Previous Page  36 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 36 / 52 Next Page
Page Background

Desember 2018

34

Laat aanplanting van grondbone:

’n Opsie of ’n waagstuk?

D

ie weer speel ’n groot rol in die bepaling van die plantda-

tum van grondbone. As daar nie vog is nie, kan daar nie ge-

plant word nie.

In die afgelope paar jare het die somerreën sy opwagting ál later in

die seisoen gemaak. Dit is juis om dié rede dat produsente al hoe

later plant – veral in Desembermaand en selfs nog later.

Daar is tans nie ’n kortgroeiseisoengrondboonkultivar beskikbaar

nie. Die plantdatum vir grondbone is nog altyd vanaf 26 Oktober vir

gebiede in die noorde van die land, tot nie later nie as 5 Desember vir

die res van die land se aanplantings.

Die optimale tyd van aanplanting lê tussen 10 November tot

22 November. Gedurende hierdie tyd kan die produsent daarvan

seker wees dat die groeitydperk beskikbaar voldoende vir die

ontwikkeling van ’n oes sal wees en dat daar uit die gevaartydperk

van laat reën in Maartmaand beweeg word – om skade op geoeste

grondbone te voorkom.

Dit is egter wanneer daar uit dié planttydperk beweeg word dat

produsente met uitdagings rakende swak opbrengste, sowel as swak

graderings, gekonfronteer word. Die swak graderings is die resultaat

van die feit dat daar te min tyd vir die gewas oor is om volwasse

peule te vorm.

Wetenskaplikes het bevind dat indien aanplantings ná 15 Desem-

ber gemaak word, die opbrengste met meer as ’n ton verlaag word.

Sodra die som gemaak word, waar die potensiële opbrengs van die

beplande land in ag geneem word en daardie 1 ton-verlies afgetrek

word, kan ’n gevaarlike situasie ontbloot word. Produksiekoste is

aan die styg en daarom kan produsente nie meer bekostig om

kanse te waag wat op die ou end tot ontnugtering gaan lei nie.

Dit is raadsaam om gewasse binne bepaalde planttye aan te plant,

aangesien daar jarelange navorsing gedoen is om inligting te bekom

wat tot voordeel van alle produsente strek. Wees wys en plant

betyds.

OP PLAASVLAK

Grondbone / Aanplantdatum

Bestuurspraktyke

LOUREINE MULLER,

grondboonagronoom, Triotrade

Die plantdatum vir

grondbone is nog

altyd vanaf

26 Oktober vir

gebiede in die noorde

van die land, tot nie

later nie as

5 Desember...

Platwaaierpunte kan gebruik word, maar

die belangrikste verskil is dat dit ’n soge-

naamde eweredige (

even

) tipe spuitpunt

moet wees, waar die spuitpatroon dieselfde

volume lewering dwarsoor die spuitpatroon

gee (sien spuitpatroon van eweredige waaier

(

even fan

)-spuitpunt in Tabel 2 (op bladsy 33).

In ’n groot aantal gevalle sal die letter “E”

as deel van die spuitpuntkode op die

spuitpunt voorkom. Dit is belangrik dat

hierdie eweredige tipe spuitpunte nie op

spuitbalke wat algeheel-breedwerpig spuit,

gebruik word nie.

Ongelukkig is daar nie ’n enkele

silver bullet

-

tipe spuitpunt wat vir alle bespuitingscena-

rio’s ewe doeltreffend gebruik kan word nie.

Die produsent se belegging in chemikalieë

kan ongedaan gemaak word deur die

gebruik van verkeerde spuitpunte.

Volg die riglyne op die etiket wat water-

volumes betref. Indien van moderne spuit-

toerusting teen verlaagde watervolumes

gebruik gemaak word, is dit belangrik dat

die regte spuitpunt, wat nie te min en te

groot druppels teen normale spuitdruk sal

produseer nie, gekies word.

Na-opkomsonkruidbeheer in die vroeë

somer mag die gebruik van hoër water-

volumes vereis. Dit vereis ’n spuitpunt

met ’n groter opening eerder as wat die

druk verhoog word – wat dan juis kleiner

druppels sal realiseer.

Vir die doel van die artikel is hoofsaaklik foto’s van TeeJet-spuitpunte gebruik. Dit beteken nie dat hierdie fabrikaat

bo ander aanbeveel word nie. Daar is ander betroubare fabrikate met soortgelyke tipe spuitpunte wat ook geskik sal

wees vir die tipes toepassings wat hier bespreek is.

Kies

die korrekte SPUITPUNT