inhou, maar hul bly van mening dat die mark
die uitdaging verbonde aan die vraag en
aanbod moet aanspreek en oplos.
Op verskeie platforms is al verduidelik dat
sou daar geen differensiaal wees nie, die
termynpryse na die swakste ligging sou
verskuif. Dit beteken ook die teendeel: Dat
produsente wat nabygeleë is, wel premies
in die fisiese mark moet ontvang.
As die prys in die weste tot op ’n vlak daal
waar dit nie meer winsgewend is nie, sal
die vrye mark die funksionering van die
mark fasiliteer. Dalk skep die konstante
ooraanbod in die weste ’n geleentheid
vir die oprigting van nuwe perse in dié ge-
biede wat die vraag-en-aanbodsituasie
weer sal korrigeer.
’n Kunsmatige proses om voorrade te
skuif, beteken dat almal in die lang termyn
’n gemiddelde prys ontvang en dat uit-
breiding nie sal plaasvind waar dit nodig is
nie.
Produsente in die oostelike gebiede het
dit duidelik gemaak dat premies wel
beskikbaar is as jy naby aan verwer-
kingspunte is en dat dié premies tans benut
kan word. Dit bly natuurlik ’n beginsel van
vraag en aanbod: As daar groot volumes
in die area beskikbaar is, gaan die premie
kleiner wees en soos die aanbod in die area
uitgeput raak, gaan die premie groter word.
Dit is produsente se verantwoordelik-
heid om hul produk te bemark en vir ’n
behoorlike basis te onderhandel. Dit is uiters
belangrik dat die JSE eerder ondersoek
instel na ’n effektiewe termynbasisver-
handelingstelsel. Deur middel van ’n
ordentlike basisverhandeling kan vele uit-
dagings aangespreek word.
Wat is die impak van die
liggingsdifferensiaal?
Graan SA het dit besonder duidelik gemaak
dat indien ’n liggingsdifferensiaal verkeerd
bereken word, dit ’n wesenlike impak na
beide kante van die industrie kan hê. Dit sal
onverantwoordelik wees om só ’n besluit
vinnig en met gebrekkige inligting te neem.
Die impak op die produsente is aan die
hand van die volgende aannames en
voorbeeld bereken:
Gemiddelde differensiaal = R250
Totale produksie van die gewasse
= 16,5 miljoen ton
Totale waarde = R4,125 miljard
’n 5% foutiewe berekening met geen
regstelling in die fisiese mark nie
= R206 miljoen
Een van die voorbeelde wat uitgewys is, is
waar ’n differensiaal tans ’n onrealistiese
bedrag van R13/ton dra. In ag genome
die area en as daar op ’n gemiddelde
plaasgrootte en gemiddelde opbrengs
gewerk word, beteken dit dat daardie
individuele produsent R147 000 verloor
het. Dit bewys weer eens dat ’n onakkurate
differensiaal ’n beduidende impak het.
Ten slotte
Die werkswinkel het besluit om nie ’n dif-
ferensiaal op sojabone te publiseer nie,
omdat die mark met die
status quo
geluk-
kig is. Wat die JSE wel bevestig het, is dat
die risiko bestaan dat sekere silo’s moont-
lik in gebiede waar konstante uitdagings
voorkom, as Safex-silo’s verwyder kan
word.
Dit beteken dat die produsent steeds
verskansing sal kan doen en die fisiese
sojabone by die landboubesigheid sal kan
lewer.
Die lewering sal net nie as fisiese sluiting
van ’n Safex-kontrak kan dien nie (ongeveer
6% van alle kontrakte word deur middel
van fisiese lewering gesluit).
Die werkgroep het die JSE ook gevra om
hulself ten eerste daarvan te vergewis dat
die differensiale op ander gewasse so
akkuraat as moontlik bereken word en
terselfdertyd ’n ondersoek na die effek-
tiwiteit van stelsel te loods. ’n Onafhanklike
studie gaan deur die JSE in hierdie verband
onderneem word.
Grafiek 4: Gemiddelde aantal ope belang- en totale kontrakvolumes vir die
Mei-, Julie- en Septemberkontrakte.
* Mei- en Julie-kontrakte
Bron: JSE
17
December 2018