Previous Page  60 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 60 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

58

Oppervlaktespanning

is

belangrik vir plaagbeheer

W

ater word algemeen gebruik vir die meng van plaagdo-

ders en die egalige toediening daarvan oor ‘n opper-

vlakte. Die hoofrede hiervoor is omdat water vryelik

beskikbaar is. Plaagdoderformulasies word ontwikkel

om met water te meng – daarom die verskillende formulasietipes

op die mark, byvoorbeeld oplossings (SL), suspensies (SC), emulsies

(EC), benatbare formulasies (WP) en vele ander.

Water het egter verskeie chemiese en fisiese eienskappe wat nade-

lig vir plaagdodereffektiwiteit kan wees. Die chemiese eienskappe

sluit opgeloste antagonistiese ione, wat harde en brak water

veroorsaak, asook pH in. Hierdie chemiese eienskappe speel ook

‘n rol, maar in dié artikel word op water se fisiese eienskappe, naam-

lik oppervlaktespanning, gefokus.

Oppervlaktespanning word gedefinieer as water se vermoë om

op te tree asof dit met ‘n elastiese laag omvou is. Die redes vir

oppervlaktespanning is kompleks, maar die feit is dat dit veroorsaak

dat plaagdoders nie optimaal presteer nie. Dit is derhalwe belangrik

om oppervlaktespanning aan te spreek ten einde plaagbeheer te

optimaliseer.

Wat gebeur in die lug?

Druppels word deur spuitpunte gevorm. Daarna beweeg dit deur

die lug totdat dit die blaar tref. Indien oppervlaktespanning nie

aangespreek word nie, sal ‘n gedeelte van die druppels wat die

blaar tref, afhop. Indien dit byvoorbeeld ‘n sistemiese of kontak

na-opkomsonkruiddoder is, sal hierdie druppels nutteloos vir

onkruidbeheer wees. Die eienskap wat hier ter sprake kom, is

bedekking.

Met enige plaagdoder gaan dit oor getalle, daarom hoe minder

druppels afhop, hoe meer van die onkruiddoder bereik die teiken

en hoe effektiewer is die plaagbeheer. Bedekking staan ook as

“behoud” bekend: Die hoeveelheid druppels wat op die geteikende

blaar behou word.

Wat gebeur op die plant?

Indien die druppels die blaar wel bereik en nie afhop nie, het dit ‘n

kans om effektief te wees. Die probleem is egter dat die kontakarea

tussen druppels met ‘n hoë oppervlaktespanning en die blaar uiters

beperk is.

Hierdie beperkte kontakarea word deur ‘n hoë kontakhoek veroor-

saak – daar is min plaagdoder in kontak met die blaar. Dit is dalk vir

sekere sistemiese produkte aanvaarbaar, maar totaal onaanvaarbaar

vir kontakmiddels wat veronderstel is om aan ‘n groot oppervlakte

blootgestel te word. Hierdie verskynsel kan veroorsaak dat die

plaagbeheer substandaard is en dat ‘n herbespuiting moet plaasvind

– alles omdat die oppervlaktespanning nie aangespreek is nie.

Hoe word oppervlaktespanning

aangespreek?

Daar is twee groepe byvoegmiddels, naamlik benatters en olies,

wat oppervlaktespanning aanspreek. Benatters is wateroplosbare

produkte, terwyl olies gewoonlik emulsies is. Beide hierdie

byvoegmiddelgroepe sal oppervlaktespanning tot ‘n mindere of

meerdere mate verlaag. Hierdie byvoegmiddels verlaag die kragte

op die oppervlak van die druppel en sodoende word bedekking en

verspreiding van spuitdruppels op die blaar aangespreek. Die mate

waartoe die oppervlaktespanning verlaag word, sal bepaal hoeveel

van die druppel op die blaar versprei.

Sekere benatters en olies sal dit matig verander om sodoende beter

bedekking en ‘n matige verhoging in verspreiding te bewerkstellig.

Ander benatters, soos die sogenaamde superbenatters, sal

die oppervlaktespanning drasties verlaag, wat tot ongelooflike

verspreiding van individuele druppels sal lei.

Is uitermatige verspreiding altyd

voordelig?

Die antwoord hierop is nee. Dit is belangrik om te besef dat elke

plaagdoder sekere vereistes ten opsigte van druppelverspreiding

het. Sekere kontakdoders sal beslis deur uitermatige verspreiding

bevoordeel word – tensy daar afloop vanaf die blaar is. Ander

produkte vereis egter beperkte benatting en superverspreiding is

nie altyd voordelig nie.

‘n Goeie voorbeeld hiervan is die ou bekende onkruiddoder, naamlik

glifosaat. Glifosaat word vinniger en effektiewer opgeneem indien

die konsentrasiegradiënt groot is: In ‘n druppel wat nie te veel

versprei nie. Oor die algemeen vaar glifosaat dus beter met benat-

ters wat nie die oppervlaktespanning te veel verlaag nie. Die benatter

moet van so ‘n aard wees dat dit die bedekking verhoog, sonder om

die druppels te veel te laat versprei.

Daar is altyd uitsonderings op elke reël en die etiket behoort altyd

getrou nagevolg te word.

FOKUS

Onkruidbeheer op wintergrane

Spesiale

BRIAN DE VILLIERS,

produkbestuurder: Byvoegmiddels,

Villa Crop Protection

Skoon water is op die linkerkant van die blaar gebruik en water plus

vier verskillende benatters wat oppervlaktespanning tot ‘n mindere of

meerdere mate natuurlik verlaag, is op die res van die blaar gebruik.