Plant vanjaar AGT Foods se
vlagskip lusernkultivars
– goedkoop en gerieflik danksy bestrykte saadtegnologie
A
GT Foods het danksy internasionale samewerking met leiers in
die bedryf, die AgriCOTE
®
bestrykingsproses vervolmaak. Die
produk word deurlopend deur middel van toegewyde navorsing
verbeter. Die AgriCOTE bestrykingsproses is hoogs gevorderd,
gemeganiseerd en verleen homself uitstekend tot die akkurate
toediening van geselekteerde middele wat maksimum voordeel vir
die produk inhou.
41
March 2018
PROMOSIE-ARTIKEL
DIRK COETZEE,
agronoom, AGT Foods Africa
1: Walter van Leeuwen (links) van Seed Genetics International (SGI) in
Australië en Jacques Cilliers van Hartswater. SGI is die telers van AGT
se vlagskip-lusernkultivars: Icon (dormansie 7 kultivar) en SuperSonic
(dormansie 9 kultivar). Jacques se oudste SuperSonic lusern is nou
reeds in hul derde seisoen en dit produseer steeds uitstekend. Hy plant
gewoonlik 35 kg/ha AgriCOTE bestrykte saad.
2: Andreaco le Grange (links), ‘n AGT Foods agent en Michael Jacobs
van Douglas.
3: Michael Jacobs het 37 kg/ha AgriCOTE bestrykte SuperSonic geplant.
Die plantestand was >700 plante/m² kort na vestiging. SuperSonic het
uitstekend genoduleer en Michael was uiters beïndruk met die eerste
seisoen se produksie.
4: Charl Naudé van Cookhouse het 35 kg/ha AgriCOTE bestrykte Super-
Sonic en Icon geplant. ‘n Gemiddelde plantestand van >520 plante/m²
is kort na vestiging behaal. Beide kultivars het met hul eerste seisoen se
produksie beïndruk.
5: Andreaco le Grange en Jacques Verster van Luckhoff. Jacques het
42 kg/ha AgriCOTE bestrykte Icon geplant. Die plantestand was
>550 plante/m² kort na vestiging. Icon het uitstekend in sy eerste
seisoen by Jacques geproduseer.
1
3
4
5
2