Previous Page  88 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 88 / 108 Next Page
Page Background

Augustus 2018

86

Reëngebruiksdoeltreffendheid

in die Noordwes-streek

d

oeltreffendheid en effektiwiteit

is beide belangrike konsepte vir

die hedendaagse produsent.

Deel 2 van hierdie reeks het ‘n

bietjie meer lig op die Vrystaat-

streek se effektiwiteit gewerp,

waar daar vergelykings tussen ‘n paar streke

in die gebied getref is.

In Deel 3 is die fokus op die Noordwes

Provinsie, waar dieselfde beginsel toegepas

word wanneer die waterverbruiksdoeltref­

fendheid van verskillende streke in dié

provinsie ontleed word.

Berekening

Die inligting wat in die reeks artikels

gebruik word, is maandelikse reënvalsyfers

soos gemoniteer deur die verskillende

weerstasies en verskaf deur die LNR-

Grond, Klimaat en Water (GKW), asook

die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK)

se opbrengsinligting per seisoen vir dié

spesifieke streek. Die seisoen is vanaf

Augustus tot April vasgestel, met die

aanname dat 20% van die reën wat ge­

durende Mei tot Julie voorkom, deel vorm

van die volgende seisoen se plantbeskik-

bare water.

Effektiewe reënval per seisoen = (mm reën

Augustus, jaar 1 tot April, jaar 2) + (20% x

mm reën Mei tot Julie, jaar 1)

Kg graan/ha = NOK t/ha opbrengs x 1 000

Kg graan/mm water = kg graan/ha/reënval

per seisoen

Lichtenburg

Volgens die data wat vanaf die LNR-GKW

verkry is, is die gemiddelde jaarlikse

reënval in die Lichtenburg-area van die

2006/2007-seisoen af ongeveer 521 mm.

Na die aanpassing in die syfers om die

gemiddelde effektiewe (beskikbare) hoe-

veelheid reën met behulp van die bo­

staande formule te bereken, was

die gemiddelde reënval per seisoen

ongeveer 488,78 mm. Volgens die NOK se

inligting vir die Lichtenburg-area was die

gemiddelde opbrengs sedert 2006/2007

3,31 t/ha (3 310 kg/ha). Dit beteken dat die

gemiddelde reëngebruiksdoeltreffendheid

in die Lichtenburg-area oor hierdie tyd-

perk ongeveer 8,58 kg graan/mm water

(reënval) was.

op plaasvlak

Bestuurspraktyke

Deel 3

Luan van der Walt,

landbou-ekonoom, Graan SA,

DR Hendrik Smith,

bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA

en

Petru Fourie,

navorsingskoördineerder/produksiekoste-analis, Graan SA

lei na doelt reffendheid

Effektiwiteit

Reeks

Grafiek 1: Reënval en kg graan/mm reën/seisoen in die Lichtenburg-area

Bron: LNR-GKW en NOK