Previous Page  45 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 45 / 52 Next Page
Page Background

43

December 2018

“Suid-Afrikaanse produsente is nie op hul

eie nie, al voel dit dalk vir hulle so,” sê die

uitvoerende voorsitter van African Rain-

bow Minerals, mnr Patrice Motsepe. Hy het

as gasspreker by Agri SA se jaarkongres

in Pretoria gesê swart én wit produsente

word deur moord en misdaad geraak en dit

wat politici en die regering daaroor te sê

het, maak nie sin nie.

“Vir ons as Suid-Afrikaners het die waar-

heid en dit wat ons in die praktyk ervaar, ’n

wesenlike invloed op die manier waarop ons

dinge sien en of ons moed vir die toekoms

het of nie. Die feite is vanselfsprekend en ek

is nie ten gunste van leë motiveringsbood-

skappe nie,” sê Motsepe.

Motsepe, ’n mynmagnaat wat onder van

die wêreld se rykste mense tel en self ’n

derde-geslag-produsent is, het verder ge-

sê dat ten einde Suid-Afrika se uitdagings

te oorkom moet ons, soos ander sukses-

volle lande in die wêreld, ’n wetlike en

regulerende omgewing skep waarin die

private sektor vertroue het om te belê. Hy

het ook gesê almal in Suid-Afrika sal moet

saamwerk om te verseker dat die gemargi-

naliseerdes en diegene sonder hoop, in die

ekonomie ingesluit word.

“Hierdie land het geen toekoms nie; nie-

mand van ons het ’n toekoms nie; die elite

van hierdie land, wat my insluit, het geen

toekoms as ons nie ’n toekoms van inklu-

siwiteit skep vir diegene wat gemargi-

naliseer en werkloos is nie," het hy gemaan.

“Diegene wat die parlementêre besprekings

oor grondhervorming gesien het, moes

die gevoel van uitsluiting wat sommige van

die deelnemers voel, ervaar het.”

Hy het egter bygevoeg dat enige inisiatief

wat daarop gemik is om die boerderysek-

tor te verander – hetsy privaat of deur die

regering – kommersieel georiënteerd moet

wees.

“Elke produsent, swart en wit, sowel as alle

deelnemers aan die landbou-ekonomie,

moet voel dat die bedryf ’n toekoms het en

dat hulle reg op grond en bates beskerm

sal word. Dit maak nie saak wat politici dink

nie,” aldus Motsepe.

Hy het verder daarop gewys dat die sukses

van swart en wit produsente, sowel as die

breëre landboubesigheidsektor, intrinsiek

aan mekaar gekoppel is en afhanklik is van

alle produsente en beleggers wat vertroue

in die toekoms van die landboubedryf het.

Gevolglik moet die regering en die hele

landbousektor daaraan toegewyd wees om

te verseker dat ons ’n beduidende aantal

swart produsente het wat voordeel uit die

landbousektor trek. Hy het Agri SA geprys

vir sy inisiatiewe om transformasie in dié

verband te bewerkstellig.

“Ek is vol vertroue dat wanneer Suid-Afri-

kaners oor tien jaar weer die groot uitda-

gings wat die land tans in die gesig staar

evalueer, hulle sal praat oor die manier

waarop dit aangespreek is,” het Motsepe

gesê.

Motsepe het afgesluit deur te sê dat geen

politieke party in enige land onbepaald aan

die stuur van sake sal bly as dit nie geleent-

hede en werk vir die gmarginaliseerdes

geskep het nie.

SA-produsente is nie op hul eie

Patrice Motsepe word deur Dan Kriek

bedank vir sy bydrae as gasspreker by

die onlangse Agri SA Kongres.

3: Kongreslede het hul insette oor Agri SA se mandaat ten opsigte van grondhervorming gegee. Hier is Daan Venter van

Vrystaat Landbou aan die woord.

4: Die Agri Securitas Trustfonds maak staat op skenkings ten einde ’n bydrae te lewer tot beveiligingsprojekte in landelike gebiede.

Daar is tydens die kongres weer ruimskoots bygedra tot hierdie organisasie. Japie Grobler (voorsitter, Agri Securitas Trustfonds)

en Gerhard Diedericks (hoof: Santam Landbou).

3

4