Desember 2018
16
OP PLAASVLAK
Liggingsdifferensiaal
Suid-Afrika bly oliekoek invoer, wat bete-
ken dat die plaaslike sojabone nie gepers
word nie.
Grafiek 1
(op bladsy 15) toon
duidelik dat indien geen sojaboonoliekoek
ingevoer word nie, ten minste 1,7 miljoen
ton se sojabone plaaslik gepers sal moet
word om aan die plaaslike vraag na soja-
boonoliekoek te voldoen.
As daar na die produsentelewerings van
sojabone in die grootste produserende
provinsies gekyk word en dit word gemeet
teen die totale sojabone wat gepers moet
word (plaaslik en ingevoerde oliekoek), is dit
duidelik dat die provinsies met die grootste
sojaboonverwerkingsaanlegte nie genoeg
produseer om in die totale vraag te voorsien
nie.
Herlewering van sojabone
op Safex-kontrakte is ’n
hindernis
Die lewering van die graan in hierdie
geval dui op die hoeveelheid van die graan
wat op Safex-verkoopskontrakte gelewer
word ten einde uit die kontrak te tree. Die
herlewering verwys na die hoeveelheid
van die graan wat in die eerste instansie
gelewer is en weer deur die persoon
(Safex-koopkontrak) wat dit ontvang het,
teruggelewer word.
In meeste gevalle vind die herlewerings
plaas omdat die ontvanger van die graan
dit nie noodwendig op die besondere
tydstip by die gegewe ligging wil hê nie. Een
van die argumente wat gevoer is, is dat ’n
groot gros herlewerings van sojabone op
die Safex-kontrakte plaasvind.
Grafiek 2
toon die totale lewerings en
herlewerings proporsioneel tot die totale
plaaslike produksie van witmielies, geel-
mielies, sojabone en sonneblomsaad.
Uit Grafiek 2 is dit duidelik dat die totale
lewerings en herlewerings van sojabone
relatief tot die produksie, behoorlik in lyn
is met dié van wit- en geelmielies en dat dit
selfs aansienlik laer is as die lewerings en
herlewerings van sonneblomsaad.
Herlewerings neem veral in
die westelike gedeeltes van
die land toe
Die herlewerings het nie net aan die wes-
telike deel van die land gestyg nie, maar wel
ook in ander areas van die land soos wat
produksie en aanbod gestyg het – selfs in
areas wat naby aan verwerkers is.
Dit dui daarop dat dit nie noodwendig ’n
differensiaalhindernis is nie, maar meer
’n vraag-en-aanboduitdaging. Die realiteit
is wel dat sekere silo’s in die weste groot
volumes sojabone opberg. Dit is egter nie
die enigste plek waar dit die geval is nie.
Grafiek 3
toon die persentasie sojaboon-
herlewerings per provinsie wat oor die
afgelope vier seisoene plaasgevind het.
Die sojaboonmark is
oneffektief sonder ’n
differensiaal
Die JSE se primêre funksie as ’n finansiële
instrument is om prysrisiko deur middel
van verskansingsmeganismes te bestuur.
Voldoende verhandelingsvolumes is nodig
sodat prysrisikobestuur optimaal kan plaas-
vind.
Indien daar nie genoeg verhandelings-
volumes is nie, sal optimale verskansing
nie kan plaasvind nie – wat sal veroorsaak
dat die kontrak nie in die doel slaag nie en
oneffektief sal wees.
Grafiek 4
toon die kontraktevolumes en
ope belang van die sojaboonkontrak oor
die afgelope vier jaar. Uit Grafiek 4 kan ons
aflei dat die verhandelingsvolumes en die
ope belang op die sojaboontermynkon-
trakte in ’n stygende fase is. Dit beteken dat
die sojaboontermynkontrakte deeglik daarin
slaag om as prysrisikobestuursmeganisme
te dien.
Wat is die opinie van die
produsente wat daar was?
Produsente uit die westelike gedeeltes
besef dat die ooraanbod waarmee die
gebied gekonfronteer is, wel uitdagings
Sojaboondifferensiaal nie geïmplementeer nie
Grafiek 2: Totale lewerings en herlewerings relatief tot die totale plaaslike produksie per gewas.
Bron: JSE en SAGIS
Grafiek 3: Persentasie herlewering van sojabone per provinsie oor die afgelope vier jaar.
Bron: JSE