Previous Page  58 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 58 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

56

Om terug te hou of nie:

Strategieë

vir oopbestuifde gewasse

D

ie winsgewendheid van die produksie van die meeste

oopbestuifde gewasse kom al meer onder druk. Produ-

sente mag dink dat hulle heelwat koste spaar deur hul eie

saad terug te hou – en dit is die produsent se reg om dit te

doen – maar daar is dikwels ‘n goeie rede waarom gekoopte saad

soveel duurder as teruggehoue saad is.

‘n Groot gedeelte van die koste van die gekoopte saad is verskuil-

de koste wat eers na vore kom wanneer sake met teruggehoue

saad skeef loop. Gesertifiseerde saad voldoen aan streng fisiese

en genetiese vereistes wat deur SANSOR gekontroleer word.

SANSOR-saadinspekteurs doen verpligte landinspeksies en monitor

die gewas vir genetiese suiwerheid, groei-afwykings, siektes en

onkruidbesmetting.

Saad wat gesertifiseer is, bevat nie onkruidsaad nie, is nie

vermeng met ander kultivars nie, het ‘n gewaarborgde mini-

mum ontkiemingspersentasie en word met chemiese saadbehan-

delingsmiddels teen insekte en saadgedraagde siektes verkoop.

Produsente word verder deur die Plantverbeteringswet beskerm

indien probleme met die gesertifiseerde saad ervaar word. Ten

einde saadprobleme sover moontlik te voorkom, fokus saadverskaf-

fers op die voorsiening van hoë kwaliteit saad.

Deur saad terug te hou, moet die produsent alles moontlik doen

om die saad op dieselfde standaard as gesertifiseerde saad te kry.

Aspekte waaraan voldoen moet word, is genetiese suiwerheid,

siekte- en onkruidvryheid, minimum ontkiemingspersentasie, asook

groeikragtigheidstoetse. Die produsent is self vir al hierdie aspekte

verantwoordelik wanneer saad terughou word.

Ten einde goeie gesertifiseerde saad te kan lewer, word die saad

deur die maatskappye met sorg geklas, verpak, gestoor en aan die

kliënt gelewer sodat die minste kans bestaan dat uitdagings met

opkoms, groeikragtigheid en suiwerheid voorkom. Verder doen

die saadmaatskappye alles in hul vermoë om seker te maak dat die

geplante saad gelyk sal opkom en dat die saailinge eenvormig in

terme van grootte en groeikragtigheid is.

’n Produsent wat saad terughou, moet aan hierdie vereistes kan

voldoen om seker te maak dat hy/sy groeikragtige plante met die

nodige stand kan kweek. Indien die saadgroottes in die saadbak

wesenlik van mekaar verskil, sal dit aanleiding gee tot saailinge wat

nie eenvormig is nie en sodoende sal die een saailing die ander

swakker saailing oorskadu, wat uiteindelik laer opbrengste as

resultaat sal lewer.

Plantestand

In verskeie proewe is al waargeneem dat die plantestand van

teruggehoue saad betreklike groot afwykings van die verlangde

plantestand toon. Daar kan legio redes voor wees, maar gewoonlik

gaan dit oor die ontkiemingspersentasie en groeikragtigheid van die

saailinge en die tekort aan inligting daaroor. Die gevolg hiervan is te

veel of te min plante per hektaar, wat in albei gevalle die opbrengs

wesenlik benadeel.

Die belangrikste aksie wat ‘n produsent moet doen, is om die

ontkiemingspersentasie en groeikragtigheid van die saad te laat

toets om te weet hoeveel van die sade per hektaar geplant moet

word.

Hoewel teruggehoue saad potensieel net so effektief soos gekoop-

te saad is, dra jy as produsent self die risiko wanneer daar om die

een of ander rede dalk ‘n fout insluip. Hierdie foutjie kan jou heelwat

meer kos as wat jy dink. Onthou net: Produsente wat teruggehoue

saad aanplant, word nie deur die Plantverbeteringswet beskerm

indien probleme met die saad ervaar word nie.

Voorsorg

Die sukses met teruggehoue saad begin by die versorging van die

plante waarvan die sade teruggehou gaan word. Maak seker dat

hierdie lande korrek bestuur word, dat die kultivar geplant suiwer is,

die onkruid korrek beheer word, siektes voorkomend beheer word

en dat jy alles in jou vermoë doen om ’n aanvaarbare kwaliteit saad

te produseer. Gereelde besoeke aan die land en die verwydering

van siek en onsuiwer plante sal ‘n aansienlike bydrae lewer om ’n

aanvaarbare kwaliteit te verseker.

Dit sal geen bydrae lewer as jy alles in die produksieproses reg

doen en die saad raak in die stoor of op die wa deurmekaar nie. Dit is

belangrik dat jy hierdie saadsakke sal merk sodat jy weet watter saad

van watter kultivar is en waar en wanneer dit gestroop is.

Let ook veral op vir groen pitte, kouebeskadigde, meganiese of

insekbeskadigde sade. Die produsent moet saadkwaliteit evalueer,

saadbehandelingsmiddels oorweeg asook ‘n saadskoonmaakproses

gebruik om die gebruikswaarde te verhoog.

Sif

Met ‘n goeie sif (verkieslik ‘n gravitasiesif) kan die saad in die regte

groottes en massa geklas word – en ‘n groot gedeelte van die

uitdagings met teruggehoue saad hierdeur ondervang. Hierdie is en

bly ‘n arbeids- en bestuursintensiewe proses.

Sodra hierdie proses uitgevoer word, sal jy vind dat ‘n groot gedeel-

te van die saad nie noodwendig geskik is vir herplant nie. Dit kom

daarop neer dat jy dalk meer saad sal moet terughou om seker te

maak dat jy in die plantseisoen oor genoeg saad beskik. In die sif-

proses behoort die meeste onkruidsaad uitgevang te kan word,

maar die saadgedraagde siektes sal in die saad bly. Dit is belangrik

om hierdie saad met chemiese middels te behandel om saad-

gedraagde siektes te beperk.

Opberging

Die opberging van teruggehoue saad vereis ook meer bestuur as

wat die algemene persepsie is. Saad wat aan temperatuuruiterstes

– veral hitte – blootgestel word, het ‘n laer ontkiemingspersentasie

en kan nie naastenby so lank geberg word as wat verwag word nie.

Verseker dat die saad teen ‘n konstante koel temperatuur geberg

word. In ‘n groot aantal gevalle sal die saad se vogpersentasie ook

geweldig laag raak. Hierdie uiters droë saad kan langer geberg word,

FOKUS

Onkruidbeheer op wintergrane

Spesiale

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

redaksiespan