Previous Page  35 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 35 / 84 Next Page
Page Background

alles produkte wat aan die lede (wat as deel van hul lojaliteitspro­

gram geld terug kry) en aan die publiek (wat winste skep waarin

produsentelede deel) verkoop word. Hulle is deursigtig en fokus

daarop om hul handelsnaam uit te brei.

Berry Gardens is nog ‘n voorbeeld van ‘n produsentbeheerde

besigheid. Dit is die eiendom van produsente en hul strategie is

om produsente met oorsese markte te skakel. Hulle het besef dat

naspeurbaarheid belangrik vir produsente is. Hul lidmaatskap sluit in

dat hulle direk met die supermarkte onderhandel en die middelman

uitsny om kostes te bespaar en die ketting korter te maak.

Hulle noem dat supermarkte die vinnigste manier wil vind om die

produk van die plaas na die rak te kry om sodoende deurentyd ‘n

vars produk aan die verbruiker te verskaf. Daarom onderhandel die

partye regstreeks en verhoog dit winste vir albei. Hulle bied aan hul

lede die nuutste tegnologie en kultivars.

Grainco baseer die rede van hul bestaan op die behoefte van

produsente om bedingingsmag te hê en te deel met kundiges wat

bemarking verstaan. Produsente besit Grainco: Die helfte van die

direkteure boer saam op ongeveer 5 000 akker en die res is spesialiste

met ondervinding in landbou. Dit is ‘n suksesvolle besigheid wat ook

ander funksies vir die lede verrig, soos droging, stoor en uitvoere.

Bogenoemde is net ‘n paar suksesvolle produsentbeheerde be­

sighede. Die redes vir hul ontstaan, is:

‘n Hoë konsentrasie van insetverskaffers noodsaak produsen­

te om bedingingsmag te bekom sodat beter pryse beding kan

word.

Verkorting van die aanbodketting en direkte bemarking aan

supermarkte, om sodoende eenheidskoste te verminder en ‘n

vars produk te kan lewer.

Verbeterde tegnologie waarin die hele groep produsente kan

deel. ‘n Groot aantal van hierdie groepe besit saam hul masjine­

rie en dit verbeter hul kontantvloei.

Winsdeling vir lede is dan ‘n bonus, want die produsent koop aan

en ondersteun mekaar.

Die bedryf het oor die afgelope tien jaar verander: Hulpbronne

raak skaarser, tegnologie en verbruikersvoorkeure vereis

konstante vernuwing en innovasie. Groepvorming kan ‘n bydrae

lewer om hierdie struikelblokke te oorkom en volhoubaar te

boer. Wat verder belangrik is, is die opstel van só ‘n groep en die

tipe persone wat die groep suksesvol kan maak.

Ten slotte

Die landbousektor het verander. Produsente sal meer aanpas­

baar moet wees en geleenthede begin raaksien. Party van hierdie

geleenthede gaan struikelblokke hê – en dit is waar elke produsent

moet weet wat sy sterk punte is om sodoende die regte vennoot te

betrek.

Hierdie produsentbeheerde besighede kan lei tot verskeie ander

voordele:

Die produsent behou beheer oor sy grond, sowel as die

produksie en bemarking van sy produk.

Daar is kostebesparing – nie net deur die kundigheid wat gedeel

word nie, maar ook die ekonomie van skaal wat verkry word – in

aankope, bemarking en prosessering.

Die risiko kom nie net op een persoon af nie. Dit maak die

begin en uitbreiding van produsentbeheerde besighede meer

doenbaar.