

SA-PRODUSENTE
opnuut
bewys as swaargewigte
P
ioneer se pas afgelope Weeg en Wen-opbrengskompetisie,
wat deelnemers beloon op grond van opbrengs per
hektaar, het weer eens uitstekende resultate opgelewer.
Hierdie kompetisie bied aan produsente die geleentheid
om innoverende produksiepraktyke te toets ten einde die hoogste
opbrengste te bewerkstellig.
Deelnemende graanprodusente ding in verskillende streekskate-
gorieë mee om die verskeie mielie-, soja- en sonneblomtoekennings
in te oes.
Die inligting wat Pioneer gedurende hierdie kompetisie insamel, is
net nóg ’n manier waarop die maatskappy met kwekers saamwerk.
Bestuurspraktyke, navorsingsinisiatiewe en plase se opbrengs per
hektaar word in die proses verbeter deur die aanplant van die regte
produkte.
Die jaarlikse Weeg en Wen- nasionale opbrengskompetisie is
oop vir alle Suid-Afrikaanse graanprodusente van 18 jaar of ouer,
waarvolgens ’n minimum van twee hektaar met ’n geregistreerde
mielie-, sojaboon- of sonneblomsaadbaster van enige saadmaat-
skappy geplant kan word.
Mnr Heinz Oellermann (besigheidsbestuurder van Pioneer) het by
die oorhandiging gesê dat die groot faktor wat elkeen van die
plaaslike finaliste en die wêreld se huidige rekordhouers gemeen
het, is dat hulle op hul eie navorsing doen.
“Hulle wag nie vir hul saadmaatskappye, hul plaagdodermaatskap-
pye of ander vennote om uit te pluis wat die beste weg vorentoe
is nie. Hulle probeer elke keer iets nuuts. ’n Produsent moet nooit
ophou om self navorsing op sy plaas te doen nie,” het Oellermann
gesê.
87
AKTUEEL
MARIËTTA CRONJÉ,
SA Graan/Grain
medewerker
Produkinligting
NAAM
BOERDERY
DORP
KULTIVAR
KG/HA
MIELIES
Besproeiing
Zirk Scheepers
Wonderkop
Cradock
DKC 62-80 BR
20,72
Wes
Dawie Maré
Bospan
Sannieshof
PAN 5A-291
10,30
Oos
Gerlu Roos
Leeubank
Wonderfontein
DKC 68-50
15,37
Oos-Vrystaat
Gerrie Claassen
Rietfontein
Bethlehem
P 2137 B
13,53
Sentraal
Bernard Rabe
Barnardsrus
Fochville
DKC 77-77 BR
11,74
KwaZulu-Natal
Mark Stein
Hattingspruit
Carnarvon
P 1745
15,40
SOJABOON
Besproeiing
Elize Schutte
Klipdrift
Potchefstroom P 64 T 39 R
5,84
Wes
Heinrich Fouche
Muiskraal
Potchefstroom P 64 T 39 R
4,67
Oos
Gareth Allen
Hartbeesfontein
Middelburg
DM 5953 R
5,05
Oos-Vrystaat
Josef van Heerden Retiefsnek
Fouriesburg
PHB 94 Y 80 R
4,42
Sentraal
Barry van Wyk
Rietfontein
Fochville
DM 6.8i R
4,40
SONNEBLOM
Nasionaal
Gerhard Knoetze
Uitkyk
Wolmaransstad
PHB 65 A 70
3,37
TABEL 1: WEEG EN WEN-SPOGPRESTASIES.
November 2018
1: Elize Schutte is die eerste vrou wat ’n toekenning in die Weeg en Wen-opbrengskompetisie ontvang het danksy haar puik
sojaboonopbrengs. By die geleentheid was: Tony Esmeraldo (kommersiële leier, Corteva [Suid-Afrika]), Elize Schutte, Prabdeep Bajwa
(kommersiële leier, Corteva [Afrika en Midde-Ooste]) en Heinz Oellermann.
2: Pioneer het tydens ’n funksie in Johannesburg erkenning gegee aan van die land se topprodusente met die oorhandiging van
toekennings aan die finaliste en wenners van die Weeg en Wen-opbrengskompetisie.
1
2