Previous Page  22 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 22 / 52 Next Page
Page Background

Desember 2018

20

i

n 2018 was die skerp styging in die ruolieprys, internasionale

kunsmis- en landbouchemikalieëpryse en die wisselvalligheid

van die wisselkoers beslis ’n doring in die vlees van die

plaaslike mark. Die Brent-ruolieprys het vanaf Oktober verlede

jaar tot Oktober vanjaar met 39,6% in dollarterme gestyg,

terwyl dit met 48% in randterme toegeneem het.

Omdat ’n groot aantal van ons graan- en oliesadeprodusente se

produksie-insette deur energiepryse geraak word, het hierdie skerp

styging in ruoliepryse ’n negatiewe impak op die meeste insetpryse

gehad.

Die wisselkoers het tussen Oktober verlede jaar tot Oktober vanjaar

vanaf ’n sterkste vlak van R11,81 en ’n swakste vlak van R14,76,

gemeet teen die dollar, gewissel.

Tabel 1

toon die prysbewegings in van die belangrikste ekono-

miese en insetprysaanwysers in 2018.

Produksieprysindeks

Die produksieprysindeks (PPI) dui die prysstygings van goedere en

dienste op die groothandel- of vervaardigingsvlak van die ekonomie

aan. Op ’n jaargrondslag het dit, tot September vanjaar, met 6,2%

gestyg. Die PPI vir landbou het jaar op jaar met 0,9% toegeneem,

terwyl die PPI vir graanprodukte met 1,1% gestyg het.

Verbruikersprysindeks

Die amptelike inflasiekoers word op die basis van veranderings in

die verbruikersprysindeks bereken en dui kosteveranderings op

die kleinhandels- of verbruikersvlak aan. Die inflasiekoers het in

September vanjaar op ’n jaargrondslag met 4,9% gestyg.

Voedselinflasie het oor dieselfde tydperk met 3,4% gestyg. In die

verbruiker se voedselmandjie het brood en grane met 0,6% gedaal,

terwyl vleis met 4,7% gestyg het. Olies en vette het met 1,5%

gestyg, terwyl groente oor dieselfde tydperk met 9% gestyg het en

vrugte met 4,9% gedaal het.

Wisselkoerse

In Tabel 1 word ’n verstewiging in die waarde van die rand

teenoor ander geldeenhede as ’n positiewe verandering aangedui,

terwyl ’n verswakking as ’n negatiewe persentasieverandering

aangetoon word.

Die rand het op ’n jaargrondslag, tot Oktober vanjaar, met 6%

teenoor die dollar verswak. Die rand het verder ook met 4,4% en

3,5% teenoor die pond en die euro onderskeidelik verswak.

Rentekoerse

Op ’n jaargrondslag, tot Oktober vanjaar, het die Reserwebank

die bankkoers met 25 basispunte of 0,25 persentasiepunte na

6,50% verlaag. Handelsbanke het die prima-uitleenkoers ook met

0,25 basispunte na 10,50% verlaag.

Internasionale ruoliepryse

Die gemiddelde Brent-ruolieprys het vanaf Oktober verlede jaar

tot Oktober vanjaar met 39,6% vanaf $57,68/vat na $80,54/vat

toegeneem.

In randterme het die ruolieprys op ’n jaargrondslag tot en met

Oktober vanjaar, met 48% tot R1 169,44/vat gestyg.

Brandstofpryse

Die plaaslike groothandelprys van diesel in Gauteng het met

29,1% vanaf R12,13/liter in Oktober 2017 tot R15,65/liter in Oktober

vanjaar gestyg. Die werklike brandstofkoste het in Oktober 57%

van die finale groothandelprys van diesel beslaan. Dit wil sê 43%

word opgemaak deur heffings en belasting.

Oor ’n jaartydperk het die gelande koste van diesel met 48,4%

gestyg, terwyl belasting met 7,3% toegeneem het en die

groothandelsmarge sywaarts beweeg het.

Die dieselkorting is tans 321,80 c/liter, terwyl dit verlede jaar

283 c/liter was. Die dieselkorting bestaan uit die 193 c/liter

van die Padongelukfondsheffing en 128,8 c/liter van die belas-

tingskomponent.

Internasionale kunsmispryse

Alle internasionale pryse van kunsmisgrondstowwe het vanaf

Oktober verlede jaar tot Oktober vanjaar skerp toegeneem. Die

pryse van DAP, ureum, ammoniak en kaliumchloried het met

25,8%, 14,8%, 34,1% en 16,5% onderskeidelik gestyg.

Plaaslike kunsmispryse

Omdat Suid-Afrika meer as 80% van sy behoefte aan kunsmis

moet invoer, is plaaslike kunsmispryse aan dieselfde faktore as die

internasionale mark blootgestel.

Die gemiddelde pryse van MAP, ureum, KAN en kaliumchloried het

oor ’n periode van ’n jaar, tot en met Oktober vanjaar, met 21,7%,

31,9%, 12% en 39,8% onderskeidelik gestyg.

Saadpryse

Saad beslaan ongeveer 12% van ’n graan- en oliesadeprodusent

se lopende produksiekosterekening. Vir die 2018/2019-produksie-

STYGING in internasionale pryse

en wisselkoers die sondebokke

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom, Graan SA

INSET

-oorsig

OP PLAASVLAK