Previous Page  48 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 48 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

46

Saadkwaliteit en sertiϐisering

onder die vergrootglas

S

edert die vorige oes is al die beste praktyke moontlik

gevolg en voorbereidings getref om volgende jaar selfs ‘n

groter, beter oes te behaal – daardie rekordoes waarna alle

landbouers streef.

Produsente wat hierdie sentiment deel en voortdurend na voor-

uitgang streef, sal weet dat slegs die beste gehalte produkte as

insette oorweeg moet word om sukses te behaal. Suid-Afrikaanse

landbou is uniek en is seker een van die industrieë wat oor die

meeste risiko’s en veranderlikes beskik. Sommige veranderlikes is

redelik goed beheerbaar en ander ongelukkig tot ‘n mindere mate.

Waarom dan nie dié risiko’s beperk wat wel bestuurbaar is nie?

Deur saad van die beste beskikbare kwaliteit en hoogste genetie-

se potensiaal te gebruik, word daar reeds een van die faktore wat

‘n beduidende invloed op jou oes kan hê, uit die weg geruim. Jy

kan dus ‘n mate van gemoedsrus koop, nie waar nie?

Suid-Afrika is gelukkig om oor ‘n aantal privaat saadmaatskappye

te beskik. In ander Afrikalande voer staatsbeheerde saadmaatskap-

pye die botoon, waar besluite wat geneem word nie altyd in die

beste belang van graanprodusente is nie.

Vir saadmaatskappye om volhoubaar en winsgewend te bly, moet

saad van die hoogste genetiese potensiaal, sowel as fisiese sui-

werheid, ten alle tye bemark en vrygestel word. Hierdie markseg-

ment is uiters kompeterend en ‘n saadmaatskappy kan nie bekostig

om produsente se vertroue in hul te skok nie.

Saadmaatskappye gaan dus ‘n stap verder om hulle saad te laat

sertifiseer by die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie

(SANSOR) om sodoende die saadkwaliteit deur ‘n onafhanklike in-

stansie te laat bevestig. Daar word meer en strenger standaarde

vir gesertifiseerde saad gestel en saadmaatskappye moet hieraan

voldoen alvorens hul produkte die kenmerklike blou SANSOR

sertifiseringsetiket (

Foto 1

) en -seël (

Foto 2

) mag dra. So, wat behels

sertifisering dan en waarom op gesertifiseerde saad aandring?

SANSOR is ‘n bedryfsorganisasie wat die belange van die saadbe-

dryf plaaslik sowel as internasionaal verteenwoordig, beskerm en

uitbrei. Die organisasie is ook sedert 1989 die aangewese gesag

vir saadsertifisering in Suid-Afrika. Tot op daardie stadium is ser-

tifisering deur die destydse Departement van Landbou behartig,

waarna dit weens ekonomiese redes gerasionaliseer is.

Saadsertifisering geskied onder die riglyne en voorskrifte van

die Suid-Afrikaanse saadsertifiseringskema, sowel as die Plant-

verbeteringswet 1976 (Wet 53 van 1976). Sertifisering is egter

nie verpligtend nie; maatskappye neem self die besluit of hulle ‘n

spesifieke saadproduksie wil laat sertifiseer of nie.

Gesertifiseerde saad

Die feit dat saad deur ‘n geregistreerde onderneming verkoop

word en/of daar ‘n ontledingsverslag daarvoor beskikbaar is,

beteken nie dat daardie saadlot gesertifiseer is nie. Sertifisering

van saad behels ‘n volledige kontrolestelsel vanaf die vrystelling

FOKUS

Saad

Spesiale

KOBUS VAN HUYSSTEEN,

tegniese beampte,

SANSOR

1: ‘n Voorbeeld van ‘n SANSOR sertifiseringsetiket (voor- en agterkant).

2: Die kenmerklike blou SANSOR seël.

1

2

3

3: ‘n Voorbeeld van ‘n SANSOR plaketiket. Hierdie etiket word

gebruik wanneer die etiket opgeplak word en nie aangewerk

word nie.