Previous Page  34 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 34 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2018

32

D

ie landbousektor het al heelwat fases van verandering

deurgegaan: In die verlede het produsente nie regtig

nodig gehad om verder as die plaashek te fokus nie.

Produksie was gefokus op die plaaslike gemeenskap en

bemarking is deur die bemarkingsrade hanteer.

Produsente het ook nie nodig gehad om te onderhandel vir prys

of te kompeteer teen internasionale produsente nie en die woord

“naspeurbaarheid” was nie ‘n vereiste vanaf die koper nie. Dié

omgewing het egter verander en produsente moes vinnig aanpas.

Produsente is nie meer geïsoleer nie. Hul produseer nie net vir

die omliggende gemeenskappe nie – en nog belangriker: Hulle

bedryf nie meer ‘n plaas nie, maar ‘n besigheid.

Om hierdie besigheid te bestuur, verg veelvuldige eienskappe,

bemarking, entrepeneurskap en kundigheid in die bedryf. ‘n

Kombinasie van al hierdie eienskappe is noodsaaklik ten einde

suksesvol te wees. Besighede reg oor die wêreld konsolideer en

daar is verskeie persone wat hulself bemark as spesialiste in die

samesmelting van hierdie besighede.

Hulle stel die struktuur op, kyk na die eienaarskap en hoe die finan­

sies kan werk. Dit is inderdaad ‘n beroep en hierdie persone is in

groot aanvraag. Hoekom? Want besighede besef dat hulle

tekortkominge het, innovering moet toepas en teen ‘n vinnige pas

kan aanpas, anders verloor hulle hul markaandeel.

Die strategie wat dan gevolg word, is om met die besighede wat

in die tekortkominge van ‘n besigheid spesialiseer, saam te smelt.

Saam kan hulle dan die verbruiker tevrede stel en hul markaandeel

vergroot. Sodra dit gebeur, styg volumes, daal eenheidskostes en

styg winste. Die pas van besigheid doen, het so verander dat daar

nie tyd is om die wiel te herontwerp nie: Sodra die venster van

geleentheid oop is, moet dit aangegryp word.

Dit sien ‘n mens elke dag in die boerdery-omgewing. Daar is ver­

skeie geleenthede wat geskep word: Dit kan deur die verbruiker

wees, dit kan deur die natuur wees, of deur tegnologie – om maar

‘n paar te noem. Elke produsent moet weet waarin sy sterk punte lê:

Is dit die ligging van sy plaas, goeie vrugbare grond, waterbronne,

of een van die eienskappe – entrepreneurskap/strateeg/bemarker of

bedryfspesialis?

Dit gebeur selde dat een persoon gelukkig is om alles te hê en te

wees – en dan benodig so ‘n besigheid groot kapitale inspuitings en

werkskapitaal. In sekere tye skep dit geleenthede vir investering vir

persone buite landbou. Hulle wil diversifiseer en werk dan met die

produsent saam.

Nog ‘n voorbeeld is dié van ‘n ingenieur en produsent wat saam

begin plant op steiltes wat die produsent nie gedink het moontlik

is nie, maar geweet het die grond is reg vir ‘n sekere kultivar. Die

ingenieur besit saam aandele en verleen sy kundigheid om hellings,

waterpype en grondwerke te doen.

In sekere areas waar grond skaars is, gebeur dit dat produsente

aandele in boerderye begin koop, want grond is net te skaars. Dit

lei tot nuwe bedrywe wat nie voorheen daar was nie, wat die area

binnekom. Die produsent het die grond, maar nie die kundigheid en

mark vir die kultivar nie.

Produsente besit ook aandele in pakhuise en kan deel in die

kostebesparing en winste daarvan. Daar is nog talle sulke

voorbeelde. Hierdie entiteite waarin produsente begin saamwerk,

word “beheerde besighede” genoem, waar die produsente nog ‘n

wesenlike sê het en in die winste van die besigheid deel.

Vanuit ‘n funksionele oogpunt, werk produsentbeheerde besighede,

want elkeen het sy sterk punte en elkeen wil suksesvol wees.

Die struktuur moet net reg opgestel word en die aanspreeklikheid

vir alle partye moet dieselfde wees.

Produsentbeheerde besighede het verander: Dit is nie net produ­

sente wat in hierdie groepe is nie. Dit is persone met verskeie sterk

punte wat in die landbou ‘n produk of diens lewer. In die Verenigde

Koninkryk (VK) word sulke “saamwerk-entiteite” nog koöperasies

genoem en is dit produsentbeheerde besighede wanneer hulle in

die landbou is en produsente ‘n wesenlike aandeel in die besigheid

het. Hierdie koöperasies het omsette van miljoene ponde.

Veral in die VK het die ledegetalle van koöperasies vanaf 2010 met

16% gegroei. Statistieke toon dat agt uit elke tien koöperasies die

eerste vyf jaar oorleef, teenoor vier uit tien gewone besighede.

Die omset van koöperasies in die VK is ongeveer 37 miljard pond.

As net landboukoöperasies ontleed word, was die omset in 2016

5,8 miljard pond. Daar is 416 landboukoöperasies met 135 000 lede:

Dit beteken die helfte van die VK se produsente behoort aan ‘n

koöperasie.

50% van die top 100 koöperasies in die VK is in die landbousektor,

wat bewys hoe sterk die sektor is. Die groei toon hoe belangrik

hierdie entiteite vir die plaaslike ekonomie is. Twee voorbeelde van

suksesvolle produsentbeheerde besighede in die VK is Mole Valley

Farmers en Berry Gardens.

Praktiese voorbeelde

Mole Valley Farmers is meer as 50 jaar terug gestig as koopgroep om

produsente te ondersteun om bedingingsmag te hê en het al gegroei

en uitgebrei na Skotland en Wallis. Hulle ondersteun produsente om

vir beter pryse te kan beding.

Produsentbeheerde besighede lewer nie net ‘n bydrae met die

produksie, vervoer en bemarking van gewasse nie, maar doen

navorsing in voeding en produksie en veeartse is deel van hul span

kundiges. Hulle ondersteun produsente ook om hul winsgewendheid

op die plaas te verbeter.

Hulle het hul eie reeks skoonmaakmiddels vir melkerye, voer vir

diere, dieremedisyne en ook hul eie troeteldierkosreeks. Dit is

Fokus

Graanwaardeketting

Lize Morris,

SA Graan/Grain

medewerker en 'n Meesterstudent aan Kovsies; artikel in samewerking met Graan SA geskryf

Die belangrikheid van

produsentbeheerde besighede