Previous Page  54 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 54 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Saad

Spesiale

Maart 2018

52

‘n Wenpakket vir elke streek

D

ie afgelope koringseisoen is nog vars in die geheue,

maar die werklikheid is dat die beplanning vir volgende

seisoen alreeds aan die deur klop. Die regte kultivarkeuse,

wat opbrengs en graankwaliteit asook stabiliteit in op-

brengsreaksie oor jare insluit, is ‘n belangrike produksiebesluit om

winsgewend te kan produseer. Ingesluit die nuwe wenners, is daar

bekende en beproefde kultivars wat steeds die ruggraat van enige

koringkultivarpakket uitmaak.

Sensako is ‘n bekende naam in die saadbedryf en fokus op die

ontwikkeling van verbeterde koringkultivars met hoë opbrengsvlak-

ke en goeie kwaliteitseienskappe vir die eindgebruiker. Waar

kan elke koringprodusent die nuutste inligting kry oor ons reeks

koringkultivars wat tans beskikbaar is? Die nuutste

Kultivargidse

van

Sensako is die antwoord.

Winterreënvalgebied

SST 0166 – dié nuwe wenner koringkultivar is in 2016 vrygestel en

het ‘n uitstekende opbrengspotensiaal. Beperkte hoeveelheid van

hierdie kultivar sal in 2018 kommersieel beskikbaar wees.

SST 087 het ‘n lang groeiperiode, hoë opbrengspotensiaal, goeie

stabiliteit en goeie aanpassing vir alle gebiede. Dit besit weerstand

teen streep- en blaarroes en het goeie uitloopweerstand.

SST 0127 – die kultivar het ‘n mediumlanggroeiperiode, uitstekende

opbrengspotensiaal, goeie strooisterkte, pitvaste are, goeie siek-

teweerstand, kwaliteitseienskappe en uitstekende uitloopweerstand.

SST 0117 en SST 0147 het uitstekende opbrengs en uitloopweer-

stand, is pitvas met mediumlanggroeiperiodes en het weerstand

teen streeproes. SST 0147 presteer onder aanvullende besproeiing

in die Kaap.

SST 056 is pitvas met ‘n mediumkortgroeiperiode, uitstekende

uitloopweerstand, hoë opbrengspotensiaal en is geskik vir droër

gebiede en minimum bewerking.

Die staatmakerkultivars SST 88 en SST 015 is steeds beskikbaar.

Somerreënvalgebied

Verskeie kultivars met goeie aanpasbaarheid, opbrengs en gewenste

kwaliteits- en siekte-eienskappe is beskikbaar vir droëlandaan-

plantings, wat die planttydspektrum van vroeg tot laat kan dek.

SST 3149 is ‘n egte winterkultivar met hoë opbrengspotensiaal en

‘n lang groeiperiode vir vroeë aanplantings in die Vrystaat. Die

kultivar beskik oor goeie geelroes- en uitloopweerstand.

SST 387 het uitstekende stoelvermoë, droogteverdraagsaamheid,

goeie weerstand teen geelroes en Russiese koringluis. Dit is geskik

vir die Wes-Vrystaat.

SST 347 het ‘n hoë opbrengspotensiaal, langgroeiperiode, goeie

pitvastheid, omvalweerstand en Russiese koringluisweerstand.

SST 398 – ‘n hoë-potensiaal-, intermediêre kultivar vir vroeë en

laat aanplantings. Besit goeie Russiese koringluisweerstand en

droogteverdraagsaamheid met goeie graderingskwaliteit.

SST 317 is ‘n hoë-potensiaal-, intermediêre kultivar vir vroeë

en laat aanplantings. Uitstekende stoelvermoë, korter strooi en

goeie omvalweerstand en beskik oor geelroes en Russiese koring-

luisweerstand.

SST 316 is ‘n intermediêre kultivar vir later aanplantings in die

Oos-Vrystaat, met uitstekende geelroes en Russiese koringluis-

weerstand. Kort, sterk strooi en sterk baard beperk voëlskade.

SST 356 het ‘n mediumgroeiperiode met wye aanpassing, hoë

opbrengspotensiaal, goeie graankwaliteit en Russiese koringluis-

weerstand. Ook geskik vir aanvullende besproeiing.

SST 374 het ‘n kortgroeiseisoen vir later planttye. Besit goeie

graankwaliteit en pitvastheid asook Russiese koringluisweerstand.

Besproeiing

SST 8135 – ‘n nuwe wenner! ‘n Hoë-potensiaalkultivar met ‘n

mediumkortgroeiperiode, goeie weerstand teen geelroes, goeie

staanvermoë en uitstekende graaneienskappe.

SST 895 het ‘n mediumgroeiperiode, goeie staanvermoë, droogte-

verdraagsaamheid en graderingskwaliteit.

SST 875: ‘n Mediumkortgroeiperiode vir vroeë tot laat planttye,

met goeie staanvermoë, droogteverdraagsaamheid en graan-

eienskappe.

SST 835 beskik oor uitstekende opbrengspotensiaal, goeie staan-

vermoë en weerstand teen geelroes.

SST 806 is ‘n bekende kultivar met goeie opbrengspotensiaal, wye

aanpassing en graankwaliteit.

SST 866, SST 867 en SST 877 is langer groeiperiode-kultivars vir

vroeë aanplantings met uitstekende opbrengspotensiaal en goeie

graderingskwaliteit.

SST 884 is ‘n semi-dwergkultivar met wye aanpassing, goeie

droogteverdraagsaamheid en staanvermoë en graderingskwaliteit.

SST 843 is ‘n dubbel-dwergkultivar met ‘n kortgroeiperiode aange-

pas vir laat aanplantings met omvalweerstand en graankwaliteit.

Belowende kultivars in finale fases van kommersialisering is

SST 8154 en SST 8156.

Onthou dat optimale gewasbestuur die keuse van ‘n kultivar moet

ondersteun – veral as die kultivar spesifieke bestuurspraktyke vereis

om genetiese potensiaal te verwesenlik.

Die kombinasie van al die kultivareienskappe en bestuursinsette

word versinnebeeld in die verhoogde opbrengste wat behaal

word – “Vordering deur navorsing – ons noem dit die Sensako

effek”. Sensako kultivars word versprei deur Senseed, deel van die

VKB-groep.

Produk-inligting

DR WILLEM OTTO, STEPHAN DE GROOT

en

DRIECUS LESCH,

Sensako