Previous Page  44 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 44 / 52 Next Page
Page Background

Desember 2018

42

GRONDHERVORMING

die spil van Agri SA Kongres

T

ydens die onlangse Agri SA Kon-

gres in Pretoria het die grond-

hervormingsdebat hoogty gevier.

Aan die vooraand van die kongres het

die herverkose Agri SA-president, mnr Dan

Kriek, gesê dat hierdie ’n waterskeidingstyd

vir Suid-Afrika is.

Daar moet oorweeg word hoe om vinnige

landbouhervorming te verseker, terwyl

belanghebbendes betrek moet word ten

einde aan te dui waarom onteiening sonder

vergoeding teenproduktief vir suksesvol-

le transformasie sal wees. Kriek, wat op

president Cyril Ramaphosa se adviespaneel

oor grondhervorming dien, het voorts gesê

dat georganiseerde landbou gewillig en

in staat is om saam met die regering aan

grondhervorming te werk. Hy het ook ’n

boodskap aan die president gerig, waarin

hy hom versoek het om ’n nasionale

direkteur van openbare vervolging aan te

stel wat misdadigers sonder vrees of guns

sal vervolg.

"Ek het die grootste respek vir ons presi-

dent. Hy is ’n produsent en hy is ’n lid van

Wildlife Ranching SA. Hy is een van ons. Ek

weet, mnr die president, dat jy ’n intieme

kennis van landbou in Suid-Afrika het. Jy

is ’n normale produsent, soos ons. Jy weet

van plaasmoorde en geweld; ek weet dat jy

dit deeglik ken,” het Kriek gesê. “Maar ons

wil hoor dat jy dit sê, want jy is die president

van ons land. Jy is een van ons, jy moet die

leiding neem. Ek weet ook dat jy verstaan

dat ons almal aan kollektiewe trauma ly.”

Agri SA het tydens die kongres toestem-

ming verkry om met sy mandaat ten opsigte

van grondhervorming voort te gaan. Dit

moet strook met die Grondwet, die na-

sionale ontwikkelingsplan ondersteun en

diversiteit binne landbou erken.

AKTUEEL

MARIËTTA CRONJÉ,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Graan SA is tydens die kongres deur

van sy hoofbestuurslede verteenwoor-

dig. Jaco Minnaar (voorsitter van

Graan SA), regs, het ook opgetree as

fasiliteerder tydens die sessie oor hoe

jong produsente en besigheidsmanne

oor die toekoms van landbou in Suid-

Afrika voel. By hom is Anton Botha en

Chris Schoonwinkel (al twee dagbe-

stuurslede van Graan SA).

2: Meer as 200 afgevaardigdes het die

Agri SA Kongres bygewoon. Deon

Venter, Bernard Maree, Jacques

van Rensburg, Jacobus Stroebel

en Stefan Hanekom was ook daar.

1

2