Previous Page  41 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 41 / 52 Next Page
Page Background

39

December 2018

Hierdie belangrike belegging onderskryf DowDuPont se voort-

gesette toewyding aan Afrika en gee aan Pannar toegang

tot die nuutste navorsingstegnologieë – tot die voordeel van

produsente.

“Die voortdurende strewe na nuwe geleenthede om opbrengs-

potensiaal te verbeter en te beskerm, is onlosmaaklik gekoppel aan

die toon van insig ten opsigte van ons kliënte se behoeftes – hoe

uniek ook al. Die uitleg van die navorsingsentrums is geskoei op die

spesifieke behoeftes van produsente in elke produksiestreek.

“Delmas se navorsingstegnologiesentrum fokus hoofsaaklik op

die oostelike produksiestreek se navorsingsaktiwiteite en be-

dryf teelprogramme in mielies en sonneblomme. ’n Multige-

wasnavorsingsentrum by Hoogekraal naby Potchefstroom doen

navorsing op verskeie gewasse en fokus op droogtetoleransie vir die

westelike produksiestreke,” aldus Goble.

“’n Satellietnetwerk van strategies-geplaasde navorsingsentrums

en toetspersele dwarsoor Afrika, insluitend ’n patologiesentrum op

Greytown, genereer navorsingsinligting vir die streeksdatabasis en

maak onderlinge samewerking tussen gewasnavorsers moontlik,

optimaliseer hulpbronne en bevorder plaaslike navorsing. Dit ver-

sterk Corteva Agriscience se kundigheid by soortgelyke sentrums in

die VSA, Brasilië, Indië en China en in ander dele regoor die wêreld.

“Die Delmas-Afrika-sentrum spog ook met Afrika se grootste private

insektaria. Hierdie sentrum is van kritieke belang ten einde plaaslike

plae, wat opbrengste mag benadeel en waarvan sommige uniek aan

die kontinent is, effektief te bestuur.

“Voorafgenoemde stelsel en tegnologieë is verantwoordelik vir die

elite-genetika wat die maatskappy met sy geïntegreerde saadaanbod

van konvensionele en geneties-gemodifiseerde eienskappe, saad-

behandelingsopsies, agronomiese advies en verkoopsdiens vir suk-

sesvolle boerderye kombineer.

“Ons is ook betrokke by die ontwikkeling van opkomende boere

en die gemeenskappe waarbinne die maatskappy funksioneer.

Ons is daartoe verbind om ’n betekenisvolle rol in die bevordering

van ’n volhoubare besigheid binne dié nuwe omgewing te speel,

terwyl transformasie aangespreek word. Dit geskied onder andere

deur middel van opleiding en vaardigheidsontwikkeling. Verskeie

borgskappe word dan ook in dié verband toegeken.

“Pannar kan egter nie sy verjaarsdag vier sonder om in die besonder

na ons Suid-Afrikaanse produsente te verwys nie. Sonder hulle

jarelange, lojale ondersteuning en volgehoue toepassing van die

kundigheid tot hul beskikking – dikwels onder uitdagende landbou-

omstandighede – sou Pannar nooit die hoogtes van die afgelope ses

dekades kon bereik nie,” het hy afgesluit.

Saadmaatskappy vier

60STE JAAR

in bedryf

4: JP van den Berg, wat ’n John Deere Ride-on

E110-grassnyer ter waarde van R35 000 gewen het.

Ferdie Pieterse (Senwes) wens hom geluk.

Foto: Senwes

5: Louis van der Westhuizen, wat weggestap het met ’n

Hinterland brandstof-geskenkbewys van R10 000. Saam

met hom is Louis Lingenfelder (Hinterland).

Foto: Senwes

6: Daan Hugo (Certisure), regs, het Giepie Rossouw,

wat ’n R5 000 Certisure-produk losgeslaan het, se prys

oorhandig.

Foto: Senwes

Gelukkige wenners

Verskeie uitstallers het hul produkte vertoon. Produsente kon ook inskryf vir ’n gelukkige trekking deur ’n

inskrywingspaspoort, wat deur die betrokke uitstallers gestempel moes word, te koop.

4

6

5