatse
dorp, Reitz. Dié gesamentlike
projek tussen Graan SA, die Sasol
Trust, VKB, Land Bank, Case en Hoërskool
Reitz is uniek in sy soort en beloof om nie
net leerders nie, maar ook lede van die
breër gemeenskap van nodige opleiding te
voorsien.
Skoolhoof Werner Prinsloo is besonder
opgewonde oor die projek. “Die doel is
om leerders te bemagtig en hulle met dié
bykomende opleiding as skoolverlaters
meer bemarkbaar te maak.” Hoërskool
Reitz is ’n akademiese skool wat drie
landbougerigte vakke – landboubestuur,
landbouwetenskap en landboutegnologie
– as deel van hul kurrikulum aanbied. Met
die bykomende vakke wat die akademie
aanbied, sal hierdie leerders ’n besliste
voordeel bo hul eweknieë hê. Daar word
in die vooruitsig gestel dat dié akademie
grootliks op presisie- en bewaringsboer-
dery sal fokus.
Volgens Prinsloo sal leerders wat deel
vorm van die landbou-akademie, per
kwartaal ’n spesifieke module of kortkursus
moet voltooi. Op die oomblik het dié
skool 42 leerders wat landbougerigte vakke
neem en Prinsloo se visie is om 200 leer-
ders teen 2021 in dié rigting te hê.
Volwasse opleiding met kortkursusse oor
onderwerpe soos sweiswerk of draadspan
sal ook aangebied word. Produsente in
die omgewing kan só hul werkers inskryf
om meer oor ’n bepaalde onderwerp te
leer. Na voltooiing van ’n kursus word
sertifikate uitgereik.
Daar is verblyf vir kursusgangers in die
skool se koshuis beskikbaar. VKB het reeds
aangedui dat hulle in die interim lokale vir
opleiding sal voorsien. Die lokale is binne
stapafstand van die skool geleë.
’n Eerste vergadering is onlangs in die
rolspelers se gebou gehou, waartydens
besluit is dat ’n nutsmaatskappy, Reitz
Landbou-akademie, gestig word om die
belange van die akademie te hanteer. VKB
het aangebied dat kundiges in hul diens
met die oprigting van hierdie maatskappy
behulpsaam kan wees.
“Tydens die vergadering is besluit dat
die rolspelers elk R250 000 tot die be-
dryfsuitgawes bydra,” sê mnr Francois
Swanepoel, uitvoerende direkteur van VKB,
wat as voorsitter van die skool se bestuurs-
liggaam by die projek betrokke is. “Rol-
spelers is terug om ’n mandaat daarvoor te
kry, waarna die bal aan die rol sal wees.”
Die eerste stap is om ’n kurrikulum, wat
vir die teikenmark geskik sal wees, saam
te stel. Prinsloo sê Graan SA se Riemland
Studiegroep wil graag by die akademie
betrokke raak – veral met betrekking tot
bewaringslandbou.
KARINA MULLER,
SA Graan/Grain
medewerker
Slyp die fokus vir vlymskerp foto’s
V
olgens die fotograaf Jim Harmer, wat as een van die top
50-fotograwe in die wêreld beskou word, is daar verskeie
faktore wat die skerpheid van foto’s beïnvloed. Die
grootste uitdaging is gewoonlik dat die fotograaf se fokus
nie reg was nie.
Hy deel die volgende wenke vir beter foto’s:
Skiet soos ’n skerpskutter: Stabiliseer jou lyf teen ’n bankie of
muur of staan effe wydsbeen vir ’n meer stabiele posisie sodat
die kamera doodstil gehou kan word. Die gebruik van ’n driepoot
sal ook help.
Moenie tot op die uiterste inzoem nie. Om te toets waar die
kamera se lens die skerpste foto’s neem, kan jy ’n koerant teen
die muur vassit en ’n reeks foto’s neem.
Hanteer die sluiterknoppie sagkens. As die knoppie te hard
gedruk word, sal die kamera op ’n kritieke oomblik laat beweeg
– net wanneer die toneel vasgevang word. Die korrekte manier is
om eenvoudig jou vinger oor die knoppie terug te rol.
Kies jou eie fokuspunt – moet dit nie aan die kamera oorlaat nie.
Wanneer mense afgeneem word, moet die fokus op die oog
van die persoon naaste aan die kamera wees. As jy ’n landskap
afneem, is ’n goeie reël om die fokus te plaas op die gedeelte wat
’n derde van die onderkant van die raam af lê. Staan dan doodstil
wanneer jy kiek.
Verwysing
Harmer, J. n.d. 10
Tips for sharper photos
. Beskikbaar by:
https://
improvephotography.com/686/tips-sharper-photography-sharpness/
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIESPAN
Chrismari van der Westhuizen van Loeries-
fontein is die wenner van die R1 500-prysgeld
in die September-kompetisie vir haar
foto van Duimpie die perd en sy maat,
Mischa Batt.