Previous Page  20 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 20 / 52 Next Page
Page Background

Desember 2018

18

i

n die somergraanmark is daar ver-

skeie faktore wat ’n groot rol in

plaaslike prysvorming speel. Hierdie

faktore sluit internasionale pryse, die

wisselkoers, die plaaslike produksie-

omstandighede en voorraadvlakke in.

Met die aanvang van die nuwe somer-

graanproduksieseisoen is dit essensieel dat

produsente dié faktore in ag neem wanneer

hulle hul beplanning vir die nuwe seisoen

doen. Die Nasionale Oesskattingskomitee

(NOK) het aan die einde van Oktober die

voorneme om te plant-verslag bekend

gemaak.

Volgens die verslag is die beplande mielie-

oppervlakte vir die seisoen 5,6%meer as die

vorige seisoen se oppervlakte, terwyl die

sojaboonoppervlakte na verwagting 8,2%

hoër as die vorige seisoen se oppervlakte

sal wees. Die sonneblomsaadoppervlakte

vir die seisoen blyk 4,45% laer te wees as

die vorige seisoen.

Vraag-en-aanbodscenario’s

Tabel 1

tot

Tabel 3

toon die verkorte vraag-

en-aanbodscenario’s wat moontlik die

komende seisoen gesien kan word, gegewe

die huidige voorneme om te plant en

aannames vir moontlike opbrengssituasies.

Die vraag-en-aanbodscenario’s is saam-

gestel vir die drie grootste somergrane,

naamlik mielies, sojabone en sonneblom-

saad en die volgende aannames is gemaak

met die opstel van die scenario’s:

Verbruik = ±drie jaar-gemiddeld

Opbrengste gebruik in die scenario’s:

Scenario 1: Laagste opbrengs oor die af-

gelope vyf jaar

Scenario 2: Gemiddelde opbrengs oor die

afgelope vyf jaar

Scenario 3: Rekordopbrengs

Tabel 1 illustreer die vraag-en-aanbod-

moontlikhede van mielies vir die 2019/2020-

seisoen, gegewe die bostaande aannames.

Uit Tabel 1 kan ons aflei dat sou die

gemiddelde scenario dié seisoen realiseer

(Scenario 2) ’n uitvoerbare surplus van

ongeveer 2,8 miljoen ton mielies in die

2019/2020-seisoen moontlik behoort te

wees.

Die plaaslike markprys behoort dan weer

eens redelik naby aan uitvoerpariteit

te wees – soos wat ons die afgelope

twee seisoene gesien het. Ingeval die

rekordscenario dié seisoen ’n werklikheid

word, kan die moontlike uitvoerbare surplus

vir die seisoen tot oor die 6 miljoen ton

wees, sou daar nie groot veranderinge in

die binnelandse verbruik plaasvind nie.

Indien Scenario 1, wat die laagste opbrengs

die afgelope vyf jaar is, die seisoen realiseer,

is dit ’n gegewe dat daar slegs ’n uitvoer-

bare surplus van ongeveer 304 000 ton

behoort te wees. Ingeval só situasie hom

in die komende seisoen uitspeel, sal Suid-

Afrika hierdie seisoen weer genoodsaak

wees om mielies in te voer.

Tabel 2 en Tabel 3 wys die moontlike

vraag-en-aanbodscenario’s vir sojabone

en sonneblomme onderskeidelik. Tabel 2

illustreer dat groot hoeveelhede sojabone

tans beskikbaar is. Daarvolgens is die ver-

wagte oordragvoorraad vir die 2018/2019-

seisoen ongeveer 600 000 ton. Dit

verteenwoordig ongeveer 50% van die

plaaslike verbruik.

OP PLAASVLAK

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

12 November 2018

Voorneme om te plant

en uwe seisoe -voorraa

2019/2020

2019/2020

2019/2020

SCENARIO 1

SCENARIO 2

SCENARIO 3

*Oppervlakte (x 1 000 ha)

2 448

2 448

2 448

**Opbrengs (t/ha)

3,74

5,00

6,43

***Produksie (x 1 000 ton)

9 146

12 241

15 739

(‘000 ton)

(‘000 ton)

(‘000 ton)

Beginvoorraad

3 309

3 309

3 309

Totale aanbod

12 226

15 244

18 655

Totale vraag

10 468

10 868

10 918

Eindvoorraad

1 569

4 193

7 554

Pyplynbenodighede (1,5 maande)

1 265

1 315

1 321

Uitvoerbare surplus

304

2 878

6 233

TABEL 1: VRAAG-EN-AANBODSCENARIO’S VAN MIELIES VIR DIE 2019/2020-SEISOEN, GEGEWE DIE HUIDIGE VOORNEME OM TE PLANT.

* Oppervlakte is die huidige voorneme om te plant

** Opbrengs is aannames (sien verduideliking bo)

*** Produksies is moontlikhede, gegewe die oppervlakte aangeplant, vermenigvuldig met die opbrengs