Previous Page  21 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 21 / 52 Next Page
Page Background

As die totale oppervlakte van 851 800 ha

hierdie seisoen aangeplant word en

Scenario 1 realiseer, behoort die eindvoor-

raad vir die 2019/2020-seisoen ongeveer

613 000 ton te wees – mits daar nie groot

veranderinge in die binnelandse verbruik

plaasvind nie. Ingeval die gemiddelde

scenario ’n werklikheid word en daar nie

drastiese toename in die plaaslike verbruik

van sojabone is nie, kan die eindvoorraad op

919 000 ton te staan kom.

’n Rekordscenario sal veroorsaak dat die

plaaslike eindvoorraad vir die seisoen

ongeveer 1,3 miljoen ton sal wees.

Sou die totale geskatte oppervlakte

aangeplant word, sal dit, tesame met die

groot oordragvoorraad van die huidige

seisoen, weer meer as genoeg sojabone

beskikbaar maak. Die plaaslike verbruik

sal in die komende seisoen drasties moet

verhoog of meer uitvoere sal in die sei-

soen moet plaasvind ten einde van die

groot plaaslike sojaboonvoorrade ontslae

te raak.

Plaaslike sonneblomsaadvoorrade is vol-

gens Tabel 3 aansienlik laer as dié van

sojabone en die verwagte eindvoorraad

vir die huidige seisoen word op slegs

78 600 ton geskat. Die huidige seisoen

se lae oordragvoorraad, tesame met die

lae aanplantings vir die nuwe seisoen,

sal veroorsaak dat die plaaslike son-

neblomsaadvoorraad in die komende

seisoen ook beperk sal wees.

Sou die oppervlakte van 575 000 ha

aangeplant word en ’n rekordopbrengs

(1,54 t/ha) verkry word, sal die plaaslike

voorraad genoegsaam vir die gemiddelde

plaaslike verbruik wees. Indien ’n ge-

middelde opbrengs of ondergemiddelde

opbrengs die seisoen teen die huidige

geskatte oppervlakte verkry word, sal die

plaaslike voorraad laer as die gemiddelde

verbruik wees. Daar sal dan ’n plaaslike

tekort van sonneblomsaad sal wees.

Ten slotte

In dié artikel is die berekeninge vir die nu-

we seisoen na aanleiding van die NOK se

voorneme om te plant-verslag wat einde

Oktober bekend gemaak is, gedoen. Dit

is slegs ’n aanduiding van wat moontlik in

terme van voorraadvlakke verwag kan word,

gegewe die verskillende scenario’s.

Daar is wel ’n legio ander faktore wat

steeds ’n bydrae kan lewer soos die

seisoen vorder. Die werklike oppervlakte

wat in die komende seisoen aangeplant

sal word, is een van die groot aspekte

wat ’n effek daarop sal hê. Produksie-om-

standighede gedurende die res van die

plantseisoen en produksieseisoen sal ook

’n deurslaggewende rol in die plaaslike

markpryse speel.

Dit is belangrik dat produsente deur die loop

van die seisoen die verskillende aspekte

dophou en deurlopend bemarkingsbesluite

neem ten einde te verseker dat hulle vir

prysrisikobestuursdoeleindes van goeie

bemarkingsgeleenthede in die mark gebruik

maak.

2019/2020

2019/2020

2019/2020

SCENARIO 1

SCENARIO 2

SCENARIO 3

*Oppervlakte (x 1 000 ha)

852

852

852

**Opbrengs (t/ha)

1,48

1,84

2,3

***Produksie (x 1 000 ton)

1 261

1 567

1 959

(‘000 ton)

(‘000 ton)

(‘000 ton)

Beginvoorraad

600

600

600

Totale aanbod

1 831

2 137

2 529

Totale vraag

1 205

1 205

1 205

– Gepers (olie en oliekoek)

1 000

1 000

1 000

Eindvoorraad

613

919

1 311

Pyplynbenodighede (1,5 maand)

151

151

151

Surplus bo pyplyn

462

769

1 161

TABEL 2: VRAAG-EN-AANBODSCENARIO’S VAN SOJABONE VIR DIE 2019/2020-SEISOEN, GEGEWE DIE HUIDIGE VOORNEME OM TE PLANT.

* Oppervlakte is die huidige voorneme om te plant

** Opbrengs is aannames (sien verduideliking bo)

*** Produksies is moontlikhede, gegewe die oppervlakte aangeplant vermenigvuldig met die opbrengs

2019/2020

2019/2020

2019/2020

SCENARIO 1

SCENARIO 2

SCENARIO 3

*Oppervlakte (x 1 000 ha)

575

575

575

**Opbrengs (t/ha)

1,05

1,27

1,54

***Produksie (x 1 000 ton)

604

730

886

(‘000 ton)

(‘000 ton)

(‘000 ton)

Beginvoorraad

78,6

78,6

78,6

Totale aanbod

682

809

964

Totale vraag

774

774

774

– Gepers (olie en oliekoek)

760

760

760

Eindvoorraad

-92

35

190

Pyplynbenodighede (1,5 maande)

96

96

96

Surplus bo pyplyn

-188

-61

94

TABEL 3: VRAAG-EN-AANBODSCENARIO’S VAN SONNEBLOMSAAD VIR DIE 2019/2020-SEISOEN, GEGEWE DIE HUIDIGE

VOORNEME OM TE PLANT.

* Oppervlakte is die huidige voorneme om te plant

** Opbrengs is aannames (sien verduideliking bo)

*** Produksies is moontlikhede, gegewe die oppervlakte aangeplant vermenigvuldig met die opbrengs

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van die inligting nie.

19

December 2018