

Dit beheer immers al die metaboliese paaie wat bepaal hoe jou
plant lyk, hoe dit op biotiese en abiotiese stres reageer, die kwaliteit
van die graan, die opbrengspotensiaal en die reaksie op jou insette
op die plaas.
Daar is boonop ook groot gedeeltes waarvan ons tans nie die
funksie verstaan nie. Daar is herhalende gedeeltes wat alles ’n groter
uitdaging maak. Miskien sal ons dit in die toekoms beter verstaan.
Ons besef mos daagliks al meer hoe min ons eintlik van die skep-
ping weet.
Maak sin van die 16GB se ACGT’s
Die 16GB is indrukwekkend, maar die geskatte 107 891 gene en
4 700 000 molekulêre merkers wat in die proses gegenereer is, is
werklik intimiderend.
Laat ek dit eerder so verduidelik: Die ou skeepsvaarders kon
besonder vroeg in die beskawing al kaarte maak. Hulle kon selfs
skattings maak van dit wat hulle reeds gevind het. Vandag het ons
Google Maps en Streetview. Ons raai nie. Ons weet. Dit is toeganglik
en maklik om te verstaan.
Groot vordering is gemaak en die tempo daarvan versnel teen
’n verstommende pas. Julle wonder nou seker waar trek ons met
koring? Iewers tussen tweedehandse aanwysings deur ‘n slim
oom langs die pad en MapStudio se kaart – en as jy in die regte
dorp aankom, is daar selfs ’n Garmin wat mag werk. Ons weet dus
genoeg om nie van die begin af te verdwaal nie, maar sukkel ook
maar meestal om die plek te kry. Behalwe as jy iets soek waar die
Garmin al werk.
Laasgenoemde vertaal na die veld van Bioïnformatika – ’n snel
ontwikkelende veld wat biologiese data met statistiek en re-
kenaarwetenskap verbind ten einde sin te kan maak van die 16GB
se ACGT’s.
Ontgin die voordele
Die eerste stap in die proses is om geenontdekking aan te pak.
Die informasie in die verwysingsvolgorde wat gegrond is op ’n
welbekende kultivar “Chinese Spring” kan help met die identifikasie
van gene gekoppel aan eienskappe wat ons graag in ons
teelprogramme wil vestig en/of verbeter. Dit is egter ’n moeisame en
tegnies uitdagende proses.
Na die bevestiging van die geen kan ons dan een van verskeie
roetes volg: Jy kan allele van die geen in bestaande kiemplasma
soek, wat wilde spesies en ander broodkoringkultivars kan insluit.
’n Alternatief is die induksie van mutasies. Dit skep nuwe allele wat
jy kan gebruik.
Om dit te vermag, is genoomredigering deesdae ’n voorkeuropsie.
CRISPR-Cas9-tegnologie, wat onlangs tot almal se argwaan deur die
Europese Unie as GM-tegnologie verklaar is, is tans navorsers se
eerste keuse daarvoor.
Gepraat van GM-tegnologie. Natuurlik is dit ook ’n opsie.
Uiteindelik het jy die geen en verbeterde variante (allele waarna
ek verwys het) waarmee jy kan teel, geïdentifiseer. Kruisings kan
derhalwe volg. Die eerste twee stappe het gewoonlik gelukkig ook
molekulêre merkers tot gevolg gehad, wat jy kan aanwend om die
inkorporering van die allele te vergemaklik. Die proses vind natuurlik
parallel plaas om verskeie eienskappe te identifiseer.
Hoe lyk die toekoms?
Blink. Soos wat ons as navorsingsgemeenskap voortbou op die
werk, gaan ons meer effektief met die identifisering van gene word.
Ons sal ook volgordebepaling geroetineerd vanaf ons eie pro-
gramme se teelmateriaal doen. Ek voorsien selfs dat ons dit in die
volgende paar jaar in ons eie laboratoriums sal doen. Net soos wat
ons vandag polimerase kettingreaksies (in Engels PCR) as roetine-
taak kan uitvoer.
Daar is egter ’n paar voorwaardes daarvoor om dit plaaslik te kan
laat gebeur. Ons sal die navorsingskapasiteit wat ons tans het in
stand moet hou en ook bou aan die nuwe vaardighede wat ons by
bestaande navorsers benodig.
Ek wil graag dink dat ons dit kan vermag. Kurrikulums word
voortdurend aangepas en werkswinkels aangebied om huidige
navorsers relevant te hou. Navorsers woon ook internasionale
kongresse by en werk saammet internasionale medewerkers. Verder
ondersteun ons bedryf ons in die pogings – en hier wil ek Graan SA
en die Wintergraantrust graag uitsonder.
Kom ons verspeel nie die kanse wat 17 Augustus 2018 vir ons
simboliseer nie.
Die toekoms is blink – en ons spel dit ACGT.
Cut losses with
PRECISION
Plant with
VISION
Process Monitor
for Air Seeders
Area
Speed
Tacho up to 4 axles
Alarm on each function
Easy to install
Bin / Tank full
Bin / Tank empty
Proudly Made
in South Africa
Tel: 012 345 3193
Fax: 012 345 6763
Web: www.electrolee.co.za
Email: info@electrolee.co.za
Sales: sales@electrolee.co.za
Planter Monitor
Seed per 100m per row, seed population
Hectares worked and much more
Easy to install and maintain
Fertiliser and turning of axles
Can be applied to most planters
Real tough, rust and water resistant
Genoomvolgordebepaling van broodkoring
OP PLAASVLAK
Saad