Previous Page  30 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 30 / 52 Next Page
Page Background

Desember 2018

28

Mik vir HOËR PROTEÏEN-sojabone

S

ojaboonproduksie in Suid-Afrika het gedurende die afge-

lope aantal jare deur ’n hele paar stroomversnellings

gegaan. Vanaf die wyer bekendstelling van die gewas

tot die huidige rekordproduksie van 1,55 miljoen ton,

het ’n groot aantal produsente, maatskappye, Graan SA en die

Proteïennavorsingstigting grootse pogings ingesit om hierdie

mylpaal te bereik.

Met die sojaboontonnemaat nou op koers, word al hoe meer

klem geplaas op die kwaliteit van sojabone. Hierin speel proteïen-

en olie-inhoud ’n groot rol. Die vraag is dus: Wat beïnvloed hierdie

kwaliteitseienskappe en tot watter mate kan die produsent dit

beheer?

Vir die doel van hierdie artikel sal slegs op proteïenvlakke

gekonsentreer word. In die algemeen kan gesê word dat waar

proteïenvlakke styg, die oliepersentasie in die graan daal. Hou

egter altyd in gedagte dat die waarde van sojaboonpitte geleë is in

’n kombinasie van proteïen en olie – met opbrengs as belangrikste

komponent.

Kultivarkeuse

Delf jy deur internasionale literatuur, is dit duidelik dat daar groot

verskille in die proteïeninhoud van sojaboonsaad is. Wil jy egter

wyd aangepaste kultivars hê wat algemeen geproduseer word, vind

jy min kandidate waarvan die proteïeninhoud en opbrengs hoog is.

Die eienskappe van Suid-Afrikaanse kommersieel-beskikbare

kultivars is van des te meer belang. In hierdie verband is die jaarliks-

gepubliseerde inligting van die Nasionale Sojaboonkultivarproewe,

wat deur die Landbounavorsingsraad (LNR) uitgevoer word, van

groot waarde.

In dié verslag word ruproteïenpersentasies vir ’n groot aantal

kultivars oor vele produksiegebiede aangegee. In die 2017/2018-

produksieseisoen is ruproteïenpersentasies van 35 kultivars op

18 lokaliteite in ’n verslag saamgevat.

Die inligting word verder ingedeel in koel, matige en warm gebiede.

Die ontledingsmetode wat deur die LNR gebruik word, sal nie

noodwendig dieselfde wees as data van ander laboratoriums nie.

Wat wel van belang is, is die relatiewe waardes van die verskillen-

de gebiede.

Met die oog daarop om nie verstrengel te raak in massas data nie,

is slegs die gemiddelde ruproteïenpersentasie van die kultivar oor

al die lokaliteite in die koel gebiede heen as eerste uitgangspunt

met mekaar vergelyk. Hierdie inligting dui aan dat die gemiddelde

ruproteïenpersentasie vir al 35 kultivars in die koel gebiede 32,85%

is. Belangriker nog is dat die variasie tussen kultivars tussen

34,34% (hoogste persentasie) en 31,21% (laagste inhoud) wissel.

Met die gebruik van dieselfde metode is die resultate in die ge-

matigde gebiede soos volg: Die gemiddelde ruproteïen is 34,88%

met hoogste ruproteïengemiddeld 35,71% en die laagste 34,21%.

Warm gebiede het ’n 36,45% ruproteïengemiddeld, met variasie van

tussen 37,58% en 35,78%.

Die resultate dui op ’n duidelike toename in die proteïenpersentasie

van die sojaboonsaad soos temperatuur toeneem. Selfs binne

die verskillende produksiegebiede sal die warmer lokaliteite ’n

hoër proteïenpersentasie hê. Hierdie tendens is in oorstemming

met buitelandse bevindings: Proteïenvlakke in saad styg soos

lugtemperature tydens die graanvulperiode toeneem. Sou vog egter

gedurende hierdie periode beperk wees, sal beide opbrengs en olie-

inhoud daal.

Inligting soos vervat in buitelandsgepubliseerde publikasies dui

daarop dat 25°C tot 28°C optimaal vir die produksie van olie is;

daarna verhoog die proteïeninhoud feitlik liniêr. Tog is dit nie duide-

lik waar temperatuur se positiewe invloed afneem nie.

Wat nog meer duister is, is wat die langtermyninvloed van ekstreme

temperature vir ’n beperkte tydperk is – soos dié temperature wat

gedurende die afgelope seisoen voorgekom het.

Die omgewing se invloed

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat omgewingsfaktore ’n

dominante rol speel. Droogte het ’n beduidende uitwerking op

opbrengs. Gebrek aan vog tydens die blomperiode sal blomme

laat afval. Minder peule sal vorm en die hoeveelheid saad per peul

sal daal.

In die hele proses sal die proteïeninhoud van die saad styg en olie

daal. Dit is interessant dat die peule van die boonste helfte van die

plant sade het wat ’n hoër olie-inhoud besit en laer in proteïen is

as die onderste helfte. Droogte sal hierdie verhouding uiteraard

ook beïnvloed.

Produksiepraktyke

Met al die produksiepraktyke wat verband hou met proteïenop-

brengs, is stikstofbinding deur middel van behoorlike produksie-

OP PLAASVLAK

Proteïen- en olie-inhoud / Omgewingsinvloed

Bestuurspraktyke

DR JAN DREYER,

namens die Proteïennavorsingstigting

Proteïenvlakke in

saad styg soos

lugtemperature

tydens die

graanvulperiode

toeneem.