Previous Page  49 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 49 / 52 Next Page
Page Background

47

December 2018

LUUKSE 4X4ǧBAKKIE

Padindrukke: Isuzu KB 300 LX D-Teq 4x4-dubbelkajuit

i

suzu se KB 300 LX D-Teq 4x4-dubbelkajuit is die top

4x4-dubbelkajuitmodel in Isuzu se bakkiereeks. Die vyfde

geslag van die huidige reeks is nou in Suid-Afrika beskikbaar,

wat bevestig dat Isuzu ’n gevestigde rolspeler in die Suid-

Afrikaanse bakkiemark is – al van 1968 af om presies te wees.

Hierdie bakkiereeks bied ’n keuse van drie turboaangedrewe die-

selenjins, twee ratkaste en drie bakvorms, naamlik ’n enkelkajuit,

een-en-’n-halwe kajuit (verlengde kajuit of

extended cab

) en

personeel- of dubbelkajuit (

crew cab

). Die afwerkingsvlakke waaruit

voornemende kopers kan kies, is die basiese model, die Fleetside

(enkelkajuit), die Hi-Rider (verlengde kajuit en dubbelkajuit), LE,

X-Rider en LX.

Diegene wat al ’n pad met vorige geslagte Isuzu KB-dieselmodelle

gestap het, sal weet dat dié bakkies uiters geskik was vir harde werk.

Hierdie nuwe model is steeds ’n werker, maar bied ook ’n wyer reeks

geriefs- en hoogstaande motortegnologie-items – veral in luukser

modelle om enige ander beskikbare bakkiereeks in Suid-Afrika

punt-vir-punt aan te durf.

Die KB 300 LX D-Teq LX 4x4-dubbelkajuit het ’n chroomsierrooster

en allooiwiele met 255/60R18-bande as standaardtoerusting. Aan-

gesien vele eienaars sekerlik woon- of sleepwaens met hul bakkies

sleep, is ’n trekstang ’n welkome standaardkenmerk. Dit beklemtoon

ook die hele reeks se sleepvermoë van 3,5 ton.

Binnekant is die 300 LX uitstekend toegerus en is daar selfs ’n paar

kenmerke wat eienaars van sommige mededingers sal verras.

Anders as die 4x2-modelle is die 4x4-dubbelkajuit met leerbekleedsel

toegerus – iets wat sommige mededingers se vlagskipmodelle nie

eens het nie.

Die veelfunksiestuurwiel is ook met leer oorgetrek en die skerm van

die inligting-en-vermaakstelsel is nie besonder groot nie, maar dit

is nie ’n groot hindernis nie. Dié stelsel bevat satellietnavigasie, ’n

trukamera en ’n klankstelsel met Bluetooth-verbinding.

Isuzu se nuwe klimaatbeheerstelsel werk uitstekend en die kon-

troles is besonder maklik om te gebruik. LX-modelle het as

standaardtoerusting ’n ritrekenaar, wat inligting soos onmiddellike-

en gemiddelde brandstofverbruik, asook die afstand wat nog met

die brandstof in die tenk afgelê kan word, verskaf. Aan die punte van

die twee beheerstokkies aan die stuurkolom is daar knoppies wat

gedruk word om toegang tot die inligting in die ritrekenaar te verkry.

Dit werk beter as dié van enige van sy mededingers.

’n Groot verrassing met die toets van die voertuig was dat ’n vyf-

gangratkas steeds vir die handratmodelle gebruik word. Die ge-

wildheid van outomatiese ratkaste in hierdie tipe bakkies is besig

om toe te neem, maar daar is steeds ’n plek vir bakkies met hand-

ratkaste, aangesien nie almal van outomatiese ratkaste hou nie.

Mense koop nie 4x4-bakkies om snelwedrenne te wen nie en

daarom is snelheid nie so belangrik nie, maar die KB 300 LX kan die

nasionale snelheidsperk van 120 km/h met gemak handhaaf – en as

dit moet, tot selfs op 140 km/h wikkel.

Ratwisseling is maklik en die koppelaar is nie te swaar nie. Vibrasie

op die rathefboom, wat ’n kenmerk van die vorige modelle was, is in

hierdie reeks byna in geheel uitgeskakel. Die toetsmodel is toegerus

met ’n 3 liter, turboaangedrewe dieselenjin, wat ’n kraglewering van

130 kW teen 3 600 opm opwek en ’n wringkrag van 380 Nm tussen

1 800 opm en 2 800 opm lewer. Gemiddeld was die brandstofver-

bruik 9,5 liter/100 km – wat ’n tenkafstand van net meer as

800 km met ’n brandstoftenk van 80 liter moontlik maak.

Mededingers

Jy moet R580 100 vir Isuzu se KB 300 LX D-Teq LX 4x4-dubbel-

kajuit uithaal, wat ’n waarborg van vyf jaar of 120 000 km en ’n

diensplan van vyf jaar of 90 000 km insluit. Die Toyota Hilux-model

wat met die 300 LX meeding, is die Toyota Hilux 2,8 GD-6 Raider

4x4, wat R587 600 kos. Nog ’n gunsteling onder bakkieliefhebbers

is die Ford Ranger. Ford se Ford Ranger 3,2 XLT dubbelkajuit

4x4 kos R610 500. Mitsubishi se Triton 2,4 Di-D 4x4 kos R539 995.

Die Nissan Navara 2,3 LE met vierwielaandrywing en ’n handratkas,

kos R596 500.

Isuzu Motors Suid-Afrika (IMSA) het ook nou ’n finansieringsplan

bekendgestel, wat eienaars in staat stel om hul voertuie na drie

jaar te vervang, terug te gee of te behou. Deur die jare het die KB-

reeks hulself egter bewys as voertuie wat, indien hulle

reg onderhou word, tot honderde duisende kilometer

(in sommige gevalle selfs ’n miljoen kilometer) in

staat is. Daar is min bakkies wat so ’n goeie balans

tussen ’n werkesel en ’n ontspanningsvoertuig

handhaaf.

Die Isuzu KB 300 LX D-Teq 4x4-dubbelkajuit is die top

4x4-dubbelkajuitmodel in die Isuzu bakkiereeks.

WIELE

vir die plaas

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde