Previous Page  35 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 35 / 52 Next Page
Page Background

33

December 2018

Die punte gee steeds ’n groter druppel-

spektrum, maar lewer ook beter bedekking.

Dubbeluitlaattipe spuitpunte

Hierdie spuitpunte is uiters voordelig vir

situasies waar penetrasie binne die teiken-

area ’n uitdaging en belangrik is. Die nadeel

van hierdie spuitpunte is die grootte van

die spuitopeninge. ’n Dubbeluitlaatspuitpunt

van 04-grootte (byvoorbeeld 8004) be-

staan in wese uit ’n spuitpunt met twee

openinge van 02-grootte, wat derhalwe

dieselfde volumevloei as ’n 04-enkelspuit-

punt lewer.

Dít kan ’n uitdaging by laer volume-

toedienings word, omdat dit maklik kan

verstop.

Kleur van die spuitpunte

Hierdie is ’n belangrike aspek wat reg ver-

staan moet word. Al die spuitpunte in Ta-

bel 1 en

Tabel 2

is rooi, maar daar is

duidelik verskillende tipes spuitpunte.

Die kleur van die spuitpunt verwys na die

volume lewering per minuut teen 40 PSI

(2,8 bar)-spuitdruk, soos volgens die

ISO 10625 standaard vasgestel.

Al die spuitpunte wat daarom dieselfde

volume lewering gee, sal dieselfde kleur hê.

Maak seker dat die regte spuitpunte vir die

regte volume gekies word.

Maak seker dat alle spuitpunte op die balk

dieselfde kode het.

Kegel-tipe spuitpatrone

Die gebruik van spuitpunte met kegel-tipe

spuitpatrone (byvoorbeeld holkegel [

hollow

cone

]) op die spuitbalk word nie aanbeveel

vir algehele breedwerpige toediening nie.

Die aard van ’n kegelspuitpatroon maak dat

oorvleueling en ’n eweredige bedekking nie

optimaal geskied nie. Platwaaierspuitpunte

met die dubbeluitlaatopeninge bied die-

selfde “multidimensionele” voordeel aan die

spuitpatroon wat bedekking en penetrasie

binne-in die gewas bevorder.

Polswydte modulasie (

pulse

width modulation – PWM

)-

spuitstelsels en luginduksie-

spuitpunte

Dit is belangrik om te weet dat luginduksie-/

venturi-spuitpunte nie saam met PWM-

spuittegnologie aanbeveel word nie. Hierdie

tegnologie benodig ’n konstante negatiewe

druk by die spuitpunt se lugopening, iets

wat deur die PWM-meganisme uitgekan-

selleer word.

Band- of gerigte bespuiting

Waar toediening net bo-oor die plantry

(grond of gewas) of rye geskied met ’n

onbespuite area tussenin, word ander tipes

spuitpunte benodig.

SPUITPUNT

VOORBEELD

SPUITDRUK EN DRUPPEL-

SPEKTRUM*

OPMERKINGS EN

AANBEVOLE GEBRUIKE

Platwaaier (eweredig) – enkel

Platwaaier (eweredig)

– dubbeluitlaat

2 - 4 bar

Fyn tot grof

Kontak-aksie-insek-, onkruid-

of swamdoders.

Luginduksie – eweredig

2 - 8 bar

Groot tot ultragroot

Voor-opkomsonkruiddoders.

Sistemiese insek-, onkruid- of

swamdoders.

Tradisionele holkegel

3 - 7 bar

Fyn tot baie fyn

Kontak-aksie-insek- of swam-

doders.

Multi-spuitpunt, gerigte toe-

diening bo-oor gewasrye.

Luginduksie-holkegel

4 - 12 bar

Groot tot ultragroot

Sistemiese insek-, onkruid- of

swamdoders.

* Growwer druppels teen laer druk, fyner teen hoër druk

Foto’s: TeeJet Technologies

TABEL 2: TOEPASSINGS VIR BANDTOEDIENING OOR DIE PLANTRY- OF GERIGTE SPUITPUNTE.