

Stroopverliese:
Keer die klein
jakkalsies wat die wingerd verniel
E
en van die belangrikste uitdagings in gewasproduksie in Suid-
Afrika is lae winsgewendheid in die algemeen. Die oorsake
lê opgesluit in kostedruk en variërende produkpryse. Variërende
opbrengste as gevolg van sporadiese droogtes kan tot die oorsake
toegevoeg word. Die tergende vraag is nou watter oplossings
bestaan om dié uitdaging mee aan te pak?
Verhoogde doeltreffendheid van gewasproduksiepraktyke deur
die toepassing van presisieboerdery, waar insette volgens die po
tensiaal van die spesifieke omgewing gevarieer word, asook die
optimale aanwending van ons hulpbronne, soos grond en water, is
een van die oplossings. Verbeterde bemarking van die oes, met ‘n
doelgerigte bemarkingsplan, is ‘n verdere oplossing.
Senwes Grainlink het tot die besef gekom dat fisiese stroopverliese
deur die natter stroop van graan beperk kan word. Fisiese
stroopverliese is een van die spreekwoordelike jakkalsies wat die
wingerd verniel. Dit is wel bekend dat ‘n stroper reg ingestel moet
wees en dat daar teen die regte spoed gestroop moet word om
verliese tot die minimum te beperk.
‘n Navorsingsprojek is die afgelope seisoen in die Senwes-gebied
van stapel gestuur, waar grane teen verskillende vogpersentasies
gestroop is. Die meeste graansilo’s in die somersaaigebied kan
mielies teen 14% vog ontvang en dit stoor sonder om die mielies
kunsmatig te droog. Produsente kan redelik op fisiese verliese
bespaar deur mielies reeds teen 18% te stroop en in die betonsilo’s
te stoor.
Na afloop van die navorsingsprojek wat by produsente onderneem
is, is tot die gevolgtrekking gekom dat ‘n produsent, sou hy op
18% vog begin stroop, gemiddeld 19 dae vroeër kan begin stroop.
Verder kan hy ten minste 4,6% op fisiese en vogverliese bespaar
teenoor wanneer hy op 14% vog begin stroop. Die resultaat behaal
met die afgelope navorsingsprojek vergelyk betreklik goed met
die bevindinge van die American Society of Agricultural Engineers,
wat bevind het dat die fisiese verlies van mielies ongeveer
0,3% per dag beloop vandat mielies in hulle geval op 22% vog
gestroop word.
Volgens hulle berekeninge kan die fisiese verlies tot 16% wees sou
die produsent op 18% teenoor 10% vog stroop. Ons weet dat daar
gewoonlik in die verlede op sowat 14% vog begin stroop is en dat
die vog gewoonlik hier teen die einde van die stroopproses ongeveer
10% was.
In navorsing deur Senwes se Landbouontwikkelingsafdeling ge
durende die negentigerjare is bevind dat die gemiddelde pitverlies
gedurende die stroopproses ongeveer 8% is. Deur op 18% vog te
begin stroop, kan die fisiese verlies tot onder die 4% beperk word.
Daar is verdere ongekwantifiseerde finansiële voordele wat ook
ter sprake is, soos oesreste wat vroeër beskikbaar is, vogbesparing
en ‘n kleiner allelopatiese effek, omdat winteronkruide vroeër
beheer kan word en premies op vroeër-gelewerde mielies in sekere
seisoene benut kan word.
Tabel 1
illustreer dat die besparing as gevolg van die natter
stroop van mielies op ‘n 1 000 ha-plaas teen ‘n opbrengs van
5 t/ha en ‘n mielieprys van R2 500 ongeveer R715 000 kan wees. Sou
die opbrengs op dieselfde plaas 7,5 t/ha wees, kan die besparing
R904 000 beloop.
Om mielies teen 18% vog te ontvang, moet dit eers met deurlug
ting afgedroog word tot ten minste 14%, voordat dit gestoor kan
word. Senwes het ‘n groot kapitaalbestedingsprogram van stapel
gestuur om die silo’s aan te pas sodat natter mielies met deurlugting
afgedroog kan word tot die vereiste 14% voginhoud.
Gevolgtrekking
Die stroop van mielies met ‘n hoër voginhoud kan wesenlike
finansiële voordele vir die mielieprodusent inhou. Senwes Grainlink
kan jou daarin ondersteun. Skakel jou naaste graansilo of graan
bemarkingsadviseur vir meer besonderhede en stel vas of daar nog
kapasiteit beskikbaar is om natter graan te kan ontvang.
35
June 2018
Promosie-artikel
Thys Grobbelaar,
bestuurder: Markanalitiese dienste, Senwes Grainlink
MIELIEPRYS (R/TON)
R1 800
R2 500
R3 000
R3 500
R/ha R/ton R/ha R/ton R/ha R/ton R/ha R/ton
Besparing op massaverlies
4,6% 414,00 82,80
575,00 115,00 690,00 138,00 805,00 161,00
Optel van koppe (besparing)
39,05 7,81
39,05 7,81
39,05
7,81 39,05
7,81
Ekstra koste t.o.v. vervoer van vog
12,42 2,48
12,42 2,48
12,42
2,48 12,42
2,48
Netto resultaat (R/ha en R/ton)
440,63 88,13
601,63 120,33 716,63 143,33 831,63 166,33
Netto resultaat (R/1 000 ha-opper-
vlakte)
440 630,00
601 630,00
716 630,00
831 630,00
Rentebesparing
19 dae
41,00
8,20
41,00
8,20 41,00
8,20 41,00
8,20
Langer stoor @ R0,76/dag
-39,90 -7,98 -39,90 -7,98 -39,90
-7,98 -39,90 -7,98
Ongekwantifiseerde voordele
Bedrag
Aannames:
1. Stropergebruik: 8 x 0,9 m = 7,2 m stroopwydte
Vroeëre beskikbaarheid van oes-
reste
?
2. Oppervlakte onder mielieverbouing: 1 000 hektaar
Vogbesparing – winteronkruide
?
3. Strooptempo: 250 ton gemiddeld per dag
Prysverskil/premies sekere seisoene
?
4. Opbrengste gebruik in berekeninge: 5 t/ha en 7,5 t/ha
Tabel 1: FinansiËle implikasie indien mielies op 18% vog gestroop kan word teen 'n opbrengs van 5 t/ha.