11
December 2018
8: Besig om bene te rek en gedagtes te deel in die Graan SA-ledelokaal is William Schoon-
winkel (BSc Landbou-ekonomiestudent by Stellenbosch Universiteit), Jaco Minnaar
(voorsitter, Graan SA) en Chris Schoonwinkel (dagbestuurslid, Graan SA).
9: CMW se daaglikse skaapskeerdemonstrasies in die Voermol Veesentrum is goed ondersteun.
Van die nuuskieriges was Bea Breytenbach en haar dogtertjie, Yolande, van Lutzville, saam met
die handskeerder, Sweni Maienzeke.
10: Daar is goeie sake gedoen tydens die heel eerste NAMPO Kaap. Hier is verteenwoordigers
van Landini saam met ’n kliënt: Jean en Rudi Nel (Landmeg Landini, Humansdorp), John Britz
(hoofbestuurder, Grasslands), Arno Kruger en Mignus Strydom en Louis Harmse (Tsitsikamma
Landini).
11: Op Dag 2 van NAMPO Kaap se
Nasie In Gesprek
-reeks het ’n volgepakte Santam Ouditorium
geluister na die suksesverhaal van die Mamre Intensiewe Skaapboerdery vir volhoubare vleis-
produksie. Saam met die gespreksleier, Theo Vorster (links), is die paneellede dr Karin Wessels,
Izak Hofmeyr, dr D’Wall Hauptfleisch en Charnè Josling
12: Produsente het aandagtig kom luister na die voordele en uitdagings van die agt maande
intensiewe skaapteelprogram, wat tydens ’n
Nasie in Gesprek
-sessie bespreek is. Pieter
du Plessis (BKB, Riviersonderend), Billy Theron (Riviersonderend), Petrus de Villiers (Protem)
en Nicolaas de Villiers (Protem).
13: Die Visser-familie het nader gestaan om die dwergdonkies van Napier te ontmoet.
Matthew, Abraham, Maria, Marc Anthony, Mario en Lisa-Marie.
14: Die uitvoerende burgemeester van Kaap Agulhas, raadslid Paul Swart, was ’n genooide gas
van Absa tydens hul NAMPO Kaap-kliëntedinee, wat in die Absa-sentrum op Bredasdorp Park
gehou is. Marquerite van Wyk, PK van Wyk, Raadslid Paul Swart en Carol Swart was daar.
15: Die Absa-funksielokaal op Bredasdorp Park is op die Vrydagmiddag van hoek tot kant
gevul met skaapkop- en afvalliefhebbers. Die ete was ten bate van die Suideroord Tehuis vir
Bejaardes op Bredasdorp. By die geleentheid was Marthinus Strauss (Bredasdorp),
Hennie Groenewald (Somerset-Wes) en Herman Greyling (Bredasdorp).
8
10
11
12
13
14
15
9