Previous Page  42 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 42 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

40

Heffing sal sojaboonbedryf

‘n hupstoot gee

‘n

Teling-en-tegnologieheffing kan eersdaags op sojabone

gehef word om die negatiewe impak van teruggehoue

saad op die bedryf teen te werk. Hoewel produsente

in die eerste jaar al R65/ton met lewering sal moet betaal,

is rolspelers in die bedryf dit eens dat produsente voordeel sal trek,

aangesien só ‘n heffingsmodel nuwe tegnologie en kultivars na

Suid-Afrika sal bring. Soortgelyke heffings word reeds sedert 2016

op gars en koring gehef.

Volgens mnr Corné Louw (senior ekonoom, Graan SA) was ‘n

wedersydse oplossing nodig om veral internasionale saadmaat-

skappye aan te spoor om nuwe kultivars na Suid-Afrika te bring. Hy

sê dat daar volgens SANSOR ongeveer 80% van soja-aanplantings

en 70% van koringaanplantings jaarliks met teruggehoue saad

aangeplant word. “Hierdie praktyk verhoed dat nuwe kultivars en

die nuutste tegnologie na Suid-Afrika toe kom, aangesien saad-

maatskappye nie genoegsame waarde vir hul beleggings kry nie.”

Louw verduidelik dat oopbestuifde gewasse soos koring, gars en

sojabone wettiglik ná ‘n oes teruggehou mag word met die doel

om dit weer te plant. “Die genetiese potensiaal van die saad word

geensins geaffekteer nie en dit beteken dat saadmaatskappye net

met die aanvanklike verkoop van die saad voordeel daaruit trek.

Met die voorgestelde tegnologieheffing sal hierdie maatskappye

vergoeding vir hul intellektuele eiendom in die saadbedryf kan

ontvang,” vertel hy.

Volgens SANSOR neem dit saadmaatskappye ongeveer twaalf jaar

en heelwat kapitaalinvestering om ‘n nuwe kultivar mark toe te

bring. Louw vertel dat Monsanto byvoorbeeld sojaboontegnologie

(Roundup Ready 2) ontwikkel het wat opbrengs met tussen

10% en 15% kan verhoog. Hierdie, sowel as Dicamba-verdraagsame

sojabone, is al ‘n geruime tyd op internasionale markte beskikbaar.

“Indien die teling-en-tegnologieheffing goedgekeur word, sal dit

vir maatskappye soos Monsanto lonend genoeg wees om hierdie

nuwe tegnologie ook na Suid-Afrika toe te bring. Die skaal waarop

saad teruggehou word, maak dat dit tans nie moontlik is nie.”

Aanvanklik is ‘n industriekomitee bestaande uit lede van Graan SA,

SANSOR, Agbiz Grain, die Departement van Landbou, Bosbou en

Visserye, die Landbounavorsingsraad (LNR) en die onderskeie

forums saamgestel om hierdie proses aan die gang te kry. Stelsels

en modelle wat in ander lande gebruik word om kultivarontwikkeling

te finansier is ontleed en daar is gevind dat navorsingsheffings met

groot sukses in ‘n aantal ander lande ingesamel word.

Daar is uiteindelik besluit op ‘n eindpunttantiemestelsel (

end point

royalty-program

), waar die produsent ‘n heffing betaal wanneer

gewasse gelewer word. Volgens Louw word ‘n soortgelyke stelsel

reeds sedert 1996 uiters suksesvol in Australië bedryf. “Ons het die

stelsel wel vir Suid-Afrikaanse omstandighede aangepas.”

Hy verduidelik dat ‘n sojaboonprodusent by die leweringspunt/silo

sal rapporteer watter kultivar gebruik is en van watter maatskappy

die saad bekom is. Elke saadmaatskappy sal dan volgens sy

markaandeel vergoed word. Hierdie aandeel sal op grond van

saadverkope, verklarings van lewerings deur produsente en on-

afhanklike opnames, bereken word. Die heffings en vergoeding sal

deur die South African Cultivar and Technology Agency (SACTA)

geadministreer word.

“Só word verseker dat maatskappye hul beste produkte en

tegnologie na Suid-Afrika toe bring. Die stelsel het ten doel om

seker te maak dat die stelsel die maatskappye wat die beste en mees

geplante kultivars in die mark het, vergoed. Hoe meer produsente

hul saad gebruik, hoe groter word hul markaandeel. Dit is dus ‘n

prestasiegedrewe stelsel waarin ‘n saadmaatskappy sal meeding

vir die grootste aandeel. So word die vryemarkstelsel in die bedryf

bevorder en nuwe toetreders getrek,” verduidelik hy.

Die heffing wat vir die boekjaar (1 Maart 2017 tot 28 Februarie 2018)

voorgestel word, is reeds aan die einde van 2016 aan die Nasionale

Landboubemarkingsraad (NLBR) voorgelê. ’n Aanbeveling is aan

die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye oorhandig en die

hoop bestaan dat die statutêre heffing teen Maart goedgekeur en in

werking gestel sal word.

Dieselfde model word nou vir die tweede jaar op die lewering van

gars en koring toegepas. Produsente betaal tans R25/ton vir gars en

koring wat gelewer word. Die voorgestelde tantieme vir sojabone is

R65/ton vir die eerste en R80/ton vir die tweede jaar.

Louw sê die teling-en-tegnologieheffingstelsel kan gebruik word

om kultivarontwikkeling in bykans alle oopbestuifde gewasse te

befonds. Hy sê saadmaatskappye kan met ‘n sojaboonoes van

1 miljoen ton deur middel van die heffing R65 miljoen ontvang

– beslis genoeg rede om in kultivarnavorsing en die lewering van

nuwe tegnologie in Suid-Afrika te belê.

VALERIE CILLIERS,

SA Graan/Grain

medewerker

FOKUS

Saad

Spesiale