Previous Page  40 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 40 / 52 Next Page
Page Background

Desember 2018

38

PERSOONLIKE ONTWIKKELING

kan help om die land te genees

“S

uid-Afrika behoort aan ons

almal en nie net aan diegene

wat in die parlement sit nie.

Neem eienaarskap en maak

’n positiewe verskil in die land,” só het

mnr Francois Strydom, hoof uitvoerende

beampte van die Senwes Groep, produsen-

te uitgedaag tydens die Senwes Jongboer

Toekomsfokusdag.

Die 15de Toekomsfokusdag is op 5 Sep-

tember vanjaar op NAMPO Park buite

Bothaville in samewerking met Graan SA,

Agri NW en Vrystaat Landbou aangebied.

Daar is gefokus op die belangrikheid van

persoonlike ontwikkeling in landbou. Alle

fondse wat met dié dag ingesamel is, is

aan die Jongboerkomitees van Agri NW en

Vrystaat Landbou geskenk.

Word meer en maak

’n verskil

Strydom het gesê Suid-Afrikaners is ge-

neties toegerus om uitdagende tye te oor-

leef. Dit is daarom belangrik om te probeer

om deel van die oplossing te word en nie

in negatiwiteit vasgevang te word nie.

Mnr Jannie de Villiers (HUB van Graan SA)

en dr René Uys (direkteur van Thinking Fu-

sion) se aanbieding het by die tema van

selfontwikkeling aangehaak. “Jong leiers

moet met waagmoed die leiding neem in

die bepaling van die toekoms. As jy leer en

groei en meer word, kan jy ’n groot verskil

maak,” het dr Uys gesê.

Op sy beurt het De Villiers die jongboere

aangemoedig om Suid-Afrika heel te

maak. “Ontwikkel lewensvaardighede om

ons land te genees. Raak betrokke by die

gemeenskap en probeer negatiwiteit om-

skep in positiwiteit – selfs om die braai-

vleisvuur.”

AKTUEEL

LOUISE KUNZ,

SA Graan/Grain

redaksiespan

1: Van links is Waldo van Niekerk en Boet Wilken,

visevoorsitter en voorsitter van Vrystaat Landbou se

Jongboerkomitee onderskeidelik en hul Jongboer van die

Jaar-wenner, Nelius Ferreira, saam met Gideon van Zyl en

Louis Wessels, visevoorsitter en voorsitter van Agri NW se

Jongboerkomitee onderskeidelik en JP van den Berg, dié

organisasie se jongboer-wenner. Hierdie twee organisa-

sies het hul wenners tydens die Toekomsfokusdag bekend

gestel.

2: Jannie de Villiers en dr René Uys bespreek die waarde

van selfontwikkeling.

3: Die paneelbespreking is gefasiliteer deur Emmie

Petersen, direkteur van Peritum Agri Institute. Die pa-

neellede wat hul mening rakende persoonlike ontwikkeling

in landbou met die gaste gedeel het, is Deon Bergh (eienaar

van Diepkuil Boerdery), Thabo van Zyl (direkteur van die

Thuso Holdings en nie-uitvoerende direkteur van Senwes),

Brian Angus (Woodview Wagyu Beef) en Phillip Retief

(Van Loveren Wyne).

1

2

3