Previous Page  17 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 17 / 52 Next Page
Page Background

Sojaboondifferensiaal

nie geïmplementeer nie

D

ie differensiaal is ’n uitdaging

wat al vir verskeie jare op die

tafel is en wat al in verskeie ver-

gaderings tot warm gesprekke

gelei het. By dié jaar se Graan SA Kongres

is die liggingsdifferensiaal weer in diepte

bespreek en is spesifieke mandate vanaf

elke gewaswegbreekgroep ontvang.

Binne die sojaboonbedryf was die mandaat

dat die

status quo

behoue moet bly en dat

daar geen differensiaal moet wees nie.

Graan SA het met nuwe inligting opnuut

gesprekke binne die JSE se Advieskomitee

oor die differensiaal op gewasse soos

mielies, koring en sonneblom begin. Die

vordering was stadig in dié geval en die

verskille het tot gevolg gehad dat die JSE

weer ’n onafhanklike persoon gaan aanstel

om te evalueer of die huidige stelsel

effektief is of nie. Graan SA en ander be-

dryfsrolspelers was wel van mening dat dit

nie die geval is nie.

Van die aspekte wat verband hou met die

geloofwaardigheid van die differensiaal

is die berekening vir silo’s wat nader aan

Randfontein is, maar wat ’n hoër differen-

siaal-aftrekking het as silo’s wat verder is,

terwyl beide dié silo’s se differensiale slegs

op padvervoer bereken word.

Die ander groot vraag is of Randfontein

steeds die mees relevante verwysingspunt

vir die basis van die berekening van die

differensiaal is, gegewe die verande

-

ringe wat sedert die deregulering van die

bemarkingsrade in die markkonsentrasie

plaasgevind het.

In die JSE Advieskomitee was ’n versoek

vanaf ander bedryfsrolspelers om ’n dif-

ferensiaal op sojabone in te stel. Slegs

Graan SA het die versoek teengestaan en

daar is besluit om ’n werkswinkel, onder

leiding van die JSE, te hou waaraan die

breër bedryf kon deelneem en die instel-

ling van ’n liggingsdifferensiaal op sojabone

kon debatteer.

’n Uitnodiging is deur middel van ’n mark-

berig aan alle rolspelers binne die mark

uitgestuur. Die werkswinkel is gehou en tot

die verbasing van vele het markrolspelers

nie regtig ’n liggingsdifferensiaal onder-

steun nie.

Graan SA het ’n voorlegging wat sekere

van die argumente buite die werkswinkel

beantwoord het, aangebied. Die gevolg-

trekking van die werkswinkel was dat die

mark nie ’n sojaboonliggingsdifferensiaal

wil hê nie.

Argumente

Die argumente was soos volg:

Dat daar weens die

liggingsdifferensiaal wat

nie in plek is nie ’n oorskot

sojabone in die land is

Graan SA het dit besonder duidelik gemaak

dat die vrye mark verantwoordelik is

om voorrade deur middel van pryse en

bekostigbaarheid te skuif. Die huidige

uitdaging in die mark is nie weens die feit

dat daar nie ’n differensiaal is nie, maar

meer weens ’n hindernis binne die vraag-

en-aanbodstelsel.

15

December 2018

OP PLAASVLAK

Liggingsdifferensiaal

Berekenings / Sojabone / Herlewering

DR DIRK STRYDOM,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA

Grafiek 1: Jaarlikse sojaboonoliekoek plaaslik verwerk, ingevoer en totale

hoeveelheid sojaboonoliekoek verbruik.

Bron: SAGIS, SAID en Graan SA

Die ander groot vraag is of

Randfontein steeds die mees

relevante verwysingspunt vir

die basis van die berekening

van die differensiaal is,

gegewe die veranderinge

wat in die markkonsentrasie

plaasgevind het.