Previous Page  48 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 48 / 52 Next Page
Page Background

Desember 2018

46

AKTUEEL

D

ie statutêre heffing wat deur die

Minister van Landbou, Bosbou

en Visserye op koring en gars,

met ingang van 1 Oktober 2016

ingestel is, is onlangs deur die Minister

na 30 September 2020 verleng. Die doel

van dié heffing is om telers van koring- en

garskultivars te ondersteun.

Daar is deur die bedryf aansoek gedoen

vir die voortsetting van hierdie heffing vir

’n verdere periode van twee jaar, asook om

’n heffing op hawer in te sluit. Die Nasionale

Landboubemarkingsraad het die versoek

vir die voortsetting van die heffings by

die Minister aanbeveel en dit is op

28 September 2018 in die Staatskoerant

gepubliseer.

Die belangrikste besonderhede van die

heffing en heffingstariewe is soos volg:

Omstandighede waaronder

die voorgestelde heffing

betaalbaar sal wees

Hierdie heffing sal van toepassing wees op

koring, gars en hawer wat in Suid-Afrika

geproduseer is en:

A. Wat deur of namens die produsent

daarvan verkoop word;

B. wat deur of ten behoewe van die

produsent daarvan verwerk of om-

geskakel word tot ’n koring-, gars-,

of hawerproduk indien die verwerkte

produkte bestem is om van die hand

gesit te word;

C. ten opsigte waarvan ’n silosertifikaat

uitgereik is, indien die heffing ten

opsigte van sodanige graan nog nie in

terme van paragraaf A of B hierbo betaal

is nie; en

D. wat uitgevoer word uit Suid-Afrika,

indien die heffing ten opsigte van so-

danige graan nog nie ingevolge para-

graaf A, B of C betaal is nie.

Onder alle omstandighede soos hierbo

genoem, sal die heffing betaalbaar wees.

Dit sal ook van toepassing wees op so-

danige handelinge met die koring, gars en

hawer, ongeag die graad daarvan of die doel

waarvoor dit aangewend word.

Persone deur wie die

heffing betaalbaar sal

wees

In terme van die regulasie sal die heffing

deur die volgende persone betaalbaar wees:

Deur die koper van die koring, gars

en hawer in die geval van paragraaf A

hierbo;

deur die verwerker of omskakelaar van

die koring, gars en hawer in die geval

van paragraaf B hierbo;

In die geval van paragraaf C hierbo deur

die uitreiker van die silosertifikaat;

deur die uitvoerder van die koring, gars

en hawer in die geval van paragraaf D.

Bedrag van die heffing

Die bedrag van die heffing vir koring, gars

en hawer is R30/metrieke ton (BTW

uitgesluit) vir die twee jaar-tydperk tot

30 September 2020.

Verhaling van heffing

In terme van die voorgestelde regulasie kan

die heffing deur die koper van die koring,

gars en hawer, in die geval van paragraaf

A, van die koopprys wat aan die produsent

betaal word, afgetrek word.

Die heffing wat betaalbaar is deur die

verwerker of omskakelaar van koring, gars

en hawer, in die geval van paragraaf B,

kan van die produsent van sodanige graan

verhaal word.

Die heffing wat betaalbaar is deur die

uitreiker van ’n silosertifikaat ten opsigte

van koring, gars en hawer, in die geval

van paragraaf C, kan verhaal word van die

persoon aan wie sodanige silosertifikaat

uitgereik word.

In die geval van paragraaf D sal die

uitvoerder van die koring, gars en hawer

aanspreeklik wees vir die betaling van die

heffing.

Betaling van heffing

In terme van die regulasie sal die heffing

betaalbaar wees nie later nie as die laaste

dag van die maand wat volg op die maand

waarin die graan verkoop, verwerk of

omgeskakel, uitgevoer of ’n silosertifikaat

daarvoor uitgereik is.

Betaling van die heffing moet gedoen word

aan:

SA Cultivar and Technology Agency NPC

(SACTA)

Posbus 74626

Lynnwood Ridge

0040

Inligting wat verskaf

moet word

Alle geaffekteerde partye word versoek

om die telers wie se variëteite van produ-

sente aangekoop, of namens produsente

verwerk of omgeskakel word, of ten opsigte

waarvan ’n silosertifikaat uitgereik is, te

identifiseer, onder andere by wyse van

verklarings van die produsente betrokke of

deur die fisiese identifisering van variëteite.

Die doel met sodanige identifisering

van variëteite is om die betrokkenheid

van die verskillende telers van koring-,

gars-, en hawervariëteite in die mark te

bepaal en sodoende die telers pro rata

volgens hul onderskeie markaandele uit

die heffingsfondse wat gevorder word, te

vergoed.

Dit sal as stimulering dien vir die

bekendstelling van nuwe telingstegnologie

in die land ten einde produktiwiteit in die

wintergraanbedryf te verbeter.

Navrae

Navrae kan gerig word aan L&L Land-

boudienste, die administrateurs van SACTA,

by 012 807 3958 of direk aan die senior

heffingsinspekteur, mnr Awie Coetzee, by

082 818 9620 of

awie@llagric.co.za

.

LEON DU PLESSIS,

L&L Landboudienste