Previous Page  53 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 53 / 116 Next Page
Page Background

Koringkultivars vir 2018 bespreek

O

ndanks baie negatiwiteit rondom koringproduksie – veral

in die droëlandgebiede van die Vrystaat – is koring steeds

‘n winsgewende gewas as dit reg bestuur word. Vra

maar vir dié produsente wat hierdie jaar weer uitstekende

koringopbrengste behaal het. Die regte kultivarkeuse bly daarom

steeds een van die belangrikste produksiebesluite vir enige ko-

ringprodusent.

Daar is tans ‘n magdom uitstekende kultivars om van te kies.

Hoe moet ‘n produsent dan nou maak om die regte kultivar vir sy

behoefte te kies? Gelukkig hoef produsente nie self al die kultivars

wat beskikbaar is, te toets om inligting te bekom nie. LNR-Klein-

graan plant elke jaar verskeie proewe in al die koringproduserende

gebiede in Suid-Afrika om die beskikbare kultivars van al die

saadmaatskappye op ‘n objektiewe en wetenskaplike manier ten

opsigte van hulle opbrengspotensiaal, kwaliteit en aanpasbaarheid

te evalueer.

Hierdie program, wat die enigste van sy soort in Suid-Afrika is,

staan bekend as die Nasionale Kultivarevaluasieprogram (NCEP).

Daar bestaan drie afsonderlike evaluasieprogramme wat spesifieke

kultivars in elk van die drie produksiestreke evalueer.

Alhoewel LNR-Kleingraan die mandaat het om die NCEP in

Suid-Afrika uit te voer, is die samewerking van ander instansies en

rolspelers krities om hiervan ‘n sukses te maak. In hierdie nasionale

samewerkingsooreenkoms is die Departement van Landbou,

Wes-Kaap getaak om te help met die plant en instandhouding

van sekere proewe in die Wes-Kaap. Ander instansies soos die

Universiteit van die Vrystaat, Stellenbosch Universiteit en SABBI

lewer ook ‘n belangrike bydrae met die insameling en weergee van

addisionele inligting aan die kleingraanindustrie.

Almal wat betrokke is by koringproduksie in Suid-Afrika, vergader

aan die einde van elke seisoen om die data van die vorige seisoen

te evalueer en te bespreek. Hierdie groep bestaan uit kundiges in

die industrie en verteenwoordiges van al die saadmaatskappye,

Graan SA, die Universiteit van die Vrystaat en Stellenbosch Uni-

versiteit, SANSOR, SAB Miller, die onderskeie Departemente van

Landbou en ander rolspelers. Die doel van hierdie vergadering is

om te verseker dat die proewe wetenskaplik uitgevoer is en dat die

data objektief en korrek weergegee word.

Die jongste kultivarevaluasievergadering is op 8 Februarie vanjaar

by LNR-Kleingraan, net buite Bethlehem, gehou. Tydens hierdie

vergadering word nuwe kultivars, waarvan daar minstens twee jaar

se proefdata beskikbaar is en wat eersdaags kommersieel beskikbaar

sal wees, ook bespreek en in die jaarlikse produksiehandleidings

ingesluit.

Behalwe vir kultivaraanbevelings, bevat hierdie handige handleidings

ook inligting ten opsigte van algemene produksiepraktyke, grond-

bewerkingsriglyne en plantvoeding, asook die jongste inligting

rondom onkruid-, siekte- en insekbeheer.

Danksy befondsing deur die Wintergraantrust word die handleidings

gratis aan alle kommersiële koringprodusente in Suid-Afrika verskaf.

Aangesien produksiepraktyke en kultivaraanbevelings van streek

tot streek verskil, word daar twee afsonderlike handleidings ge-

publiseer, naamlik een vir die somerreënvalgebied waarin beide die

droëland- en besproeiingsgebiede hanteer word, sowel as ‘n aparte

handleiding vir die winterreënvalgebiede.

Hierdie handleidings is in Afrikaans en in Engels beskikbaar. Daar

is ook ‘n uiters gebruikersvriendelike handleiding wat die data en

aanbevelings op ‘n praktiese manier vir nuwe era-boere aanbied

en dit is beskikbaar in Engels, Sotho of Xhosa.

Kyk uit vir die handleidings wat vanaf die tweede week in Maart

beskikbaar sal wees. Indien jy nie so ‘n handleiding ontvang nie, kan

jy LNR-Kleingraan gerus kontak (058 307 3400). Gaan kyk ook op ons

webtuiste (

www.arc.agric.za/arc-sgi

) vir die elektroniese weergawe

daarvan.

Al die inligting rondom kultivarprestasie gedurende

die 2017-koringseisoen sal ook aan produsente

bekend gemaak word deur middel van verskeie

publikasies in die media.

51

March 2018

Saad

FOKUS

Spesiale

DR ANNELIE BARNARD,

LNR-Kleingraan, Bethlehem

Van die kundiges wat die vergadering bygewoon het. Voor: Gerhard Engelbrecht (K2 Agri), Renier Boshoff (K2 Agri), Petru Fourie (Graan SA),

Lebogang Jack (Departement van Landbou: Noordwes), Eddie Goldschagg (SANSOR), dr Toi Tsilo (LNR-Kleingraan) en Wandile Ngcamphlala (Graan SA).

Agter: Prof Willem Boshoff (Universiteit van die Vrystaat), Cornel Bender (Universiteit van die Vrystaat), dr Willem Otto (Sensako), Willem Botes

(Stellenbosch Universiteit), Stephan de Groot (Sensako), Gawie Kotzé (SAB Miller), Willem Kilian (LNR-Kleingraan) en dr Francois Koekemoer (Sensako).