61
March 2018
Hoe kies ek ‘n benatter of olie-
byvoegmiddel?
Reël 1 is om die riglyne op die etiket van die plaagdoder te volg.
Die plaagdodermaatskappy het uitgebreide navorsing gedoen om
die betrokke byvoegmiddel op die etiket aan te beveel. Indien die
geregistreerde byvoegmiddel met ‘n ander produk vervang word,
kan daar ‘n paar dinge skeefloop:
Eerstens kan daar meer druppels van die teiken afhop. Hoe
minder druppels op die teiken, hoe minder is die effektiwiteit.
Tweedens kan daar te min of te veel verspreiding van druppels
wees. Te min verspreiding kan die effektiwiteit van byvoor-
beeld kontakdoders ernstig benadeel. Te veel verspreiding van
druppels kan die konsentrasie van die plaagdoder verlaag en
sodoende opname van sekere sistemiese produkte benadeel.
Derdens kan daar ook afloop van spuitdruppels plaasvind.
Vierdens kan die verkeerde benatter gewasskade fasiliteer. Dit
kan gebeur met ‘n ondoeltreffende benatter wat die opname
en opnamespoed van sistemiese plaagdoders verlaag. Hoe
swakker en stadiger die opname, hoe langer bly die sistemiese
plaagdoder op die blaar en hoe groter is die kans vir skroei.
Dit is onmoontlik om al die aspekte van oppervlaktespanning
in een artikel aan te spreek. Gevolglik is die kernvoordele en
-gevare aangespreek om byvoegmiddelkeuse te vergemaklik.
Die kernboodskap is om by die aanbeveling ten opsigte van
byvoegmiddels op die etiket te hou. Bly weg van ongeregistreer-
de byvoegmiddels en aanbevelings. Die gevolge kan rampspoe-
dig wees.
Vir meer inligting, skakel Brian de Villiers by 082 880 0974.
Oppervlaktespanning
Dit skep daarom ‘n risiko in wisselbou waar koring as opvolggewas
ná mielies geplant word, omdat die verhoging in grond pH die
vaslegging van die triasien-residu’s aan klei en humus verswak en
die triasien-residu’s nou meer geredelik in oplossing beskikbaar is.
Omgewingsfaktore tesame met die chemiese eienskappe van die
onkruiddoder bepaal dus die uiteindelike residuele toksisiteit van
‘n spesifieke onkruiddoder, terwyl die konsentrasie waarteen die
residu’s in die grond voorkom, die grootte van die risiko bepaal.
Die norm is egter dat hoe ligter die grond, hoe groter die risiko
van residuele toksisiteit. So byvoorbeeld sal dieselfde residuele
konsentrasie in grond met ‘n hoë klei en organiese materiaalinhoud
(humus) minder beskikbaar vir opname in die opvolggewas wees as
in grond met lae klei en organiese materiaalinhoud.
Klei en humuspartikels het meer parkeerplekke beskikbaar. As
grond arm is aan albei, kan minder motors kom parkeer aan
die gronddeeltjies en vind binding aan watermolekules meer
geredelik plaas. Dit is dan ook die rede waarom gronde met hoë
konsentrasies organiese materiaal en ‘n hoë klei-inhoud meer
voor-opkomsonkruiddoder as sandgrond benodig om effektiewe
onkruidbeheer te verseker.
Alhoewel kleigronde onkruiddoder as’t ware uit sirkulasie haal en dit
onbeskikbaar maak vir die opvolggewas om op te neem, beteken dit
ook dat die residu’s vir ‘n langer tydperk vasgehou word.
Watter onkruiddoders is hier betrokke?
Onkruiddoderfamilies wat gekenmerk word deur lang residuele
toksisiteit sluit onder andere in die triasiene, triasinoon, urasiele,
sulfonielureums, dinitroanaliene, isoksasolidien, imidasolinoon,
asook sommige van die plantgroeireguleerders wat tot die
peridienfamilie behoort. Nie alle onkruiddoders het dieselfde
residuele toksisiteit (of wagperiode) nie. Afhangende van die
gewas het alachloor, asetochloor en metolachloor byvoorbeeld
wagperiodes van tussen een tot drie maande, terwyl atrasien
wagperiodes van tussen ses en 18 maande kan hê.
Bromasiel (aanbeveel vir pynappels, sitrus en sisal) het ‘n vyf
jaar-wagperiode voordat enige gewasse weer geplant kan word.
Sommige kundiges stel voor dat, alhoewel glifosaat en parakwat
veronderstel is om gou onaktief te raak wanneer dit in of op die
grond beland, produsente hulle veiligheidsonthalwe daarvan moet
weerhou om direk te plant nadat so ‘n bespuiting gedoen is.
Hulle maan dat dit veral gronde met lae kleipersentasies (<10% klei)
en verder lae humusinhoud (<0,2% koolstof of <0,344% humus)
is wat sal baat by die inkorporering van ‘n wagperiode nadat hierdie
produkte gespuit is. Daar bestaan geen vaste reël rakende wat ‘n
geskikte wagperiode sou wees nie, maar kundiges het aangedui dat
‘n twee weke-wagperiode voldoende sal wees.
Kan die afbraakproses verhaas word?
Die toediening van organiese materiaal, die diep ploeg van grond
voordat geplant word, asook die toediening van geaktiveerde
houtskool kan bydra daartoe dat die residuele effek van onkruid-
doders verkort word.
Laasgenoemde is egter ‘n duur proses. Die goue reël bly egter
dat produsent die wagperiode op etikette stiptelik nakom voordat
opvolggewasse geplant word. Om af te wyk van die gegewe riglyne,
sal beteken dat daar buite die aanbevelings te werk gegaan is en sou
hy ‘n eis indien, sal die produsent nie ‘n voet hê om op te staan nie.
Hoe weet ek of daar residu’s in my
grond is?
Indien daar onsekerheid is oor moontlike residu’s in die grond, kan
chemiese ontledings gedoen word om te bepaal of daar residu’s in
die grond teenwoordig is. Omdat grondmonsters teen standaarde
vergelyk word met sulke ontledings, moet die produsent weet wat
gespuit is alvorens analises gedoen kan word. Die koste verbonde
aan sulke toetse is egter astronomies en kan duisende rande beloop.
Instansies soos die WNNR of SABS kan vir verdere inligting in hierdie
verband gekontak word.
Alternatiewelik beveel kundiges aan dat biotoetse gedoen word, wat
behels dat die beoogde gewas/kultivar in potte met grond afkomstig
van die land, wat vermoedelik nog residu’s het, geplant word
– minstens drie weke voor die beplande plantdatum.
Dit behoort ‘n aanduiding te gee of daar ‘n potensiële probleem
met die grond is al dan nie. Monsterneming van die grond kan ook
geskied vanaf verskillende dieptes (1 mm - 100 mm en 100 mm -
200 mm) om ‘n beter aanduiding te kry van die posisie van die
residu’s in die grond.
Produsente is welkom om die onkruidwetenskaplikes
by LNR-Graangewasse te kontak rakende enige ver-
dere navrae oor hierdie tema by 018 299 6100.
“Onkruiddoder” soms ‘n vloekwoord
FOKUS
Onkruidbeheer op wintergrane
Spesiale