Previous Page  47 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 47 / 116 Next Page
Page Background

45

March 2018

FOKUS

Saad

Spesiale

Koringsaadpryse het sedert verlede jaar op ‘n gemiddelde basis

met 3,7% gestyg. Sommige kultivars het tot 14% gestyg, terwyl

ander weer met soveel soos 6,7% gedaal het. Wat interessant is, is

dat koringsaadpryse in die noordelike produksie-areas gemiddeld

R344 per 25 kg sakkie kos, terwyl saadpryse in die Kaap R379 per

50 kg sakkie kos. Garssaadpryse het op ‘n gemiddelde basis met

0,5% gedaal.

Die inligting in Tabel 1 tot Tabel 5 neem nie kortings vir vroeë

bestellings en grootmaataankope in aanmerking nie. Dit is belangrik

om navrae by die saadmaatskappye self te doen om te verseker dat

die beste moontlike prys beding word.

Kultivarkeuse

Belangrike riglyne wat gevolg behoort te word wanneer kultivarkeu-

ses uitgeoefen word, is die volgende:

Moet nie ‘n staatmakerkultivar summier met ‘n nuwe en

onbekende kultivar vervang nie. Plant die nuwe/onbekende

kultivar eers op ‘n kleiner skaal aan en maak seker dat dit aan

persoonlike vereistes voldoen.

Plant ‘n pakket van kultivars om risiko’s ten opsigte van

agronomiese eienskappe, plaag- en siekteweerstand, valgetal

en gradering te versprei.

Waak daarteen om ‘n ongetoetste kultivar aan te plant. Raad-

pleeg die LNR-Kleingraan se handleidings vir wintergraan-

verbouing en verseker dat die kultivar onafhanklik geëvalueer

en volgens eienskappe wat op die plaas belangrik is,

presteer. Sien ook die bylaag wat saam met dié uitgawe van

SA Graan/Grain

gepos word, waarin die resultate van die

Nasionale Kultivarevaluasieprogram wat deur die LNR-Klein-

graan hanteer word, gepubliseer is. Kontak die betrokke kundiges

indien inligting ontbreek of onsekerheid bestaan.

Saadkwaliteit is krities

Uitstekende kwaliteit saad verbeter die kans op die suksesvolle

vestiging van die gewas en ‘n aanvaarbare oes. Koringsaad kan in

drie kategorieë volgens kwaliteit verdeel word, naamlik:

Gesertifiseerde saad

Dit is hoë kwaliteit saad, waarvan belangrike eienskappe soos

kiemkragtigheid en suiwerheid teen relatiewe streng norme deur

saadmaatskappye gewaarborg word. Indien produsente uitdagings

met gesertifiseerde saad ondervind, kan ‘n saak gemaak word

wanneer ‘n eis ter sprake kom. Dié tipe saad word deur erkende

saad- en landboumaatskappye verskaf.

Kommersiële saad

Kommersiële saad is van aanvaarbare tot uitstekende kwaliteit wat

aan sekere vereistes van die Plantverbeteringswet voldoen. Die

kwaliteitsvereistes is nie so streng soos vir gesertifiseerde saad nie.

In die geval van ‘n saaddefek sal ‘n produsent hom tot die Registrateur

van die Plantverbeteringswet kan wend. Dié tipe saad word ook deur

erkende saadmaatskappye en landboubesighede verskaf.

Teruggehoue saad

Teruggehoue saad is graan wat deur produsente uit die vorige

oes teruggehou is om as saad in die volgende seisoen te dien. Dit

is wettig, solank die graan nie as saad verkoop word nie. Produsente

loop egter produksie- en opbergingsrisiko’s indien teruggehoue

saad gebruik word.

Enkele uitdagings wat ondervind word, is byvoorbeeld die muf

van saad indien dit te klam gestoor word, kalanderskade indien

nie berook nie en swak ontkiemingsvermoë indien dit teen te hoë

temperature opgeberg is.

INSET-OORSIG

KORINGKULTIVARS

– BESPROEIING

2017

PER 25 KG

2018

PER 25 KG

%

VERANDERING

Duzi

315

300

-4,8

Kariega

315

300

-4,8

Steenbras

315

300

-4,8

Sabie

315

300

-4,8

Koedoes

-

300

-

Renoster

-

300

-

Gemiddeld

315

300

-4,8

KORINGKULTIVARS

– DROËLAND

2017

PER 25 KG

2018

PER 25 KG

%

VERANDERING

Elands

300

300

0

Matlabas

300

300

0

Koonap

-

300

-

Senqu

-

300

-

Gemiddeld

306

300

0

TABEL 3: K2 AGRI

TABEL 4: OVERBERG AGRI (SUID-KAAP)

KORINGKULTIVARS

2017

PER 50 KG

2018

PER 50 KG

%

VERANDERING

SST 88

388

390

0,5

SST 015

388

390

0,5

SST 027

388

390

0,5

SST 056

388

390

0,5

SST 087

388

390

0,5

SST 0127

388

390

0,5

SST 0117

388

390

0,5

SST 0147

388

390

0,5

SST 0166

-

390

-

Gemiddeld

393,2

390

0,5

GARSKULTIVARS

2017

PER 50 KG

2018

PER 50 KG

%

VERANDERING

Erica

365

355

-2,7

Nemesia

365

355

-2,7

Agulhas

365

355

-2,7

Hessekwa

365

355

-2,7

Elim

365

355

-2,7

S16

365

355

-2,7

Gemiddeld

365

355

-2,7

Wes-Kaap

Graan SA/Sasol fotokompetisie