85
August 2018
Dit is duidelik dat daar veral in terme
van witmielies in die silo’s naby aan
Randfontein groot hoeveelhede lewerings
en herlewerings plaasvind. Dit kan
hoofsaaklik as gevolg van een van twee re
des – of selfs ‘n kombinasie van die twee
– wees, naamlik dat Randfontein nie meer
die relevantste verwysingspunt is nie, of
dat die ekonomiese beginsel met betrek-
king tot die differensiaal nie sin maak nie.
Die feit dat Randfontein nie noodwendig
die relevantste verwysingspunt is nie,
word gestaaf deur die inligting oor die
verwerkingsyfers per provinsie, wat deur
Graan SA aangevra is en deur SAGIS be
kend gemaak word.
As ‘n verwysingsprys oorweeg word,
wil jy eerstens verseker dat graan die
kortste roete volg ten einde effektiwiteit
te bevorder. Uiters belangrik is ook dat
die verwysingspunt soveel as moontlik
rolspelers moet verteenwoordig. In een
voudige Afrikaans: Waar vind die meeste
transaksies vir produsente en verwerkers
plaas – waar is die grootste konsentrasie
van transaksies?
As na die mieliesyfers gekyk word, is dit
duidelik dat die meeste witmielies in die
westelike produksiegebiede geproduseer
word (± 60%) asook dat die meeste
verwerking in die westelike gedeeltes van
die land plaasvind (± 60%).
Geelmielies is weer net die teenoorge
stelde: Die meeste produksie (± 60%)
en verwerking van geelmielies (± 52%)
vind in die oostelike gedeeltes van die
land plaas. Dit beteken daar is twee defi
nitiewe verskillende markte met aparte
verwysingspunte.
Die besluit was eerstens om die
verwysingspunt te skuif, maar voorts ook
om verskillende verwysingspunte vir wit-
en geelmielies te vestig. Van die rolspelers
was steeds nie heeltemal oortuig van die
idee nie, maar is bereid om dit te oorweeg
mits daar ‘n volledige logistieke studie
gedoen word oor waar presies die spesifie
ke verwysingspunte moet wees. Verder is
besluit dat daar slegs een verwysingspunt
vir witmielies moet wees.
In terme van geelmielies was daar wel
verskillende sienings. Die gevoel vanaf
die produsentekant was dat daar twee
verwysingspunte moet wees: ‘n Spesifieke
punt in die binneland, maar ook ‘n vry-aan-
boord-prys in of naby die hawe.
Dit word grootliks gemotiveer deur die feit
dat Suid-Afrika in die meerderheid van die
tyd neig na uitvoerscenario’s. Dan raak
die mark en punt van onderhandeling die
uitvoerpunt: Durbanse hawe.
Daar is wel ‘n paar wenkbroue gelig oor
die likiditeitsverdeling en die praktiese
uitvoerbaarheid van fisiese lewerings. Die
besluit was hier dieselfde as met witmie-
lies: Bepaal ‘n spesifieke binnelandse punt
en stel tweedens vas wat moontlik kan wees
in terme van ‘n vry-aan-boord-prys.
Die koringmark
Almal is terdeë bewus van die koringbedryf
wat geweldige druk ervaar in terme van
winsgewendheid. Die liggingsdifferensiaal
is een van die knelpunte in die bedryf.
Die koringprodusent se eerste punt van
onderhandeling bly altyd die Safex-
verhandelingsprys, minus die liggingsdif
ferensiaal – ten spyte van veranderinge in
die vraag en aanbod.
Dit is grootliks weens die konsentrasie van
kopers en die lae mededingendheid. Die
afgelope seisoen was die koringproduksie
in die Wes-Kaap laer as die gemiddelde
hoeveelheid koring wat jaarliks in die
Wes-Kaap verwerk word. Ten spyte daar
van het die produsent nog steeds pryse
ontvang wat in sommige gevalle onder
kusinvoerpariteit is. Die premies wat wel
deurgesyfer het, was nie naastenby wat dit
moes gewees het nie.
Anders as met die mieliebedryf, is daar
wel twee besonder sterk en definitiewe
markte: ‘n Suidelike mark met oorskot
produksie en ‘n noordelike mark waar daar
‘n groter vraag is. Dit maak die vasstelling
van ‘n punt waar daar ‘n groot konsentrasie
is ‘n uitdaging.
Die rolspelers wat teenwoordig was,
was weens verskeie redes ook glad nie
geneë met die verwydering van die lig
gingsdifferensiaal vir koring nie. Die rol
spelers was wel oop vir bespreking in
terme van ‘n moontlike verskuiwing van
die verwysingspunt. Let wel: Nie twee
verwysingspunte nie, maar wel ‘n ver
skuiwing van die bestaande punt.
Daar is gevoel dat die Kaap die ver
wysingspunt gemaak moes word, sodat die
eerste punt van onderhandeling dan deur
die verhandelde prys bepaal word. So
doende is die fisiese prys en die verhan
delingsprys heelwat nader aan mekaar en
kan die fisiese prys hopelik meer regverdig
wees.
Dit hou natuurlik weer risiko’s vir bin
nelandse produsente in, omdat hulle in dié
geval ‘n positiewe premie sal moet beding,
maar daardie produsente het dan darem
‘n liggingsvoordeel. Die besluit was om
dié moontlikheid te ondersoek en ook hoe
prakties uitvoerbaar dit sal wees.
Basisverhandeling
Die moontlikhede om termynkontrakbasis
verhandeling te laat plaasvind, waar jy jou
basis reeds vooruit vir ‘n spesifieke lokali
teit kan vasmaak, is ook ondersoek. Die
stelsel hou ‘n paar regstegniese uitdagings
met betrekking tot die JSE-stelsel in. ‘n
Regsopinie sal heel waarskynlik van die
bedryf af gekry moet word.
Tweedens is inligting oor die basisverhan
deling van elke lokaliteit op enige gegewe
oomblik nie beskikbaar nie. Daar is tans
reeds landboubesighede wat ‘n basisver
handelingstelsel het, maar dit geld nie vir
termynmarkte nie.
Ten slotte
Vir Suid-Afrikaanse produsente is dit krities
dat die fisiese mark effektief verhandel en
dat die termynmark dit reflekteer. Dit is nie
tans noodwendig die geval nie – weens ver
skeie redes wat strek van die berekening
van die differensiaal tot en met die
verwysingspunt. Wat wel krities is, is om te
besef dat die Suid-Afrikaanse mark heelwat
meer gekonsentreerd is as ander lande en
dat ongelyke markkragte altyd ‘n wesenlike
rol in die plaaslike mark gaan speel.
Is daar ‘n goue eier in terme van die
liggingsdifferensiaal? Definitief nie, maar
daar kan deur middel van nuwe denke
heelwat nader aan ‘n meer regverdige en
meer deursigtige scenario beweeg word.
Is daar ‘n kitsoplossing? Definitief nie. Daar
moet ondersoek ingestel word wat die
beste alternatief uit ‘n wetenskaplike en
tegniese oogpunt is.
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Johan Norval 2011