Previous Page  33 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 33 / 52 Next Page
Page Background

Kies

die korrekte SPUITPUNT

D

ie gebruik van landbouchemiese

middels bly een van die belang-

rikste aspekte van gewasproduk-

sie. Ten spyte van die navorsing

en kwaliteitsbeheer met die vervaardiging

van landbouchemiese middels, word die

registrasiehouers van hierdie produkte jaar-

liks deur produsente gekonfronteer met

klagtes soos: Jou gif het nie gewerk nie...

’n Verdere probleem is die wegdrywing

van plaagdoders na nie-teiken areas.

Hoewel ’n groot komponent hiervan deur

die lug toegedien word, vind daar ook al

hoe meer drywingskade as gevolg van

grondtoediening plaas.

Die toenemende gebruik van hoogs teg-

nologiese hoogloopspuite het, ironies ge-

noeg, tot ’n groot toename in klagtes van

oneffektiewe plaagbeheer aanleiding ge-

gee. Dit dui aan dat hierdie tegnologie nie

altyd korrek aangewend word nie.

Een van die groot uitdagings wat deur

landbouchemiese maatskappye geïden-

tifiseer is, is die feit dat verkeerde spuit-

punte op die stelsels, of alternatiewelik

dat die korrekte spuitpunte teen verkeerde

parameters (byvoorbeeld spuitdruk) ge-

bruik is. Die beste plaagdoder sal slegs so

goed werk as wat dit toegedien word en die

gebruik van die korrekte spuitpunt vir die

tipe toediening speel ’n kardinale rol daarin.

Dit is belangrik om te weet dat die teiken

en situasie die toedieningsvereistes – en

daarom keuse van spuitpunte – voorskryf.

Die feit dat ’n moderne hoogloopspuit

produkte teen ongeveer 30 km/uur en ’n

spuitmengselvolume van 50 liter/ha kan

toedien, beteken nie dat dit noodwendig so

toegedien moet word nie.

Keuse van spuitpunte

Faktore wat die keuse van spuitpunte be-

paal, sluit in:

Aard van toediening: Algeheel-breed-

werpig of bandtoediening oor die

plantry?

Aksie van die produk – sistemies of

kontak? Kontak-aksie vereis as ’n reël

meer bedekking (meer druppels per

cm²). In geval van tenkmengsels moet

kontak-aksieprodukte as die bepalende

faktor gesien word.

Aard van die teiken: Hoe krities is

penetrasie binne die gewas en hoe

maklik sal dit bereik kan word?

Is beperking van druppelwegdrywing

van kardinale belang?

Algeheel-breedwerpige

toediening

Die spuitpunt wat deur jare heen as effek-

tiewe spuitpunt vir algehele toediening

uitgewys is, bly steeds dié wat ’n plat-

waaier (

flat fan

)-spuitpatroon lewer. Daar

is egter deesdae verskeie tipes van hier-

die spuitpunte op die mark (met nuwe

ingeboude tegnologie). Dit is derhalwe be-

langrik dat die regte keuse gemaak word.

Twee nuttige ontwikkelings in dié verband

is die sogenaamde dubbeluitlaatplatwaaier

(

twin fan

), waar een spuitpunt in twee

rigtings uitspuit – wat veral penetrasie

binne-in die gewas bevoordeel. Die tweede

is luginduksie/venturi (

air induction

)-spuit-

punte, waar lug in die spuitpunt ingetrek

word en met die spuitmengsel meng en

groter druppels lewer – wat ’n bydrae lewer

om wegdrywing te verminder.

Die optimale aanwendings van verskillende

tipes platwaaierspuitpunte vir algeheel-

breedwerpige toediening word in

Tabel 1

(

op bladsy 32) opgesom.

Belangrike opmerkings met betrekking tot

spuitpunte vir algeheel-breedwerpige toe-

diening:

Hoogte bo die teikenarea en

oorvleueling

Aangesien platwaaierspuitpunte minder

volume op die kante van die spuitpatroon

lewer, is dit belangrik dat naasliggende

spuitpunte se spuitpatrone met 40% tot

50% sal oorvleuel ten einde ’n eweredige

bedekkingspatroon te verskaf.

Die hoogte hang tot ’n groot mate van die

spuithoek, wat die betrokke spuitpunte

lewer, af. Vir ’n spuitbalk met 50 cm-

spasiëring word ’n 50 cm-hoogte vir

110°-spuitpunte en 75 cm-hoogte vir

80°-spuitpunte gewoonlik benodig.

Daar moet beklemtoon word dat hierdie

spuithoogtes steeds by hoogloopspuite

van toepassing bly. Indien die spuitbalk

byvoorbeeld op 1,5 m bo die teikenarea

loop, word verkeerde oorvleueling op die

teikenarea verkry.

Dwarsmontering

Naasliggende platwaaierspuitpunte moet

ongeveer 10° dwars op die balk gemonteer

word, sodat die spuitpunte nie in mekaar

vas spuit nie.

Luginduksiespuitpunte

– druppelgrootte versus

spuitvolume

Soos in Tabel 1 aangedui, lewer lug-

induksiespuitpunte ’n groot tot ultragroot

(

coarse to ultra coarse

) druppelspek-

trum – veral by die Turbo TeeJet-lugin-

duksiespuitpunte. Die gebruik van lae

watervolumes met hierdié tipe spuitpunte

gaan noodwendig lae druppelbedekking op

die teikenarea meebring.

Waar penetrasie en hoë druppelbedekking

(byvoorbeeld kontak-aksieplaagdoders) be-

langrik is, moet ’n hoër watervolume toe-

gedien word. Indien drywingbeheer sowel

as bedekking van belang is, kan ’n Twin

Turbo-tipe spuitpunt oorweeg word.

31

December 2018

OP PLAASVLAK

Werktuie en toerusting

Breedwerpige bespuiting / Gerigte bespuiting

GERRIT JANSEN VAN VUUREN,

produkbestuurder: Remedies, Rolfes Agri

Dit is belangrik om te weet

dat die teiken en situasie die

toedieningsvereistes

– en daarom keuse van

spuitpunte – voorskryf.