Deel 1: Wat is ‘n soönose?
‘n
Soönose kan gedefinieer word
as ‘n siekte of besmetting wat
natuurlik oorgedra word van
werweldiere (byvoorbeeld hon-
de, katte, beeste, bokke, skape, wild, pluim-
vee, voëls, varke, perde, donkies, visse,
krokodille en ander reptiele) na die mens en
omgekeerd.
Die mens is dikwels ‘n toevallige gasheer,
wat ‘n siekte deur noue kontak van ‘n
besmette dier met of sonder siektetekens
opdoen. In die breedste sin beteken die
woord “soönose” ‘n siektetoestand van
diere – en veral werweldiere – en dus ook
die mens.
Die woord is afkomstig van die Grieks
zoon
wat dier en
nosos
wat siekte (kwaal of
ongesteldheid) beteken. Hierdie soönotiese
siektes (siektes wat normaal in diere
voorkom wat die mens kan besmet) wat
die mens by mak sowel as wilde diere kan
opdoen, kan verder gegroepeer word met
die oog op ondersoek en die instelling van
beheermaatreëls.
Besmettings of siektes wat primêr by die
dier voorkom en natuurlik na die mens
oorgedra word soos papegaaisiekte,
hondsdolheid of brusellose (Maltakoors)
word
antroposoönoses
genoem. Besmet-
tings of siektes wat primêr by die mens
voorkom en natuurlik na die dier oorgedra
word soos influenza (griep) of tuberkulose
word
soöantroponoses
genoem.
Die wederkerige oordra van siektes tussen
die mens en die dier soos giardiose (‘n
protosoëparasiet) of stafilokokbesmettings
(bakteriese besmetting) word
amfisoönoses
genoem.
Finansiële impak
Wêreldwyd word meer as 200 verskillende
soönoses herken. Soönoses word veroor-
saak deur verskillende siekteveroorsaken-
de agente of mikroörganismes (patogene)
soos bakterieë, virusse, swamme, protosoë,
rickettsias en wurms.
Van 1 415 bekende siekteveroorsakende
agente wat mense besmet, is 61% soönoties
(‘n siekte wat normaal in diere voorkom,
maar die mens kan besmet), dit wil sê
wetenskaplikes bereken dat meer as ses
uit tien besmetlike siektes van mense deur
diere versprei word.
Die wêreldbevolking is gedurende Junie
verlede jaar op 7,5 miljard bereken. Statis-
tiese data dui daarop dat 10% tot 15% (meer
as een miljard mense) of meer van die
menslike bevolking op die een of ander tyd
‘n soönotiese besmetting sal opdoen.
Soönoses ondermyn ook die gesondheid,
produktiwiteit en reproduksie van diere
wat noodsaaklike voedsel (vleis, melk en
eiers) en vesel (wol) produseer, asook die
werkvermoë van diere. Soönoses kan op
die lange duur wanvoeding by die mens
en veral by kinders aanhelp. Die finansiële
impak van soönoses is ook beduidend.
Miljoene mense wêreldwyd moet na
blootstelling aan hondsdolheid (
rabies
)
voorkomende behandeling ondergaan. Die
voorkomende behandeling kos Suid-Afrika
ongeveer R70 miljoen per jaar. Miljoene
werksure gaan gevolglik verlore, wat gel-
delike onkoste en stres meebring.
Die jaarlikse geldelike verliese as gevolg van
tuberkulose, brusellose en hondsdolheid
by beeste bedra wêreldwyd etlike mil-
jarde rande; Suid-Afrika is nie daarvan
vrygespreek nie. Verder kan soönoses ook
geldelike verlies tot gevolg hê omdat dit die
uitvoer van vleis en ander dierprodukte aan
bande kan lê. Soönosebeheerprogramme
is dus van die uiterste belang, vir sowel die
welvaart as die gesondheid van die mens.
Beskerm jouself só
Daar is sekere aksies wat ‘n mens kan
neem om jouself en jou kinders teen
soönotiese siektes te beskerm. Die mens
kan soönotiese besmettings opdoen deur
direkte kontak (brusellose en omloop) met
besmette diere, inaseming (papegaaisiekte
en influenza), kontak met besmette ma-
teriaal of voorwerpe (
scabies
), inname van
besmette melk (brusellose en Q-koors),
water of voedsel deur die mond (listeriose
en
Campylobacter
-besmetting) en deur
die byt van bloedsuiende ongewerweldes
(Krim-Kongo hemorragiese koors) soos
bosluise, vlieë, muskiete en vlooie.
Baie diere wat soönotiese-besmettings het,
wys geen siektesimptome (asimptomaties)
nie. Sekere mense se risiko om die siekte
op te doen, is groter as ander mense s’n.
Mense wat meer waarskynlik soönotiese
siektes kan kry, is mense wat ouer as
65 jaar is, kinders onder die ouderdom van
vyf jaar, verwagtende vroue, enige per-
soon met ‘n gebrekkige immuunsisteem
(byvoorbeeld mense met menslike immu-
niteitsgebrekvirus [MIV] of verworwe immu-
niteitsgebreksindroom [vigs]) of pasiënte
met kanker wat chemoterapie ondergaan).
Soönoses kan met die nodige kennis
en inligting voorkom en beheer word.
Opvoeding, opleiding en inligtingvoorsie-
ning is die sleutel om te verseker dat
troeteldiere sowel as ander diere se eienaars
asook mense wat kontak het met diere veilig
en gesond is.
Wêreldsoönosedag word jaarliks op 6 Julie
gehou om die publiek op te voed en bewus
te maak van die belangrikheid van soönoses
wêreldwyd en om aktiewe pogings om
soönoses te beheer, aan te moedig.
Gedurende die afgelope dekades het
merkwaardige vordering en deurbrake in
entstof-ontwikkeling en siektebehandeling
plaasgevind. Die meeste soönoses is voor-
kombaar en die oorgrote meerderheid is
behandelbaar indien die siektes gou genoeg
gediagnoseer word. Daar is geen rede om
vir diere bang te wees, te vrees of te vermy
om jouself teen soönoses te beskerm nie.
Vir meer inligting hieroor, kontak dr Jan du
Preez by
info@zoonoses.co.za .83
March 2018
OP PLAASVLAK
Diere
DR JAN DU PREEZ,
veterinêre spesialis: Volksgesondheid
Die boek
Animal diseases and man – zoonoses
is die resultaat van samewerking tussen kun-
diges in veeartsenykundige en menslike me-
disyne. Dit gee ‘n duidelike boodskap: Gaan
voort met die goeie verhoudings wat jy met
troetel- en geselskapdiere geniet, die plesier
om na wild te kyk en vis te vang asook om
moontlik interaksie te hê, om met diere te
werk, jou voorkeurvoedsel van diere te eet
en melk te drink, solank jy bewus is van die
moontlike risiko’s en toepaslike higiëniese
voorsorgmaatreëls ten opsigte van die diere
se gesondheid en jou eie om besmettings te
voorkom. Meer inligting by www.
zoonoses.
co.za.