

November 2018
88
Beste Grootneef
b
oomplantdag sal nooit weer dieselfde wees nie – nie
na die Hoogste Hof se uitspraak dat ’n daggazol in
jou privaatheid nou wettig is nie. Die weeksdae op
die kalender lyk ook nou anders met ’n Maandagga,
Dinsdagga en so meer. Die arme polisiehonde wat
dagga moes uitsnuif, sit boonop nou op straat en
moes op vroeë aftrede gaan. Én die HAT het die nuwe Afrikaanse
beryming van “so kalm soos ’n daggawalm” aanvaar.
Maar die papegaaislaai bied ook nuwe geleenthede vir wisselbou.
Die manne moet net geleer word om die regte kakiebos uit te skoffel!
Ou Neef, die ander dag moes ek met die vliegmasjien van
Bloemfontein af Kaap toe verkas. Soos altyd, vroeg ingeboek, tassie
ingeweeg en reg vir die vlug – met ’n venstersitplek om die vlaktes
te bespied.
Soos die mense aangeskuif kom, klas en keur jy mos die klomp en
hoop vir die beste. Met die meeste sitplekke aan die vol raak om
my, merk ek toe die Voorbode: Groot en alkant toe wyd, kom sy
dwars aangeskuifel soos ’n krap. Vorentoe in eerste rat gaan sy dit
die vet weet, nie maak nie. Tot sy op laas by my ry
vassteek en in die sitplek langs my neerplons. Ou
Neef, soos ’n bak jellie wat kante toe wieg.
Ek het probeer om deur die patryspoort te ont-
snap, maar teen daardie tyd was die vliegmasjien al
op pad langs die aanloopbaan af en almal vasge-
gord – Tante Voorbode met ’n
extensio
n. Ek het ’n
laaste keer desperaat vir ’n vliegwaardin probeer
waai om te help, maar dié kon my nie van agter al
die hamme sien nie.
En toe laat loop die vliegmasjien langs die
aanloopbaan af en die swaartekrag druk die tante
teen die sitplek vas en sy gedy alkant toe soos
broodpoeding op ’n basaartafel. Tot ek amper deur
die ou venstertjie van die vliegmasjien gedruk word
– my bril skoon skuins.
Só is ek soos ’n sprinkaan teen ’n Ford se voorruit
oor Kimberley tot in die Kolonie – Tannie Voorbode
liggies aan die snork. Ekself met een arm bo teen
die kajuit gestol, soos die laaste SOS-wuif aan die
vliegwaardin gestuur is. Die vliegwaardin moes
my in die Kaap met ’n eierspaan van die venster
afskraap. Van daar is ek na Saal 6, 7 en 8 van die Groote Schuur
om my uit die vlug se traksie los te wikkel.
A nee a Ou Neef, die vliegmense behoort ’n hoepeltoets te doen
voordat hul passasiers op ’n vliegmasjien toelaat. As mense nie deur
die hoepel kan wikkel nie, moet hul vir twee sitplekke betaal en basta.
“One ham one seat,” ek sê my
bru
.
Ou Neef, terug op die plaas lees ek in die Volk se blad dat die
goewerment oor die afgelope boekjaar R7,6 miljard op private
veiligheidsdienste spandeer het. Soos Plato altoos gesê het: “
Quis
custodiet ipsos custodes
”, oftewel “Wie sal oor die wagte waak?”.
Die polisiemag moet mos self die staat se plekke oppas?
Maar dalk gebruik die Mag die zolle waarop hulle voorheen
beslag gelê het. Dis immers nou wettig in die privaatheid van ’n
polisiekantoor.
Groete op die Oosgrens.
Kleinneef
E-POSSE
aan Groot neef
Boomplantdag
Lesers is welkom om ‘n e-pos na Kleinneef te stuur by
kleinneef@graingrowers.co.za.