

November 2018
80
SOJABONE:
Insekdiversiteit
en ekostelseldienste
(nie alles met pote is peste nie!)
D
ie grootskaalse verbouing van
gewasse lei tot die transformasie
van die natuurlike habitat, sowel
as die fragmentasie van oorbly-
wende habitat. Dit mag tot ’n afname in
biodiversiteit lei.
Daar is tans bitter min inligting oor die
diversiteit van Arthropoda (insekte, spin-
nekoppe en myte) in landbou-ekostelsels
in Suid-Afrika beskikbaar. Hierdie soort
inligting is noodsaaklik om ons in staat
te stel om die insekgemeenskappe in
hierdie stelsels beter te verstaan en om
die belangrike ekostelseldienste wat hulle
verrig, effektief te benut. Hoë diversiteit
dra definitief by tot natuurlike biologiese
beheer van plae.
Arthropoda word dikwels as skadelik
gesien en oor die algemeen as plae van
gewasse beskou. Hierdie siening is egter nie
heeltemal korrek nie. Landbou-ekostelsels
huisves uiters hoë getalle Arthropoda
wat tot voordeel vir die produktiwiteit van
hierdie stelsels is. Die biodiversiteit
van Arthropoda in landbou-ekostelsels
lewer belangrike ekostelseldienste aan
die produsent, insluitend die sirkulasie
van nutriënte, die regulering van die mi-
kroklimaat, hidrologiese prosesse, die
detoksifikasie van chemikalieë, biologiese
beheer van plae en bestuiwing.
Verskillende insekspesies verrig verskillen-
de ekostelseldienste en insekte wat soort-
gelyke dienste lewer, kan in funksionele
groepe saamgevoeg word (
Tabel 1
).
Daar is ’n groot tekort aan data oor bio-
diversiteit, sowel as die ekostelseldienste
wat dit aan landbou in Suid-Afrika verskaf.
Om hierdie rede is daar tans twee studies
aan die Noordwes-Universiteit onderweg
om, onder meer, die biodiversiteit in soja-
boonproduksiestelsels te ondersoek. Hier-
die projekte dra by tot die identifikasie
van prioriteitspesies vir die bewaring van
ekostelseldienste – veral die natuurlike
vyande van landbouplae.
Hierdie studies volg op ’n soortgelyke
studie deur dr Monique Botha, wat gefokus
het op diversiteit van plante en insekte
in mielieproduksiestelsels. Haar opnames
het ’n totaal van 846 plantspesies en 1 689
Arthropoda-morfospesies, wat in mielie-
lande en die aangrensende natuurlike
habitat voorkom, opgelewer.
Tot dusver het hierdie navorsing ’n groot
verskeidenheid Arthropoda gedurende die
2017/2018-seisoen se opname op sojabone
opgelewer (
Grafiek 1
). Daar is onder an-
dere ’n groot verskeidenheid sapsuiende
stinkbesies in sojaboonlande gevind. Daar
is ook ’n groot aantal parasitiese wespes,
’n verskeidenheid predatore (veral spin-
nekoppe en liewenheersbesies), asook ’n
groot aantal bestuiwers versamel wat tot
produksie en onderhoud van die natuurlike
habitat rondom sojaboonlande bydra.
Gesonde natuurlike veld is uiters belangrik
om insekdiversiteit in naasliggende landerye
te verhoog. Hierdie natuurlike veld verskaf
hulpbronne aan voordelige Arthropoda-
groepe, insluitende skuiling en alternatiewe
voedselbronne.
Tydens die afgelope seisoen se opnames
is ’n groot aantal Schoemansvlooie (of
oorkruipers) (
Foto 1
) en liewenheersbesies
(
Foto 2
), wat belangrike predatore van
plantluise is, in die natuurlike habitat wat
aan sojaboonlande grens, gevind.
Groot aantalle roofwantse (
Foto 3
), wat
predatore is van veral larwes van by-
voorbeeld bolwurms, is ook in en om soja-
boonlanderye versamel. Die natuurlike veld
rondom sojaboonlande is daarom ’n be-
langrike bron van predatore wat na lande
toe beweeg wanneer die produksieseisoen
’n aanvang neem – waar hulle dan belangrike
ekostelseldienste lewer.
Na afloop van die afgelope seisoen se
opnames blyk dit dat groenstinkbesies
(
Nezara viridula
) (
Foto 4
) die dominerende
plaag op sojabone is. Astyluskewers
(
Astylus atromaculatus
) het ook algemeen
voorgekom en kan skade aanrig indien
hulle in aansienlike groot getalle tydens die
blomperiode teenwoordig is.
Larwes van sporadiese plae soos Afrika-
bolwurm (
Helicoverpa armigera
), landme-
terwurm (
Thysanoplusia orichalcea
) en
Sondagsrokkie (
Cynthia cardui
) het alge-
meen voorgekom, maar nie in hoë getal-
le nie.
OP PLAASVLAK
Diversiteit / Natuurlike biologiese beheer
Geïntegreerde plaagbeheer
PAUL JANSE VAN RENSBURG, NADINE SCHUTTE, PROFF JOHNNIE VAN DEN BERG
en
STEFAN SIEBERT,
Geïntegreerde-plaagbestuurprogram, Eenheid vir Omgewingswetenskappe, Noordwes-Universiteit
Grafiek 1: Proporsionele bydrae van verskillende Arthropoda-groepe tot insekbiodiversiteit in
sojaboon-ekostelsels.