Previous Page  59 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 59 / 116 Next Page
Page Background

57

March 2018

maar sal heelwat makliker beskadig word as wat algemeen besef

word. Sorg dat jou saad nie te droog word nie, maar pasop ook vir té

nat saad – dit sal die opbergtyd dramaties verkort.

Indien die saadsakke op die grond gestapel word, moet jy seker

maak dat die onderste sakke nie van onder af kan nat word nie.

Indien dit die geval is, sal hierdie saad se kwaliteit ook heelwat laer

as verwag wees.

Goggas en knaagdiere kan jou ook groot skade berokken. Maak

seker dat kalander, onder andere, nie die saad besoek en beskadig

nie. Voorkoming is die wagwoord. Doen alles in jou vermoë om die

saad te beskerm.

Koste

Op die oog af lyk die saadkoste per hektaar vir teruggehoue saad

na ‘n aantreklike opsie. Dit is goedkoper om saad terug te hou en te

plant, maar dit kos jou verseker nie niks nie: Daar is altyd verskuilde

en versteekte koste.

Swakker saadkwaliteit of die gebrek aan saadkwaliteitsontledings

van die saadbron, veroorsaak dat produsente die saad teen

hoër saaidigthede wil aanplant om te kompenseer vir die saad se

gebreke – wat dalk tot te hoë plantestand aanleiding kan gee. Ten

spyte hiervan, kan swakker plantestand addisionele onkoste vir

onkruidbeheer inhou, terwyl die laer groeikragtigheid swakker

plante kan veroorsaak en beide tot laer opbrengste kan lei – nog

meer risiko’s vir jou!

Tabel 1

bevat die direkte koste van koring en sojabone. Volgens die

berekening in Tabel 1 is dit duidelik dat net 42 kg ekstra gestroop

moet word om gelyk te breek. Vir sojabone word ‘n addisionele

219 kg/ha benodig om gelyk te breek. Dit is net een deel van die

sommetjie: Hoeveel verloor jy as die saad se opkoms om een of

ander rede nie na wense is nie?

Dit maak sin om besondere aandag aan die bestuur van teruggehoue

saad te skenk. Net een land wat swak opkom, sal hierdie verskil

negeer.

Alhoewel dit nie aan te beveel is om saad terug te hou nie, kan

winsgewendheid produsente dwing om wel saad terug te hou.

Koop ‘n gedeelte van die saad wat geplant gaan word egter elke jaar

nuut. Dit kan ‘n bydrae lewer om die risiko te verskans as iets dalk

verkeerd loop.

Miskien moet produsente die moontlikheid ondersoek om ‘n

saadverwerkingskema in samewerking met ander rolspelers te

begin. Die verwerkingsmaatskappy kan dan die teruggehoue graan

tot saad verwerk, opberg en weer aan produsente teruglewer. Die

nodige toetse kan op die saad gedoen word, sodat produsente weet

wat van die saad verwag kan word. Dit kan jou as produsent dalk

heelwat geld spaar.

Kontak Pietman Botha oor navrae in verband met teruggehoue saad

by 082 759 2991.

TERUGGEHOUE SAAD

KORING

SOJABONE

Graanprys met oes

R3 700/ton

R4 450/ton

Teruggehoue saadkoste per 25 kg

R92,50

R111,25

Stoor- en skoonmaakkoste per 25 kg saad

R12,50

R12,50

Saadbehandeling

R30,00

Geen

Saadverlies

R13,87

(15% verlies)

R33,37

(30% verlies)

Rente vir ses maande

R4,62

R5,56

Prys per sakkie (25 kg)

R153,49

R162,68

Ontkiemingspersentasie

80%

70%

Addisionele saad toegedien

20%

30%

Saaidigtheid per hektaar

25 kg

50 kg

Saadkoste per hektaar

R184,19

R422,97

Gekoopte saad se koste per 25 kg

R340,00

R700,00

Gekoopte saad se koste per hektaar

R340,00

R1 400,00

Ekstra geld benodig om gelyk te breek per hektaar

R155,81

R977,03

Ekstra kilogram oes om gelyk te breek per hektaar

42 kg

219 kg

TABEL 1: BEREKENING VAN DIE DIREKTE KOSTE VAN TERUGGEHOUE SAAD.