Previous Page  47 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 47 / 52 Next Page
Page Background

GRAAN SA

/

SASOL

FOTOKOMPETISIE

#

Lief

Boerdery

Amateurfotograwe het vanjaar die geleentheid om deur hulle unieke

foto’s te wys hoekom hulle so lief is vir boerdery...

#LiefBoerdery

. Is dit die

reuk van nat grond na ’n bui reën of dalk groen koringare wat in die wind

roer wat jou hart vinniger laat klop? Dalk ’n pienk sonsondergang oor

die familieplaas wat aan jou hartsnare pluk? Of wanneer jy na ’n pas-

gebore kalfie kyk of jou seunskind op die trekker dophou wat jou so

#LiefBoerdery

maak?Wys ons jou

#LiefBoerdery

foto’s.

Wen elke maand

Vanaf Januarie 2019 word daar vir twaalf uitgawes ’n wenner deur ’n paneel

beoordelaars aangewys. Elke wenner sal ’n kontantprys van

R1 500

ontvang.

Die twaalf finaliste kom aan die einde van dié jaar in aanmerking vir die groot

pryse:

R15 000 (wenner)

,

R10 000

(naaswenner)

en ’n

derde prys

van

R5 000

– met

komplimente van Sasol.

KOMPETISIEREËLS

1.

Inskrywings moet die tema

#LiefBoerdery

uitbeeld.

2.

Slegs amateurfotograwe (dit wil sê persone wat nie ’n bestaan maak uit die neem van foto’s

nie) mag vir die kompetisie inskryf.

3.

Die fotograaf moet ’n fotobyskrif, asook sy posadres en telefoonnommer/s, saam met die

foto verskaf.

4.

Persone op die foto moet geïdentifiseer word (verskaf noemnaam en van).

5.

Slegs e-posinskrywings sal aanvaar word. Die foto’s mag nie kleiner as 1 MB of groter as

10 MB elk wees nie – in JPG-formaat.

6.

Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde onderwerp handel as foto’s

wat vir ’n ander fotokompetisie ingeskryf is nie. Foto’s wat ingeskryf word, mag ook nie voor-

heen gepubliseer wees nie.

7.

Onaanvaarbare gemanipuleerde foto’s sal nie aanvaar word nie. Onaanvaarbare manipulasie

van foto’s behels in wese die byvoeging van visuele elemente wat aanvanklik nie in die foto

was nie (byvoorbeeld wolke of plantegroei), asook die uithaal van beeldelemente wat die

konteks of tema van die foto verander (byvoorbeeld ’n onooglike en substantiewe beeldele-

ment iewers in die foto). Aanvaarbare manipulasie behels die volgende: Die verandering van

die foto se oorspronklike dimensies (

cropping

– gegewe dat dit nie die konteks of onderwerp

verander nie), verstellings aan onderbeligte of oorbeligte dele (

exposure adjustments

) en

verstellings aan die kleurtemperatuur (die algemene kleurtint van die foto –

colour tempera-

ture correction

). Indien twyfel ontstaan oor die mate van manipulasie, mag die beoordelaars

versoek dat die oorspronklike ongemanipuleerde foto beskikbaar gestel word.

8.

Deelnemers kan ’n maksimum van drie foto’s (waarvan die onderwerpe verskil) per uitgawe

inskryf. Indien meer as drie foto’s ingestuur word, sal die eerste drie foto’s wat ontvang word,

vir die kompetisie in aanmerking geneem word.

9.

’n Deelnemer wat ’n maandwenner is, kan vir die daaropvolgende drie uitgawes nie inskryf nie.

10.

Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur. Inskrywings wat ná die

afsnytyd ontvang word, sal vir die volgende maand se kompetisie ingeskryf word.

11.

Graan SA behou die reg voor om foto’s wat onduidelik is of nie aan die kompetisiereëls

voldoen nie, af te keur.

12.

’n Paneel, wat bestaan uit twee professionele fotograwe asook verteenwoordigers van

SA Graan/Grain

en Sasol, sal die foto’s maandeliks beoordeel.

13.

Alle inskrywings word die eiendom van Graan SA. Die foto’s sal in ’n databank gebêre word en

Graan SA en Sasol mag dit vir toekomstige promosie-, bemarkings- en publikasiedoeleindes

gebruik. Deur in te skryf, stem die deelnemer in daartoe en geen eise van derde partye vir

skending van kopiereg kan ingedien word nie.

14.

Werknemers van Sasol, Graan SA of Infoworks mag nie vir die kompetisie in skryf nie.

6WXXU IRWR·V QD

elmien@infoworks.biz

2QWKRX RP MRX QDDP SRVDGUHV

WHOHIRRQQRPPHU HQ ¶Q E\VNULI YLU GLH IRWR VDDP WH VWXXU

SLUITINGSDATUMs:

-DQXDULH

-DQXDULH

)HEUXDULH

-DQXDULH