Previous Page  31 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 31 / 52 Next Page
Page Background

29

December 2018

praktyke die belangrikste. Dit is trouens ook van die min

aspekte wat ’n produsent kan beheer met die oog daarop om die

proteïenpersentasie van sojabone te verhoog. Hou in gedagte dat

stikstof die vernaamste bousteen van proteïene in saad is.

Ten einde optimale stikstofvoorsiening aan die sojaboonplant te

verseker, moet ’n produsent seker maak dat voedingstowwe ’n pH

(KCl) van hoër as 5,2 het en verkieslik neutraal is. Die praktyk om

sojabone sonder kunsmis te plant, met die veronderstelling dat

die vorige gewas (meestal mielies) genoeg reserwes in die grond

laat vir optimale produksie, is nie aan te beveel nie.

Daar is genoeg aanduidings dat waar voldoende fosfor (P) en mo-

libdeen (Mo) voorsien word, proteïenvlakke in die saad sal styg – so

ook die opbrengs.

Die ent van sojaboonsaad moet doeltreffend uitgevoer word – met

genoeg entstof op die saad of in die onmiddellike omgewing van die

saad (ent in saadvoor). Waar sojabone vir die eerste keer gevestig

word, behoort enting op die saad en in die voor gedoen te word.

Onthou dat stikstof die belangrikste bousteen van proteïen is en

dat die simbiose tussen die bakterieë (

Bradyrhizobium japonicum

)

en die sojaboonplant in staat moet wees om nagenoeg 70 kg

stikstof (N) per ton graan geproduseer, te bind. ’n Oormaat stikstof in

die grond sal die bakterieë se vermoë om stikstof te bind beperk of

vernietig. Die grootste gedeelte van die stikstof sal dan direk uit die

grond opgeneem moet word.

Droogte, lae grondtemperature aan die begin van die seisoen en

té lae grondtemperature in die groeiseisoen kan binding beperk,

wat opbrengs uiters nadelig sal affekteer. In ’n groot aantal gevalle

sal laer opbrengs die proteïenpersentasie opjaag – ten koste van

olieproduksie en totale graanopbrengs.

Volgens die wêreldrekordhouer in sojaboonopbrengs, mnr Randy

Dowdy, verdien kalium (K) ook spesiale vermelding. Sy eie waar-

nemings op die plaas stel die vereiste kaliumverbruik op heel-

wat meer as die 20 kg K-onttrekking per ton graan wat plaaslik

aanbeveel word. Beperkte hoeveelhede van hierdie voedingstof sal

stikstofbinding nadelig affekteer, omdat dit die algemene groei en

ontwikkeling van die sojaboon raak.

Beperkings op enige voedingselement sal groei beperk, stik-

stofbinding kniehalter en opbrengs nadelig raak. Veral swael

verdien aandag omdat dit ’n belangrike boustof van proteïene is. Die

onttrekkingsyfers van hierdie element wissel aansienlik en kan so

hoog soos 6 kg/ton graan wees.

As algemene boustene vir ’n gesonde plant behoort gesonde

vlakke van kalsium, magnesium en sink veral aandag te kry. Met die

oog hierop is gereelde grondmonsters noodsaaklik – en waar van

toepassing blaarmonsters, ten einde moontlike tekorte aan te vul.

Slotsom

Kies die beste kultivars vir jou omgewing en versprei die risiko

deur meer as een groeiseisoenlengte, wat steeds in jou gebied

aangepas is, te kies.

Kry die grondvrugbaarheid so na as moontlik aan ideaal.

Bestry onkruide vroeg – verkieslik moet voor plant begin word.

Op dié wyse kry die sojaboon die beste kans om optimaal te

groei en stikstof optimaal te bind.

Maak seker dat rywydtes, plantpopulasie en veral egaligheid

van stand en plantdiepte optimaal is. Verseker ook dat stroop-

kapasiteit voldoende is wanneer sojabone ryp is.

Maak seker dat al die verbouingspraktyke so effektief as moontlik

uitgevoer is, dan sal die sojaboon sorg dat die hoogste opbrengs

en die beste kwaliteit geproduseer word.

Maak seker dat die verbouingspraktyke optimaal is ten einde die beste kwaliteit te verseker.