Is my beesproduksiestelsel
reg vir my boerdery?
L
ae winste gerealiseer in die
gewasproduksievertakking verg dat
‘n produsent se boerderyvertakkings
op ‘n ander manier benader moet
word. Die veebedryf spring nie hierdie
tendens vry nie. ‘n Groot aantal produsente
wonder of ander veeproduksiestelsels nie
dalk beter vaar nie. Hulle vra hulself af wat
gedoen kan word om meer wins met beeste
te maak en of ‘n osstelsel nie dalk ‘n beter
opsie is nie.
Om stelsels met mekaar te vergelyk, is
gewoonlik nie so eenvoudig nie en on-
volledige inligting kan waarskynlik tot
verkeerde antwoorde lei. Dit is belangrik dat
alle inligting beskikbaar moet wees en dat
die inligting reg vertolk word.
Ongeag van watter stelsel jy bedryf, moet
die basiese aspekte van veeboerdery in plek
wees. Dit sluit in:
Voortdurende, voldoende ruvoer – met
ander woorde genoeg kos regdeur die
jaar.
Die regte byvoeding om die diere
se behoeftes en dié van die voer te
balanseer.
Om in siklus met die hulpbronne te
produseer.
Voldoende skoon water.
Tydige en voorkomende siekte- en
parasietbeheer.
Beesproduksiestelsels
Die beesstelsels wat met mekaar vergelyk
kan word, is die:
Tipiese speenkalfstelsel
18 maande-bemarkingstelsel
36 maande-osstelsel
Speenkalfstelsel, waar die tipiese April-
speenkalwers oorwinter word en kort
na die winter verkoop word om vir die
Kersmark afgerond te word.
Elke stelsel is uniek en het ander reëls,
uiteenlopende kuddesamestellings en be-
markingstye, asook risiko’s.
Droogte
Droogtes vorm deel van landbou in Suid-
Afrika. Elke stelsel hanteer dieselfde kli-
maatrisiko’s verskillend en die effek van
droogte sal die stelsels uiteenlopend
beïnvloed. In ‘n droogtejaar sal ‘n gedeelte
van die koeie tipies in ‘n speenkalfstelsel
verkoop word, terwyl ‘n gedeelte van die
kalwers ook in die ander stelsels verkoop
sal word.
Die diere wat verkoop moet word, se pryse
en gewildheid in die mark sal verskil. Koeie
in ‘n speenkalfstelsel word gewoonlik moei-
liker en teen ‘n laer prys verkoop.
Volgens die ander stelsels kan die kalwers
redelik maklik van die veld verwyder en
gevoer word of aan voerkrale verkoop word.
As die droogte verby is, tref die volgende
terugslag gewoonlik die speenkalfstelsel.
Ten einde die plaas weer op volle produksie
te kry, sal koeie aangekoop moet word of
verse moet teruggehou word.
67
March 2018
OP PLAASVLAK
Diere
Beesstelsels / Winsgewendheid / Vergelyk
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
redaksiespan
36 MAANDE-BE-
MARKINGSTELSEL
18 MAANDE-BE-
MARKINGSTELSEL
TRADISIONELE
SPEENKALFBE-
MARKINGSTELSEL
NA DIE WINTER-
SPEENKALFBE-
MARKINGSTELSEL
Per gemiddelde
GVE
Per gemiddelde
GVE
Per gemiddelde
GVE
Per gemiddelde
GVE
Kalfpersentasie
85%
85%
85%
85%
Bruto produksiewaarde (R)
4 589,80
5 660,79
5 175,21
5 238,97
Direk-toedeelbare veranderlike koste
Voer en lekke
1 515,87
1 352,96
1 009,42
1 267,89
Doseer
62,99
61,36
52,20
62,16
Ent
127,16
139,73
142,93
142,93
Ander spuite (spoorminerale en medisyne)
20,62
21,15
24,78
21,56
Dip
36,02
33,91
33,16
39,01
Ander (oorplaatjies, gas, ensovoorts)
13,08
14,08
10,56
13,31
Los arbeid gebruik
8,75
8,78
8,80
8,80
Masjinerie, trekkers en diesel
113,75
114,08
114,44
114,44
Veearts en konsultante
196,87
241,32
286,09
286,09
Toerusting
26,25
26,33
26,41
26,41
Vee-aankope
437,50
438,77
440,14
440,14
Produksiekredietrente
153,53
147,15
128,94
145,36
Totale direk-toedeelbare veranderlike koste
2 712,39
2 599,60
2 277,85
2 568,10
Bruto marge
1 877,40
3 061,18
2 897,35
2 670,87
TABEL 1: BEGROTE BRUTO MARGE-BEPALING VAN VERSKEIE MPUMALANGA-PRODUKSIESTELSELS VIR DIE 2017/2018-PRODUKSIEJAAR.