Previous Page  49 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 49 / 116 Next Page
Page Background

47

March 2018

van die variëteit deur die teler daarvan, tot en met die uiteindelike

beskikbaarstelling van die saad aan die produsent. Dit geskied oor

verskeie generasies van vermeerdering heen – wat gewoonlik drie

na vier seisoene duur.

Gedurende elk van die onderskeie vermeerderingsfases word daar

volledige kontrole uitgevoer, deurdat elke eenheid vir produksie van

saad by SANSOR geregistreer word. SANSOR kontroleer eers die

oorsprong en sertifiseerbaarheid van die ouersaad van die betrokke

variëteit voordat die eenheid aanvaar word vir die produksie van

saad vir sertifisering.

Tydens die groeistadium word die plante op vasgestelde groeista-

diums deur SANSOR opgeleide en gemagtigde inspekteurs onder-

soek om onder andere te bepaal of die plante aan die voorgeskrewe

minimum vereistes ten opsigte van die variëteitsegtheid en identiteit

voldoen. Dit sluit in aspekte soos die kontrolering van isolasie-

afstande, vorige gewasse, opslagplante en af-tipes wat moontlik die

variëteitsegtheid van die saad kan kompromitteer.

Vir elke inspeksie wat uitgevoer word, word daar verslag aan

SANSOR gelewer, wat dan die bevinding op rekord plaas. Die

inspeksieproses word deurlopend deur die organisasie, sowel as

beamptes van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye

(DLBV) gemoniteer.

Nadat die saad geoes is, word dit verwerk en verpak. Weer eens word

daar kontrole uitgeoefen om te verseker dat daar geen vermenging

plaasvind nie. Die houers waarin die saad verpak word, word dan

met voorgeskrewe inligting op etikette, soos deur SANSOR verskaf,

gemerk.

Vir gesertifiseerde saad word uniek-genommerde blou etikette

met die landswapen en die woorde SA GESERTIFISEERDE SAAD:

SANSOR daarop gedruk, gebruik. Elke houer word ook met ‘n uniek-

genommerde SANSOR seël verseël.

Die saad word dan deur SANSOR opgeleide en gemagtigde

monsternemers bemonster en deur ‘n geregistreerde saadtoets-

laboratorium ontleed om die ontkieming en fisiese suiwerheid van

die saad te bepaal. ‘n Verdere monster word ook deur die Afdeling

Variëteitskontrole van DLBV uitgeplant om die variëteit se identiteit

met die verwysingsmonster van die betrokke variëteit te vergelyk.

Indien die betrokke saadlot aan al die minimum vereistes van die

saadsertifiseringskema voldoen, insluitend dié vir variëteitsegtheid,

sal SANSOR dan ‘n sertifikaat uitreik om die sertifisering daarvan te

bevestig. Die kenmerkende blou seël, blou etiket en gepaardgaande

sertifikaat dien dus as bewys dat ‘n spesifieke saadlot wel in terme

van die Suid-Afrikaanse saadsertifiseringskema gesertifiseer is.

Ten slotte

SANSOR speel al vir byna 29 jaar ‘n integrale rol in die versekering

van kwaliteit saad aan produsente. Ons bou steeds elke dag hierop

voort deur middel van noue samewerking met alle rolspelers,

asook internasionale assosiasies. Ons vertrou dat SANSOR, deur

voortgesette ondersteuning van produsente, steeds in die toekoms

hierdie belangrike funksie suksesvol sal verrig.

Vir navrae oor saadsertifisering, kontak Kobus van Huyssteen by

techoffice@sansor.co.za .

‘n Produsent het geen eis of regsgronde ten opsigte van saadkwali-

teit (en algemene prestasie van die kultivar) indien teruggehoue

saad geplant word nie. Indien saad opgeberg word, behoort die

saad volgens voorskrifte vir opberging skoongemaak, skoon en

suiwer gehou, gedroog, en koel en droog opgeberg te word.

Beroking om kalanders en ander graaninsekte te beheer, moet ge-

trou gedoen word en dit moet veilig teen rotte en muise geberg

word. Ontkiemings- en suiwerheidstoetse moet gedoen word voor

aanplanting en die saad moet teen saadgedraagde siektes met

geregistreerde plaagdoders behandel word.

INSET-OORSIG

KORINGKULTIVARS

2017

PER 50 KG

2018

PER 50 KG

%

VERANDERING

SST 88

345

370

7,2

SST 015

345

370

7,2

SST 027

345

370

7,2

SST 056

345

370

7,2

SST 0117

345

370

7,2

SST 0127

345

370

7,2

SST 0147

345

370

7,2

SST 0166

-

370

-

Gemiddeld

364

370

7,2

GARSKULTIVARS

2017

PER 50 KG

2018

PER 50 KG

%

VERANDERING

Erica

345

365

5,8

SKG 9

445

445

0,0

S 12

345

365

5,8

S 14

345

365

5,8

SSG066V

-

330

-

S 9

-

365

-

S 16

-

365

-

Gemiddeld

349

385

4,3

TABEL 5: SSK