Previous Page  64 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 64 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

62

Effektiewe strategie teen

Russiese koringluisskade

R

ussiese koringluis kom voor in al die lande waar koring op

groot skaal verbou word en het die potensiaal om plaag-

status te bereik – met enorme ekonomiese verliese as

‘n gevolg. Die teel van koring met genetiese weerstand

teen Russiese koringluis is daarom ‘n effektiewe voorsorg teen

ekonomiese skade op koring.

Daar is egter verskillende biotipes van Russiese koringluis, wat

verskillende vlakke van skadelikheid op koring met genetiese

weerstand toon. Daar is tans vier Russiese koringluisbiotipes in

Suid-Afrika bekend: RWASA1 is in 1978 aangeteken, RWASA2 in

2005, RWASA3 in 2009 en RWASA4 in 2011.

Hierdie biotipes is verspreid oor die koringproduksiegebiede in

Suid-Afrika, maar RWASA1 kom hoofsaaklik in die winterreën-

valgebiede in die Wes-Kaap, die Noord-Kaap en Wes-Vrystaat voor,

terwyl RWASA3 en RWASA4 hoofsaaklik in die Sentraal- en Oos-

Vrystaat voorkom. RWASA2 kom in klein geïsoleerde populasies in

al die koringproduksiegebiede voor.

RWASA1 het in die verlede oral in die Vrystaat voorgekom, maar is

tans in die Oos-Vrystaat afwesig. Hierdie biotipe het waarskynlik

die kompetisie met die meer virulente RWASA3 en RWASA4, wat

dominant in hierdie gebied voorkom, verloor.

Die droëlandkoringkultivars op die Suid-Afrikaanse mark het ver-

skillende vlakke van weerstand teen die verskillende Russiese

koringluisbiotipes. Die skadelikheidsvlak sal verskil vir verskillende

koringkultivars afhangende van die omgewing en die Russiese

koringluisbiotipe wat hier voorkom.

Kennis van die Russiese koringluisweerstand in koringkultivars sal

die produsent in staat stel om ‘n ingeligte besluit te neem in terme

van watter kultivar in ‘n spesifieke omgewing verbou kan word.

Gedurende verlede jaar is al die droëlandkoringkultivars op die

Suid-Afrikaanse mark in die glashuis teen die vier Russiese ko-

ringluisbiotipes geëvalueer. Die glashuisevaluasies het getoon dat

uit die 20 droëlandkoringkultivars tans op die mark in Suid-Afrika,

17 weerstandbiedend teen RWASA1 is. Ses is weerstandig teen

RWASA2, agt teen RWASA3 en vier teen RWASA4 (

Tabel 1

).

Evaluasie onder beheerde toestande in die glashuis kan vir ons ‘n

riglyn wees om te bepaal watter koringkultivars weerstand teen

Russiese koringluis in ‘n spesifieke omgewing sal bied. Daar moet

egter in gedagte gehou word dat daar in die veld verskeie faktore

is wat die interaksie tussen Russiese koringluis en die plant waarop

hy voed, kan beïnvloed. Dit sluit onder andere omgewingstoestande

soos droogte en hoë temperature in.

Omgewingstoestande kan die uitdrukking van weerstand in die

plant beïnvloed, terwyl dit ook die populasiedinamika van die insek

beïnvloed en hoër populasiedruk, en gevolglik groter skade, op die

plant kan veroorsaak.

Deur ‘n kultivar met weerstand teen die dominante Russiese

koringluisbiotipe in die spesifieke produksiegebied te plant, kan

skade as gevolg van Russiese koringluisvoeding voorkom word.

Produsente met enige navrae of opmerkings kan

dr Astrid Jankielsohn by 058 307 3431, 082 564 3795

of

jankielsohna@arc.agric.za

kontak.

FOKUS

Onkruidbeheer op wintergrane

Spesiale

DR ASTRID JANKIELSOHN,

LNR-Kleingraan, Bethlehem

1a en 1b: Russiese koringluisskadesimptome op ‘n vatbare koringkultivar – gestreepte blare.

1c: Russiese koringluisskade op ‘n vatbare koringkultivar – gerolde blare.

1a

1b

1c