Previous Page  15 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 15 / 52 Next Page
Page Background

voeg GROOT waarde toe

M

et Graan SA-lede in die Wes-Kaap se belange as priori-

teit kon produsente, verskaffers en belanghebbendes

vanjaar ’n tuisveldvoordeel geniet met die bywoning van

hul eie NAMPO in die Kaap, oftewel NAMPO Kaap.

Oor die koms van dié nuweling gons dit veel verder as net op dié

geleentheid se geboortedorp, waar NAMPO Kaap vanaf 12 tot

15 September op Bredasdorp Park plaasgevind het. Te midde

van die gewone groeipyne vind die hele Overberg baat by die

sakegeleenthede wat dit vir die streek meebring.

In sy eerste jaar het die skou se uitstallers gemiddeld R13 326 elk

en gesamentlik R4 miljoen in die plaaslike ekonomie bestee. Dit

is aanvullend tot hul beleggings van gemiddeld sowat R60 000 elk of

R18,3 miljoen in totaal in die skou self.

Ondanks vele projekplanne vir ekonomiese groei, is NAMPO Kaap

die soort vernuwingsprojek wat volhoubare ontwikkeling in die

Overberg ’n werklikheid kan maak. Dit is die siening van mnr

David Beretti (munisipale bestuurder van die Overberg Distriks-

munisipaliteit).

Dié munisipaliteit het tydens NAMPO Kaap 2018 deur middel van die

Openbare Werke-program werkgeleenthede aan 20 begunstigdes

uit die arm Overberg-gemeenskap gebied. Beretti sê dit is veral

vervoer, verblyf, gasvryheidsdienste, reisreëlings en vermaak- en

ontspanningsdienste wat bevoordeel word.

Vir die munisipaliteit is dit belangrik dat die armer gemeenskap

van die Overberg by die aanbieding van die skou op Bredasdorp sal

baat. “Daar sal vele maniere wees waardeur ons kan verseker om

fondse na die mindergegoedes in ons streek te laat vloei. Dit sluit

groter en kleiner entrepreneursgeleenthede, meer aktiwiteite vir

toeriste en verlengde verblyftydperke met groter toerismebesteding

in. Só ’n skou kan dit lewensvatbaar maak om nuwe basiese geriewe

en ontspanningsgeriewe te oorweeg.”

Die munisipaliteit neem punte waaraan aandag gegee behoort

te word, waar – waaronder die geleentheid om die plaaslike ver-

voerstelsel te verbeter; om beter geleenthede vir inkopies by

plaaslike besighede te vestig en die moontlikheid om die skou uit

te brei – wat voorbereiding, uitstalling en opruiming insluit. “Ons

plaaslike besighede moet daarteen waak om tydens skoutyd hul

pryse vir goedere, dienste, verblyf en infrastruktuur te verhoog.

Moet ook nie aan die versoeking toegee om arbeid van buite in te

bring nie. Gebruik eerder plaaslike mense.”

Mnr Dean O’Neill (munisipale bestuurder van die Kaap Agulhas

Munisipaliteit) sê meer uitstallers en skoubesoekers in die streek

beteken ’n toename in die gebruik van noodsaaklike dienste soos

water en elektrisiteit – veral in die gasvryheidsbedryf.

“Die skou stel ons in staat om plaaslike ekonomiese groeidoelwit-

te te bereik, aangesien groter besteding in die plaaslike ekonomie

meer werkgeleenthede skep. Dit spreek die driedubbele uitdaging

van werkloosheid, armoede en ongelykheid direk aan.”

Kaap Agulhas Munisipaliteit het R30 000 tot die aanbieding van die

skou bygedra en vullisverwydering, padinstandhouding en ander

dienste verskaf. “Met die groot rol wat NAMPO Kaap in ekonomie-

se groei kan speel, sal ons voortgaan om hierdie jaarlikse inspuiting

vir ekonomiese ontwikkeling te ondersteun,” aldus O’Neill.

Uitstallers

Uit ’n opname onder 40% van die 306 uitstallers – 48% van binne

en 37% van buite die streek – het Graan SA bevind dat 54% van die

uitstallers van die Wes-Kaap afkomstig was, 26% van Gauteng en

die Vrystaat saam en 12% was internasionale uitstallers. Daar was

ook uitstallers vanaf Limpopo en die Oos- en Noord-Kaap.

90% en meer van die uitstallers beskou NAMPO Kaap 2018 se

organisasie en die ontvangs van vooraf-inligting oor die skou as

uitstekend of baie goed. Sowat 92% van hulle het die personeel

wat die skou beplan en aangebied het, as uiters of baie behulpsaam

ervaar.

Volgens dr Dirk Strydom (bestuurder: Graanekonomie en Bemar-

king, Graan SA) beskryf 37% van die uitstallers NAMPO Kaap as

uitstekend, terwyl 57% die sakegeleentheid as baie goed of goed

ervaar het.

Meer as die helfte van die respondente het veral sekuriteit, bestuur,

die uitstalinfrastruktuur, die infrastruktuur van die skougronde en

die gehalte van die uitstallings as baie goed of goed beleef.

Bemarking, die gehalte van besoekers en die beskikbaarheid van

kos by die skou is van die aspekte wat as goed, maar met ruimte vir

verbetering, uitgewys is.

Volgens mnr Kevin Robertson (direkteur: Verkryging, Bester

Voere en Graan) het dit op Dag 2 “gevoel asof ons by NAMPO op

Bothaville is! Nuwe besigheid was uitstekend omdat die regte

voete teenwoordig was. Met so ’n afskop gaan die waarde van

NAMPO Kaap binne enkele jare substansieel verhoog.”

Design Arts se mnr Gerrie Koen sê heelwat nuwe direkte besigheid

is gedoen. “Ons voorsien dat die skou in die toekoms ’n groot

impak sal hê, weens die blootstelling aan nuwe produkte wat vir

groot- en kleinboere van nut is.”

Mnr Jabu Motloung (Jabu’s Frames van Johannesburg) beskryf

NAMPO Kaap as “uitstekend georganiseer. Dit gaan net groei en

as ons so 30 000 besoekers kry, sal dit nog lekkerder wees om uit

te stal.”

13

December 2018

GRAAN SA

Terugblik op NAMPO Kaap

JAN GREYLING,

SA Graan/Grain

medewerker

Volgens Jabu Motloung sien hulle uit na die dag dat daar 30 000

besoekers by NAMPO Kaap sal wees. Hier is hy links saam met

Simeon Kotzé (Annelle Murray Goudsmid), San Bronkhorst (Bags 4U)

en Connie Motloung (Jabu’s Frames).